Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 1 Maart 2019 Tennis: Table View Dubbelstoernooi, WEG

Vrydag, 1 Maart 2019 Gr.4-7 Swemgala

Vrydag, 1 Maart 2019 Skaak: Inter-distrik proewe (Hoërskool Brackenfell High School, Rogland St, Brackenfell)

Saterdag, 2 Maart 2019 Atletiek: Wes-Kaap byeenkoms, WEG (Dal Josafat Athletics Stadium, Groenheuwel, Paarl)

Sondag, 3 Maart 2019 Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

Maandag, 4 Maart 2019 Beheerraadsvergadering

Maandag, 4 Maart 2019 Fanie Viljoen skrywersbesoek Gr.7’s 11:30

Maandag, 4 Maart 2019 Interne redenaarskompetisie Gr.3

Dinsdag, 5 Maart 2019 Interne Redenaarskompetisie Gr.4-5

Woensdag, 6 Maart 2019 Fotodag: Klas en Individueel

Woensdag, 6 Maart 2019 Interne redenaarskompetisie Gr.6-7

Vrydag, 8 Maart 2019 Somersokkie Gr.5 – 7

Vrydag, 8 Maart 2019 NG Groote Kerk Kamp Gr.3 – 7

Vrydag, 8 Maart 2019 Gr.1 Uitstappie 08:00 – 11:00

Vrydag, 8 Maart 2019 Atletiek: SA kampioenskappe, WEG

Saterdag, 9 Maart 2019 Marike Badenhorst (Sielkundige) verjaar

Maandag, 11 Maart 2019 Gr.6 Lead4Life Conradieveld

Maandag, 11 Maart 2019 Gr.7 Ek, Ons, Wêreld

Dinsdag, 12 Maart 2019 Gr.6 Ek, Ons, Wêreld

Dinsdag, 12 Maart 2019 Musiekkonsert Gr.1-3 08:15

Donderdag, 14 Maart 2019 Gratis sivvies

Donderdag, 14 Maart 2019 Markdag vanaf 11:45 – 12:30

Donderdag, 14 Maart 2019 Skool sluit 12:45 Gr.1 – 3, 13:00 Gr.4 – 7

Vrydag, 15 Maart 2019 Skool sluit

Vrydag, 15 Maart 2019 Gratis sivvies

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ons het die jaar entoesiasties en geesdriftig met nog ‘n doel voor oë aangepak: Om die leerders van Laerskool Jan van Riebeeck bloot te stel aan meer diverse mense, kulture, ervarings, ens.

Ons het die jaar begin deur te fokus op Mense van Kaapstad wat op hul unieke manier ‘n verskil in hul eie lewe, maar ook die lewens van ander mense maak. Mense wat hul uniekheid in die rede vir hul sukses omskep het. Hierdeur wil ons ons leerders bemagtig deur die nodige toerusting aan hulle te gee sodat ons goed gemanierde, sterk individue vorm wat eendag as volwassenes vir Suid-Afrika en die wêreld iets kan terug gee. Tydens kwartaal 1 het die aktrise Quanita Adams en entrepreneur Vusi Vokwana ons tydens saalbyeenkomste kom toespreek.

Die iMadiba-gespreksruimte wat deur Erhardt Thiel ontwerp is en deur Zelda la Grange en Tom Moses geopen is, vorm nou ‘n perfekte plek waar heelparty konfliksituasies en sienings reeds tussen leerders aangespreek is. Leerders moet geleer en gelei word om verskille te leer hanteer, want dit is tog ‘n proses wat lewenslank neem om te bemeester.

Verder het ons pasklaar programme deur ervare sielkundiges laat saamstel om aan ons graad 6 & 7-leerders tydens verskeie sessies aan te bied om verdere verryking en bemagtiging te verseker. Hierdie onderskeie programme strek vanaf kwartaal 1 tot kwartaal 3. Dit sluit perfek by die PSW/Lewensoriëntering-kurrikulum aan. Dit is vir ons werklik baie belangrik dat ons skool se waardes deur die hele skoolgemeenskap uitgeleef moet word en daarvandaan die program Ek, Ons, Wêreld.

Aan die einde van kwartaal 2 kan ons trots terug kyk en sê dat ons nog ‘n stap in die regte rigting begin neem het. Selfs klein treëtjies maak ‘n verskil. Ons is opgewonde om te sien wat die jaar vir ons mag inhou.

---

NUUTSTE NUUS

Ons hoof krieketafrigter, Allison Johnson, gaan gedurende die vakansie ‘n krieketkliniek op die Conradieveld aanbied. Indien julle belangstel, gaan loer gerus na sy ADVERTENSIE.

Help ons om die dag te bemark!

• Almal mag deelneem (Gr.1 – Gr.7)

• Deelname is vrywillig

• Plakkate moet teen Donderdag, 7 Maart by die kunsklas ingehandig word

• Beoordeling vind Vrydagoggend, 8 Maart, plaas

• TEMA: “My wêreld” (Kinders kan ‘n kombinasie van dinge uit hul werklike en/of verbeeldingswêreld uitbeeld.)

• Enige medium

• A3 grootte (Indien beplanning reeds gedoen is en dit is moeilik vir ‘n kind om ‘n A3-papier in die hande te kry, mag hulle een by die kunsklas kom haal.)

• Die volgende woorde MOET op die plakkaat verskyn:

KAPERJOLLE (let op die een P!)

Datum: 13 April 2019

Tyd: 14:00 – 22:00

Plek: Conradieveld

Ons skool benodig ‘n nasorghoof.

Veronica, huidige nasorghoof, se gesondheid is nie op die oomblik baie goed nie en sy ondergaan tans heelwat mediese toetse. Ons is onseker of sy gaan terugkom. As gevolg van die onsekerheid en die toenemende getalle by ons nasorg, het ons besluit om die pos te adverteer. Dit beteken dus nie dat Veronica nie deel van die nasorgspan sal wees nie.

Tye: Maandag tot Vrydag vanaf 12:30 tot 17:30.

Aanvangsdatum: 1 April 2019

Indien u belangstel om aansoek te doen, stuur asb. u CV aan jhoosthuizen@gmail.com.

Portefeuljedag/Ouergespreksgeleentheid:

Graad 4 -7-ouers word aangemoedig om afsprake van 15 minute elk op Maandag, 8 April 2019, tussen 15:00 – 19:00 by Adri Marais (skoolsekretaresse) te maak, indien jy met ‘n spesifieke onderwyser wil gesels.

Inligtingsessie:

Op Donderdag, 11 April 2019, om 18:00 sal dr. Joan Campbell die graad 4-7-ouers rakende seksuele gedrag by kinders van hierdie ouderdomsgroep toespreek. Dit sal in die skoolsaal plaasvind.

Neem asseblief kennis van die volgende foto’s wat op 6 Maart geneem sal word:

1) Alle individuele foto’s

2) klasfoto’s

3) Familie foto’s

4) Seniorkoor foto

5) Juniorkoor foto

6) Suidoosterredaksie

7) Leerderraad

8) Graad 7 foto

9) Skolierpatrollie

Algemene reëlings vir die dag:

Maak asseblief seker u dogter/seun lyk netjies. Indien ‘n leerders afwesig is, mis hy/sy dit ongelukkig. ALLE leerders kom met somer skoolklere skool toe, geen sportklere (pak dit in). Indien u seun/dogter ‘n foto moet neem met ‘n familielid, stel die juffrou en u kind ook in kennis. Geen leerders gaan gesoek word nie, ons is gedruk vir tyd.

Die jaarlikse somersokkie is om die draai en Laerskool Jan van Riebeeck besoek die Wilde Weste!

Datum: 8 Maart 2019 18:00 – 21:30.

Slegs vir graad 5-7.

Kaartjies kos R70 per leerder en is beskikbaar op die Karri app (julle kan ook EFT of kontant betaal).

Juffrou Wright se klas gaan as kaartjieskantoor dien en leerders kan gedurende pouses en registerklas hul kaartjies koop of kom afhaal (met bewys van betaling).

Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees op die aand van die sokkie, maar ouers kan ook vooraf etes bestel op die Karri app.

Trek jul stewels aan en dan sien ons julle daar vir ‘n heerlike Wilde Weste dans!

Het jou 7-8 jarige ‘n swart K-Way donsbaadjie met ‘n blou ritssluiter? Hoe seker is jy dit is in die kas by die huis? Of het pa dalk ‘n blou Woolies trui of grys First Ascent moulose baadjie by ‘n skoolfunksie vergeet? Hierdie is die tipe items wat al vier weke lank op die verlore goedere sigblad is en nog nie opgeëis is nie.

Benewens hope sivvies is daar ook reeds 29 waterbottels, 28 kosblikke, 15 swemhanddoeke en 61 ongemerkte skoolklere items en dit groei weekliks.

Items wat vir die eerste maal op 4 Februarie verskyn het, verskyn slegs tot Vrydag, 8 Maart, op die sigblad. Alles wat dan steeds nie opgeëis is nie, sal aan die tweedehandse klerebank of liefdadigheid geskenk word. Kliek asseblief op die SKAKEL of op die Verlore Goedere skakel op die skool se tuisblad en dui asseblief aan wat aan jou kind behoort. Die flukse graad sesse sal Woensdae en Donderdae oggende geïdentifiseerde items aan die leerders terugbesorg.

Vir enige navrae stuur gerus ‘n e-pos aan verloregoedere@jvrprim.co.za

Leerders het Donderdag ‘n pienk bladsy met die BUITEMUURSEPROGRAM vir die laaste 2 weke van skool ontvang. Ons gebruik hierdie 2 weke om die leerders te leer ken vir die onderskeie sportkodes. Daar sal in die laaste week vir die rugby en hokkiespelers ‘n kliniek gedurende die toegekende ure plaasvind. Die netbalkliniek sal eers later plaasvind. Leerders sal ‘n volledige buitemuurse program, asook die sportdatums vir kwartaal 2 & 3 in hul rapporte ontvang.

Ons skool is bevoorreg om 8 leerders te hê wat aan die Inter-Metro Skaakproewe by Hoërskool Brackenfell gaan deelneem. Hulle sal die naweek vir hul WP klere kompeteer. Baie geluk en sterkte aan die volgende spelers: Emma Snijders, Melandi du Plooy, Louis Bosman, Petrus Bosman, Jan Karsten, Liezel Snijders, Bernard Lombaard en Keegan Schoeman.

Yurich Daniels en sy span gaan op 8 en 9 Maart ‘n tennistoernooi by ons skool aanbied. Almal wat belangstel kan na die ADVERTENSIE gaan vir meer besonderhede en hulle kontak.

---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Baie geluk aan Dietz en Heinke Punt wat laas week Jannies van die week was. Baie geluk ook aan Zerchelle Faes wat hierdie week ons Jannie van die week is. Al hierdie leerders is nuut by Jan van Riebeeck. Ons is baie bly dat julle so fluks by die Liewe Aarde depot herwin – hou so aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Let asb daarop dat slegs ware geriffelde karton in die karton sakke gegooi moet word (kyk na die prentjie). Alle ander karton (wat gewoonlik gladder en dunner is) moet in die liggroen papier igloos gegooi word.

SPORT

Ons swemspan het Vrydag, 22 Februarie, aan die Kampsbaai Swemgala deelgeneem. Hierdie gala is ‘n aflosgala, dit beteken dat alle items wat plaasvind ‘n aflos formaat aanneem. Hulle het nie hierdie jaar ‘n algehele wenskool aangekondig nie, maar ons het 9 van die 28 items gewen. Die UITSLAE is aan ons in ‘n PDF formaat gestuur sonder enige posisies wat toegeken is, daarom is dit na die tyd ingeskryf.

Dertien van ons atlete het Saterdag, 23 Februarie, aan die WP kampioenskappe by Coetzenburg deelgeneem. Dit het goed gegaan met die meeste van ons atlete, maar nie almal het dit gemaak om onder die top 3 te eindig en so vir hul WP kleure te kwalifiseer nie. Ons is baie trots op Danny Newton en Sophia Liebenberg wat beide vir verspring 3de geëindig het en so hul WP klere verwerf het. Hulle neem Saterdag in die Paarl deel an die Wes-Kaap byeenkoms. Ons wens hulle alles van die beste toe! Vir die volledige uitslae van die WP Kampioenskappe, volg die SKAKEL.

Die O/9 A-span het Dinsdag Herzlia Weizmann se span met 45 – 21 geklop. Die manne het baie mooi spanwerk getoon tydens hierdie oorwinning. Die O/9 B-span het ook ‘n oorwinning teen Seepunt se B-span gehad met 37-24. Die O/9 A en B spanne het ook verlede Saterdag aan Laerskool Fanie Theron se Mini-Kriekettoernooi deelgeneem en goed gevaar. Die A span het teen Fanie Theron gewen en ongelukkig teen L/S Stellenbosch verloor. Die B span het ongelukkig beide hulle wedstryde verloor, maar baie goeie spangees getoon. Johan Symington en Marais Groenewald het elkeen ‘n medalje ontvang vir speler van die dag.

0/11 A Krieketspan het Woensdag, 26 Februarie, teen Laerskool Kampsbaai gespeel. Hulle kies om eerste te kolf en teken 95 in 20 boulbeurte aan. Taniel Webber neem 2 paaltjies vir sles 6 lopies. Ons slaan toe 87 in ons 20 beurte. Sebastian Maree teken 13 aan. Ons verloor ongelukkig die wedstryd met 9 lopies.

Op Dinsdag, 26 Februarie, het ons O/9 A en B krieketspanne teen Reddam House gespeel. Die A-span het met 2 lopies verloor en die B-span met 8 lopies. Dankie vir ‘n wonderlike seisoen manne, ons maak weer so in die 4de kwartaal.

Twee van ons tennisspanne het Woensdag, 27 Februarie, wedstryde gespeel. Die Gemengde A-span (Sebastian Boshoff, Katrien Stimie, Chiara Roodt en Darren Cloete) het hulle wedstryd teen Parklands Prep met 6 – 0 gewen. Die Gemengde B-span (Marcel Eygenberger, Daniel van Reenen, Neena Lonte en Luca Zulch) het ook ‘n goeie middag gehad teen Elkanah House en met 5-1 gewen. Baie geluk julle! Ons het drie gemengde dubbelsspanne wat Vrydag, 1 Maart by Laerskool Table View aan ‘n toernooi deelneem. Baie sterkte en geniet dit.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

If you want something you never had, you have to do something you’ve never done.

– Thomas Jefferson

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209