Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 10 Mei 2019 Skaak: Curro Hermanus Skaaktoernooi, WEG

Vrydag, 10 Mei 2019 Landloop: Wedloop 3

Vrydag, 10 Mei 2019 Eisteddfod @ LJvR

Saterdag, 11 Mei 2019 Zuki Pakama (Juffrou) verjaar

Saterdag, 11 Mei 2019 Netbal: Fair Cape O/7 toernooi (Durbanville Preparatory School, 4 Luckhoff St, Valmary Park)

Saterdag, 11 Mei 2019 Horizon Wiskundekompetisie 2de Rondte

Maandag, 13 Mei 2019 Netballiga: Wolraad Woltemade (weg) (WOLRAAD WOLTEMADE PRIMARY SCHOOL, 94 Adam Tas Ave, Bothasig)

Dinsdag, 14 Mei 2019 Gr.7 Ek, Ons, Wêreld 10:00 – 14:00

Dinsdag, 14 Mei 2019 Eisteddfod: 16:15-18:30 (Gr.2&3)

Woensdag, 15 Mei 2019 Rugby: Liga wedstryde

Woensdag, 15 Mei 2019 Gr.6 Ek, Ons, Wêreld 08:30 – 13:00

Donderdag, 16 Mei 2019 Eisteddfod Solosang 15:45-18:30 (Gr.4&5)

Vrydag, 17 Mei 2019 Eisteddfod Solosang: 14:00-18:00 (Gr.6&7)

Vrydag, 17 Mei 2019 Redenaars semifinale rondes ATKV (R)

Vrydag, 17 Mei 2019 Landloop: Wedloop 4 (Fish Hoek Primary School, Upper Recreation Road, Fish Hoek)

Saterdag, 18 Mei 2019 Eisteddfod: 09:00-10:00 (Gr.7)

Saterdag, 18 Mei 2019 Fondsinsameling: Barnyard Theatre (The Barnyard Theatre Willowbridge, 39 Carl Cronje Dr, Bellville Park)

Maandag, 20 Mei 2019 Anike Goliath (Assistent) verjaar

Maandag, 20 Mei 2019 Kitaarkonsert 18:30

Dinsdag, 21 Mei 2019 Musiekkonsert Gr.6&7, 08:15

Woensdag, 22 Mei 2019 Gr.7-kamp Melkbosstrand

Woensdag, 22 Mei 2019 Netbal: Liga wedstryde (tuis)

Donderdag, 23 Mei 2019 Unisa Klaviereksamens

Vrydag, 24 Mei 2019 Buitemuurseprogam EINDIG

Vrydag, 24 Mei 2019 Landloop: Wedloop 5 (Heathfield Primary School, Chadwin Rd, Heathfield)

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Nuwe skoolhoof

Soos julle weet gaan ons ‘n nuwe skoolhoof aanstel in die volgende paar maande. Aansoeke word tussen 3 en 28 Junie aanvaar deur die WKOD. Die beheerliggaam is uiteraard besig om verskeie kandidate te benader om aansoek te doen. As ouers voorstelle het van potensiële kandidate, is hulle welkom om hul name en kontakdetails vir Jodene (Hoof: Administrasie en Personeelsake) te stuur. Haar e-pos-adres is admin@jvprim.co.za.

Geen leerder mag na skool of selfs voor skool die terrein sonder ‘n onderwyser en/of ouer se toestemming verlaat nie. As ‘n leerder om een of ander rede ‘n bussie na byvoorbeeld die Conradieveld of hoërskoolveld gemis het, moet hy of sy by die nasorgsentrum gaan wag totdat hul ouers hul daar kom haal. Ouers kan ook vanaf Adri se kantoor gekontak word. Sy is in haar kantoor tot 15:15 en die nasorgsentrum is oop tot 17:15. Leerders wat op ander velde rugby, hokkie, landloop of krieket oefen, moet sorg dat hulle weer met die bussie na die skool terugry, tensy daar met hul ouers gereël is dat iemand hulle by die spesifieke veld sal kom haal. Dit moet dan met die spesifieke afrigter vooraf gereël word, anders sal die leerder teruggeneem word skool toe.

---

NUUTSTE NUUS

Volgende week neem 113 van ons Gr.4 – 7 leerders aan die eerste rondte van die SAMF Olimpiade deel. Indien enige leerder wil voorberei vir die olimpiade, volg asb. die SKAKEL. Sterkte aan almal wat deelneem!

Na die eerste rondte van die kompetisie by die skool afgehandel is, is daar 41 leerders wat eerskomende Saterdag aan die tweede rondte van die kompetisie deelneem. Dit is die eerste jaar wat die kompetisie in Afrikaans ook aangebied word. Verlede jaar se statistieke dui aan dat meer as 330 skole en meer as 51 000 leerders aan die eerste rondte deelgeneem het (slegs gr.6 en 7 leerders). Hierdie jaar behoort die getalle te styg weens die feit dat dit ook in Afrikaans aangebied word en graad 5 leerders ook aan die kompetisie kan deelneem. Al die leerders moet Saterdag om 08:00 by Star College, Bridgetown aanmeld. Die kompetisie begin om 08:15 en die leerders sal om 10:00 klaar wees. Ons wens vir almal alle sterkte toe en onthou om dit te geniet!

Barnyard Teater

Eisteddfod solosang

Onthou asb. dat die Eisteddfod Solosang volgende week is. Ouers het individuele briefies gekry met die besonderhede. Vra gerus vir Helecia (helecia@jvrprim.co.za) of Ben (ben@jvrprim.co.za) as julle twyfel.

Kitaarkonsert

Maandagaand, 20 Mei om 18:30. Alle kitaarleerders het briewe gekry. Almal is welkom. Toegang is R30.

Musiekkonsert Gr.6 en 7

Musiekleerders van Gr.6 en 7 hou op Dinsdagoggend 21 Mei om 8:15 ‘n konsert in die saal. Almal is welkom.

Die Eisteddfod is om die draai en die Jannies oefen dat die rook so trek. Ons is baie opgewonde om al ons leerders se talent hierdie naweek, 10-11 Mei, te geniet. Hier volg net ‘n paar finale reëlings. Alle ouers en besoekers moet gebruik maak van die agterste hek en daardie parkering. Die voorste parkering sal slegs vir personeel en beoordelaars beskikbaar wees. Alle leerders het reeds die program met hul dag, tyd en lokaal op, ontvang. Indien jy nog nie ‘n kopie ontvang het nie of jou kind se naam nie op die lys verskyn nie, kontak asb. vir juffrou Schultz (lizemari@jvrprim.co.za) sodat ons alle probleme vroegtydig kan uitstryk. Maak ook seker dat die spelling van u kind se naam korrek is, aangesien hierdie naam op die sertifikaat gedruk gaan word.

Die lokale is as volg:

Lokaal A is die saal.

Lokaal B is juf. Van Rooyen se Engelse klas.

Lokaal C is die Biblioteek.

Lokaal D is Juf. Crous se klas.

Lokaal E is Juf. Schultz se klas.

Lokaal F is Juf. De Jager se klas.

Kom ondersteun gerus al ons Jannies en geniet die naweek saam met ons!

Die volgende landloopwedloop vind Vrydag, 10 Mei, by die Cape Academy of Maths, Science and Technology, Firgrove Way, Constantia plaasvind. Die vorm is met ouers van atlete wat gereeld die oefeninge bywoon, gedeel. Indien jy dit nie ontvang het nie of jou kind is nie gereeld by oefening nie, vul die VORM in.

---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Ons wil graag vir Michelle van Reenen van Room 13 (Nicolaas du Plooy in Graad 3 se mamma) baie dankie sê vir die ontwerp van ons allerpragtige uitnodiging!

Dit is nou net minder as ‘n maand voor die veiling plaasvind. Vir diegene wat nog nie laat weet het nie, of dié wat aan FOMO ly, kontak gerus vir Coreen Scholtz of Esna Boshoff – daar is nog plek beskikbaar.

Die veiling word gehou ten einde fondse in te samel om die skool uit te bou en te verbeter en nie die dag-tot-dag uitgawes te dek nie. Vir meer inligiting aangaande die onderskeie projekte wat reeds afgehandel is en dit wat in die pyplyn is, verwys gerus na verlede week se NUUSBRIEF.

Die ingesamelde fondse word aangewend vir projekte wat andersins nie onderneem sou kon word nie. Ons is baie dankbaar vir almal se bydrae tot hierdie sukses en ons nooi al ons ouers uit om deel te neem hieraan.

Indien jy wel nie die veiling kan bywoon nie, kan jy steeds ‘n skenking tot die veiling maak.

Betaling van die kaartjies sowel as skenkings moet per EFT in die trust se rekening gedoen word:

Rekeningnaam: Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust

Bank: Investec

Rekening Nr: 10011436695

Tipe rekening: Tjek

Verwysing: Veiling/Naam en Van

Bewys van betaling moet asseblief aan coreen.scholtz@gmail.com of esnaboshoff@gmail.com gestuur word.

Enige verdere navrae kan aan Coreen Scholtz of Esna Boshoff (sien e-posadresse hierbo) gerig word.

AKADEMIE

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

Ons het ‘n dokument (Google Form) saamgestel om jou as ouer in te lig oor wat ons tans in die rekenaarklas doen. Aan die einde van die dokument is daar ‘n gedeelte waar jy as ouer kommentaar kan lewer of voorstelle kan maak. Lees asb. eers deur die dokument voordat jy die kommentaar gedeelte invul. Kliek HIER vir die vorm.

---

SPORT

Een van ons O/9 netbalspanne het Donderdag, 9 Mei, aan Durbanville Voorbereiding se jaarlikse Fair Cape toernooi deelgeneem. Dit was ‘n heerlike middag en ons kinders het pragtig gelyk en gespeel. Ons het die span in die C groep ingeskryf a.g.v. die ander skole se groottes, maar dis duidelik as ons na die tellings kyk dat ons nie hoef terug te staan nie.

Die uitslae vir die dag:

O/9A JvR 7-1 Bastion O/9C

O/9A JvR 15-1 Panorama O/9C

Baie dankie aan Juf Lize-Mari Schultz wat die span vergesel het. ‘n O/7 span neem Saterdag, 11 Mei, aan die O/7 Fair Cape Toernooi deel.

Ons netbalspanne het hierdie jaar die geleentheid gehad om bietjie meer oefeninge in te werk voordat ons eerste ligawedstryde begin het en ons pluk nou die vrugte hiervan. Ons het Maandag, 6 Mei, ons eerste ligawedstryde teen Goodwood Park gespeel. Die meeste van ons spanne was betrokke en het gewen. Hier volg die uitslae:

O/9A 12-3 (wen)

O/9B 7-0 (wen)

O/10A 7-0 (wen)

O/10B 2-1 (wen)

O/11A 16-3 (wen)

O/11B 6-0 (wen)

O/12A 7-7 (gelyk)

O/13A 30-6 (wen)

O/13B 12-0 (wen)

O/7 en O/8 wedstryde word vir die sportmangees en ondervinding gespeel, en daar word nie enige telling gepubliseer nie. Beide spanne het baie goed gevaar.

Ons atlete het Vrydag, 3 Mei, aan hul eerste wedloop in Rondebosch deelgeneem. Ons deel graag die uitslae met julle:

O/7: Nils le Roux – 10de, Ruben de Ridder – 41ste

O/9: Zuletha Feirrera – 63ste

O/10: Lea de Ridder – 70ste, Markus de Ridder – 75ste

O/12: Scarlett van der Merwe – ‘n uitstekende 4 de plek ! Ruben Vorster – 30ste

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“When your passion and purpose are greater than your fears and excuses, you will find a way.”

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209