Woensdagaand, 27 Februarie, het 14 van ons atlete deelgeneem aan die Tweekamp-Kampioenskappe by Parow atletiekklub. Dit was die groot prys vir atlete na baie oefening en opoffering tydens die seisoen. Ons atlete het ons naam baie hoog gehou en het fantasties presteer. Hier volg die uitslae:

Adriaan Wessels (4de), Delmar Benecke (5de), Ruald Naudé (5de), Jana Olivier (3de), Ane Swanepoel (5de), Alexander Benecke (4de), Lourens van der Walt (7de), Albert Griesel (17de), Sophia Liebenberg (8ste), Cara Swanepoel (10de), Mari Swanepoel (7de), Isabella van der Walt (9de), Stephan Griesel (10de), John Willcox (6de) en Stef Mostert (1ste).
Jana Olivier het 3de geeïndig en het ‘n brons medalje ontvang.
Mia Nortjé het 3de geeïndig en het ‘n brons medalje ontvang.
Stef Mostert was eerste en was gekroon as die WP-kampioen.
Baie geluk aan Stef, Mia en Alexander wat almal hulle WP-kleure verower het. Dit was ‘n uitstekende aand en almal het hulle beste tye gehardloop of geswem wat ongelooflik was om te sien.
Die volgende byeenkoms is 29-30 Maart in Port Elizabeth waar ons leerders aan die SA’s gaan deelneem. Ons wens vir hulle almal baie sterkte toe.