Het jou 7-8 jarige ‘n swart K-Way donsbaadjie met ‘n blou ritssluiter? Hoe seker is jy dit is in die kas by die huis? Of het pa dalk ‘n blou Woolies trui of grys First Ascent moulose baadjie by ‘n skoolfunksie vergeet? Hierdie is die tipe items wat al vier weke lank op die verlore goedere sigblad is en nog nie opgeëis is nie.

Benewens hope sivvies is daar ook reeds 29 waterbottels, 28 kosblikke, 15 swemhanddoeke en 61 ongemerkte skoolklere items en dit groei weekliks.

Items wat vir die eerste maal op 4 Februarie verskyn het, verskyn slegs tot Vrydag, 8 Maart, op die sigblad. Alles wat dan steeds nie opgeëis is nie, sal aan die tweedehandse klerebank of liefdadigheid geskenk word. Kliek asseblief op die SKAKEL of op die Verlore Goedere skakel op die skool se tuisblad en dui asseblief aan wat aan jou kind behoort. Die flukse graad sesse sal Woensdae en Donderdae oggende geïdentifiseerde items aan die leerders terugbesorg.

Vir enige navrae stuur gerus ‘n e-pos aan verloregoedere@jvrprim.co.za