Veiling 2019

Daar is nou net minder as twee weke oor om jou kaartjie vir die veiling te koop. Moenie hierdie lekker kuier aand misloop nie. Kontak gerus vir Coreen Scholtz of Esna Boshoff – daar is nog plek beskikbaar. Kliek op die kaartjie om 'n groter weergawe daarvan te sien. Vir meer inligting verwys gerus na verlede week se NUUSBRIEF. Indien jy wel nie die veiling kan bywoon nie, kan jy steeds ‘n skenking tot die veiling maak. Betaling van die kaartjies sowel as skenkings moet per EFT in die trust se rekening gedoen word: Rekeningnaam: Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust Bank: Investec Rekening Nr: 10011436695 Tipe rekening: Tjek Verwysing: Veiling/Naam en Van Bewys van betaling moet asseblief aan coreen.scholtz@gmail.com of esnaboshoff@gmail.com gestuur word. Enige verdere navrae kan aan Coreen Scholtz of Esna Boshoff (sien eposadresse hierbo) gerig...

Rugby teen Elkanah House, 15 Mei

Ons O/9 tot O/13 rugbyspanne het Woensdag, 15 Mei, vriendskaplike wedstryde teen Elkanah House se spanne gespeel. Dit het baie goed gegaan ons O/9 A span het 'n astronomiese oorwinning behaal. Die uitslae is soos volg: O/9 A [7-a-side] 70 - 0 (wen) O/9 B [7-a-side] 10 - 20 (verloor) O/11 A [15-a-side] 31 - 0 (wen) O/13 A [10-a-side] 21 - 0 (wen) Baie geluk...

O/7 Fair Cape toernooi, 11 Mei

Agt van ons O/7 Spelers het Saterdag, 11 Mei, aan die O/7 Fair Cape Toernooi by Durbanville Voorbereiding deelgeneem en teen C-spanne gespeel. Die uitslae vir die dag: Gene Louw C - gelykop Durbanville C - wen Brackenfell C -wen Baie dankie vir almal se ondersteuning, die kinders het elke oomblik geniet en het so baie geleer. Baie dankie aan Juffrou Liezel de Jager wat hulle vergesel...

Netbaluitslae teen Wolraad Woltemade, 13 Mei

Ons netbalspanne het Maandag, 13 Mei, ligawedstryde teen Laerskool Wolraad Woltemade gespeel en al ons spanne het baie goed gevaar. Die uitslae vir die middag is soos volg: O/9A 10-3 (wen) O/9B 17-1 (wen) O/10A 14-0 (wen) O/11A 18-2 (wen) O/12A 8-7 (wen) O/13A 26-1 (wen) Baie geluk aan al die spelers en...

American Ballet Performance Awards (PA)

Die American Ballet Performance Awards vind plaas op Saterdag 25 Mei 2019 om 16:00 by JvR. Kom ondersteun ons dansers asb., almal is welkom. Die beoordelaar is Tova Tsoubery van Spanje. Ons het in September weer 'n Awards funksie in Kaapstad en dan tree ons Gr.1 tot Gr.10 dansers ook op. In 2020 het ons die PA in die Artscape. JvR deelnemers op 25 Mei 2019: Level 3 - Juliette Visser, Amelie Visser, Lara Basson, Emma Liebenberg Level 5 - Jana Brink Jana Brink het verlede jaar by ons Artscape optrede 'n volle beurs ontvang om in Junie 2019 'n Summer School in New York by te woon. Haar ma, Linda, vergesel haar as huismoeder van die Summer School. Besoek gerus die American Academy of Ballet se webtuiste om te sien watter wonderlike geleentheid dit is en in hoeveel lande PA reeds met sukses aangebied...

Liewe Aarde

Baie geluk aan Lebu Salimani in Graad 6 wat Jannie van die week is. Dankie dat jy so fluks herwin. Geniet die Col'Cacchios geskenkbewys. In Suid-Afrika word heelwat meer items herwin as wat ons besef. Dit is te danke aan afval-optellers of 'waste-pickers'. Hulle is mense wat letterlik op die rommelhope soek na herwinbare materiaal en dit versamel om later betaling daarvoor te kry. Daar word geskat dat hierdie mense die munisipaliteite tot R750 miljoen per jaar spaar omdat die rommelhope nie meer so vining vol raak nie. Lees gerus die...

Hoërskoolnuus

Daniel Wiese en Stef Mostert van Hoërskool Jan van Riebeeck het WP-kleure behaal vir Tweekamp. Stef is die o/14 WP-kampioen en behaal ‘n 2de plek tydens die SA’s vir sy ouderdom. Daniel kom 2de in die o/17-afdeling! Lydia-Mari Erasmus , ‘n graad 11-leerder aan Hoërskool Jan van Riebeeck, is gekies vir die o/17 WP-netbalspan. Sy maak ook deel uit van die span wat 17 en 18 Mei in Riversdal aan die Weskaapproewe gaan...

Atletiekkliniek aangebied deur WP Atletiek, 18 Mei 2019

WP Atletiek bied afrigtingsessies by Groenpunt vir enige belangstellende atlete aan. Atlete tussen die ouderdomme van 10-14 jaar kan die sessies bywoon. Afrigting vir die volgende items word aangebied: naellope, hekkies, verspring, hoogspring, gewigstoot, diskus en spiesgooi. Indien jy belangstel, volg die SKAKEL en voltooi die registrasievorm. Die eerste sessie is ongelukkig verby, maar daar is op 18 Mei weer 'n sessie. Enige verdere navrae kan aan Ricardo Jaftha by 021 418 3232 of youth@wpathletics.co.za gerig...

Huiswerkklasse van hoërskoolleerders (tutuors)

Die program wat ons vir twee weke op die proef gestel het, het goed gewerk. Die klasse het vir die kwartaal eers tot 'n einde gekom, aangesien die hoërskooltutors vir hul eie eksamen moet voorberei. Ongelukkig is ons op hul privaattyd aangewese. Alle huiswerkklasse sal in kwartaal drie weer...

Curro Hermanus Skaaktoernooi, 10 Mei

Ons eerste skaaktoernooi vanjaar was by Curro Hermanus. Dit was van ons spelers se eerste skaaktoernooi. Hierdie toernooi het uit 3 rondtes bestaan en die spelers het elk teen tyd gespeel. Ons 6 spelers het 1 uit 3 rondtes gewen. Ons wil graag vir die volgende leerders bedank: Louis Bosman, Heino du Plooy, Melandi du Plooy, Gideon van Zyl, Heinke Punt en Dietz Punt.Baie dankie aan juf. Raché de Goede wat hulle vergesel het en baie dankie aan die ouers wat met die vervoer gehelp het...

Wedloop-uitslae van 10 Mei

Ons atlete het Vrydag aan hul 2de wedloop van die seisoen deelgeneem. Dit het in Constantia plaasgevind. Ons atlete het baie goed gevaar as 'n mens in gedagte hou dat daar gemiddeld 80 atlete per ouderdom vir seuns en dogters deelneem. Hier volg Vrydag, 10 Mei, se uitslae: O/7: Nils le Roux - 3de (uitstekend ! ) Samuel Groenewald - 39ste, Ruben de Ridder - 48ste O/8: Jana Olivier - 1ste (fantasties ! )Lili-Ann Blomerus - 27ste O/9: Marais Groenewald - 31ste O/12: Scarlett van der Merwe - 3de (uitstekend ! )Ruben Vorster - 16de, Stephan le Roux -...

Wedloopinskrywings vir 17 Mei

Die volgende landloopwedloop vind Vrydag, 17 Mei, by die Fish Hoek Primary school grounds (Upper Recreation Road, Fish Hoek) plaas. Die vorm is met ouers van atlete wat gereeld die oefeninge bywoon, gedeel. Indien jy dit nie ontvang het nie of jou kind is nie gereeld by oefening nie, volg die SKAKEL en voltooi die...

Liewe Aarde

Baie geluk aan Bernardo Oosthuizen in Gr.2 wat laas week Jannie van die week was. Geluk ook aan Lara Pieterse in Gr.5 wat hierdie week ons Jannie is. Albei hierdie leerders herwin regdeur die jaar baie getrou – dankie julle! Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys. Aandag almal wat by die depot herwin: Alle gladde karton moet asb. in die groen igloes vir papier gegooi word en nie by riffel karton...

Nuusbrief van 10 Mei 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 10 Mei 2019 Skaak: Curro Hermanus Skaaktoernooi, WEG Vrydag, 10 Mei 2019 Landloop: Wedloop 3 Vrydag, 10 Mei 2019 Eisteddfod @ LJvR Saterdag, 11 Mei 2019 Zuki Pakama (Juffrou) verjaar Saterdag, 11 Mei 2019 Netbal: Fair Cape O/7 toernooi (Durbanville Preparatory School, 4 Luckhoff St, Valmary Park) Saterdag, 11 Mei 2019 Horizon Wiskundekompetisie 2de Rondte Maandag, 13 Mei 2019 Netballiga: Wolraad Woltemade (weg) (WOLRAAD WOLTEMADE PRIMARY SCHOOL, 94 Adam Tas Ave, Bothasig) Dinsdag, 14 Mei 2019 Gr.7 Ek, Ons, Wêreld 10:00 - 14:00 Dinsdag, 14 Mei 2019 Eisteddfod: 16:15-18:30 (Gr.2&3) Woensdag, 15 Mei 2019 Rugby: Liga wedstryde Woensdag, 15 Mei 2019 Gr.6 Ek, Ons, Wêreld 08:30 - 13:00 Donderdag, 16 Mei 2019 Eisteddfod Solosang 15:45-18:30 (Gr.4&5) Vrydag, 17 Mei 2019 Eisteddfod Solosang: 14:00-18:00 (Gr.6&7) Vrydag, 17 Mei 2019 Redenaars semifinale rondes ATKV (R) Vrydag, 17 Mei 2019 Landloop: Wedloop 4 (Fish Hoek Primary School, Upper Recreation Road, Fish Hoek) Saterdag, 18 Mei 2019 Eisteddfod: 09:00-10:00 (Gr.7) Saterdag, 18 Mei 2019 Fondsinsameling: Barnyard Theatre (The Barnyard Theatre Willowbridge, 39 Carl Cronje Dr, Bellville Park) Maandag, 20 Mei 2019 Anike Goliath (Assistent) verjaar Maandag, 20 Mei 2019 Kitaarkonsert 18:30 Dinsdag, 21 Mei 2019 Musiekkonsert Gr.6&7, 08:15 Woensdag, 22 Mei 2019 Gr.7-kamp Melkbosstrand Woensdag, 22 Mei 2019 Netbal: Liga wedstryde (tuis) Donderdag, 23 Mei 2019 Unisa Klaviereksamens Vrydag, 24 Mei 2019 Buitemuurseprogam EINDIG Vrydag, 24 Mei 2019 Landloop: Wedloop 5 (Heathfield Primary School, Chadwin Rd, Heathfield) >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Nuwe skoolhoof Soos julle weet gaan ons ‘n nuwe skoolhoof aanstel in die volgende paar...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor