Hoërskoolnuus

Hoërskool Jan van Riebeeck se leerders vaar weer uitstekend in Wiskunde! Ons hoofseun en Wiskunde-boffin, Emil van der Walt (regs), is pas weer, vir die derde jaar in ‘n ry, opgeneem in die nasionale span van ses wat in Julie in Engeland aan die Internasionale Wiskunde Olimpiade gaan deelneem. Hy en Gerhard Joubert (links) is ook albei in die finale ronde van die UCT en Die Burger se Wiskunde olimpiades. Dis wonderlike prestasies vir beide...

Netbalwedstryde van 22 Mei

Laerskool Milnerton het Woensdag, 22 Mei, met hul spanne by ons kom kuier. Hulle is twee ligas laer as ons ingeskryf en het gevra om teen ons B-spanne te speel. Hierdie wedstryde se uitslae tel nie vir die ligapunte aan die einde van die seisoen nie. Die uitslae is soos volg: O/9 B 6 - 0 (wen) vs. Milnerton A O/10 B 3 -13 (verloor) vs. Milnerton A O/11 B 3 - 3 (gelyk) vs. Milnerton A O/12 B 5 -12 (verloor) vs. Melnerton A Dankie vir al ons spelers en afrigters vir 'n lekker...

Rugbyuitslae van 22 Mei

Van ons O/7, O/8 en O/9 rugbyspelers het Woensdag, 22 Mei, saam met hul afrigters by Laerskool Kenridge gaan kuier en van hul spanne aangevat. Ons het teen hul A en C spanne gespeel. Kenridge is 'n skool met meer as 1000 leerders en ons was baie op ons senuwees vir hierdie middag, maar die Jannies is nie bang nie en ons het hulle vierkantig in die oë gekyk. Ons spelers het gewys waarvan hulle gemaak is en die uitslae is soos volg: O/7 B 8 - 4 (wen) vs. Kenridge C O/7 A 0 - 5 (verloor) vs. Kenridge A O/8 B 5 - 2 (wen) vs. Kenridge C O/8 A 0 - 2 (verloor) vs. Kenridge A O/9 B 4 - 1 (wen) vs. Kenridge C O/9 A 0 - 7 (verloor) vs. Kenridge A Ons is baie trots op ons spelers en sê baie dankie vir ons afrigters, juf Smook, mnr. Pieterse, Coach Mure en Coach Shaun vir hul ondersteuning en...

Skaakkampioenskappe

Jan Karsten, Petrus Bosman en Louis Bosman was die afgelope naweek in Mosselbaai vir die Wes-Kaap Skole Individuele skaakkampioenskappe. Hulle het al drie die WP-span (deesdae die Metro-span), verteenwoordig. Die onderskeie streke WP (Metro), Boland, Weskus, Eden en Overberg se spanne het deelgeneem. Dis ongeveer 80 spelers per ouderdomsgroep. Louis het vir O/9 seuns deelgeneem en met 4/6 punte het hy 11de geeindig. Petrus het vir O/11 seuns deelgeneem en het 4.5/5 punte gekry. Hy was siek en moes een rondte onttrek. Hy het nog steeds 12de geeindig. Ons het ongelukkig nie Jan se punte nie. Baie geluk aan al hierdie spelers. Ons wens vir hulle alle sterkte toe vir die pad...

Landloop wedloopuitslae van 17 Mei

Ons landloopatlete het Vrydag, 17 Mei, in Vishoek aan hul 3de wedloop deelgneem. Die uitslae is soos volg: O/7:*Nils le Roux - 3de, Samuel Groenewald - 25ste, Ruben de Ridder - 32ste O/8:* Jana Olivier - 8ste, Lili-Ann Blomerus - 19de, Delmar Benecke - 11de, Willem Vorster - 37ste O/9: Marais Groenewald - 11de O/10: Markus de Ridder - 64ste, Lea de Ridder - 81ste O/12:* Scarlett van der Merwe -...

Eidsteddfod Solosang

Baie geluk aan ons leerders wat uitstekend presteer het by die Sang Eisteddfod. Ons is trots op julle. Daniella Boshoff 7 jr 92 & 98, Sofia Newton 8jr 98 & 98, Chrystal Conradie 8jr 87 & 92, Kerala Allewell 8 jr 88 & 94, Elsabe Scholtz 9jr 88 & 90, Stella Boje 9 jr 88 & 93, Emka van Wyk 9 jr 85 & 88, Cara Swanepoel 9 jr 88 & 90, Heloïse Strauss 10 jr 86 & 90, Mieke Hertzog 10 jr 80 & 91, Mia Symington 10 jr 85 & 92, Lara Pieterse 10 jr 90 & 93, Chloe Schmidt 10 jr 90 & 88, Isabella Pretorius 10 jr 82 & 85, Emma Liebenberg 10 jr 90 & 88, Zerchelle Faes 88 & 90, Sebastian Boshoff 91 & 94, Daniella Coetzee 88, Jacomien van der Westhuizen 88 & 92 en Jana van Rooyen 88 &...

Buitemuurse program 27 Mei – 7 Junie

Die buitemuurse program vir Gr.4 - 7 kom Saterdag, 25 Mei, tot 'n einde vir die kwartaal. Leerders begin Maandag met eksamen. Ons het egter met ons buite-afrigters gereël om met die Gr.1 - 3 leerders wat belangstel, voort te gaan. Hierdie oefeninge is nie verpligtend nie en ouers sal spesiale reëlings moet tref indien hulle van busvervoer gebruik maak. Die bus vertrek steeds om 13:15. Ons wil alle leerders wat kan, aanmoedig om die verskeie klinieke wat gedurende die vakansie aangebied word, by te woon. Ons sal meer inligting in die nuusbrief plaas oor die klinieke soos ons dit ontvang. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2019/05/2019-Buitemuurse-program-27-Mei-7-Jun-1.pdf" title="2019-Buitemuurse-program - 27 Mei - 7 Jun...

Landloop inskrywings vir 24 Mei

Die volgende landloopwedloop vind Vrydag, 24 Mei, by Laerskool Heathfield (c/o Apollo Way and Chadwin Road, Elfindale) plaas. Die vorm is met ouers van atlete wat gereeld die oefeninge bywoon, gedeel. Indien jy dit nie ontvang het nie of jou kind is nie gereeld by oefening nie, voltooi asb. die VORM. Die inskrywings sluit Donderdag, 23 Mei om...

Nuusbrief 17 Mei 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 17 Mei 2019 Skaak: Vriendskaplik vs. St Cyprians Vrydag, 17 Mei 2019 Redenaars semifinale rondes ATKV (R) Vrydag, 17 Mei 2019 Landloop: Wedloop 4 (Fish Hoek Primary School, Upper Recreation Road, Fish Hoek) Vrydag, 17 Mei 2019 Eisteddfod Solosang: 14:00-18:00 (Gr.6&7) Saterdag, 18 Mei 2019 Eisteddfod Solosang: 09:00-10:00 (Gr.7) Saterdag, 18 Mei 2019 Fondsinsameling: Barnyard Theatre (The Barnyard Theatre Willowbridge, 39 Carl Cronje Dr, Bellville Park) Maandag, 20 Mei 2019 Anike Goliath (Assistent) verjaar Maandag, 20 Mei 2019 Kitaarkonsert 18:30 Maandag, 20 Mei 2019 Netbal: Vriendskaplik vs. VRS O/13 (tuis) Dinsdag, 21 Mei 2019 Musiekkonsert Gr.6&7 08:15 Woensdag, 22 Mei 2019 Gr.7-kamp Melkbosstrand Woensdag, 22 Mei 2019 Netbal: Liga wedstryde (tuis) Donderdag, 23 Mei 2019 Skaak: Vriendskaplik vs. Duitse Skool Gr 1 & 2 Donderdag, 23 Mei 2019 Unisa Klaviereksamens Vrydag, 24 Mei 2019 Buitemuurseprogam EINDIG Vrydag, 24 Mei 2019 Landloop: Wedloop 5 (Heathfield Primary School, Chadwin Rd, Heathfield) Vrydag, 24 Mei 2019 Gr.7-kamp keer terug Saterdag, 25 Mei 2019 SPORTDAG: FD Conradie & Goudini Saterdag, 25 Mei 2019 Moderne danse vanaf 16:00 Maandag, 27 Mei 2019 Gr.7 Eksamen begin Dinsdag, 28 Mei 2019 Gr.4 - 6 Eksamen begin Woensdag, 29 Mei 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies Vrydag, 31 Mei 2019 Charlene van Rooyen (Juffrou) verjaar Vrydag, 31 Mei 2019 Landloop: Wedloop 6 Saterdag, 1 Junie 2019 Veiling >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR NUUTSTE NUUS E-Games, 7 Junie 2019 Veiling 2019 Daar is nou net minder as twee weke oor om jou kaartjie vir die veiling te koop. Moenie hierdie lekker kuier aand...

Brendan Venter kom kuier by Jan van Riebeeck, 16 Mei

Ons is ongelooflik bevoorreg! Ons rugbyafrigters het op Donderdag, 16 Mei, die geleentheid gehad om by 'n kenner in die rugbywêreld te leer. Brendan Venter het Donderdag met ons afrigters 'n kort sessie na skool kom doen waar hy sy kennis en ervarings, met spanne soos Saracens, met hulle gedeel het. Hy het verskeie nuwe vaardighede gedeel en 'n hele paar kopskuiwe met ons afrigters gemaak deur hul nuwe benadering van hoe hulle rugby afrig. Van ons O/13 spelers het ook die middag bygewoon en verseker baie geleer. Baie dankie aan Brendan Venter en almal betrokke wat hierdie middag moontlik gemaak het. Ons hoop om in die toekoms nog sulke sessies te...

Trotse Jannie

Naam en van: Philip van Rooyen Graad: 2E Waar bly jy?: Oranjezicht Gunsteling vak: Ek is ‘n boekwurm wat ook hou daarvan om te teken en prenteboeke deur te blaai. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek kan Zulu, Xhosa, Afrikaans en Engels lees!

Woord van die week no.78

onderduims Definisie: skelm, agterbaks. Iemand wat sonder die medewete van ander, skelm te werk gaan. Sin: Die jong, onderduimse man het skelmpies die juwele in sy sak gesteek. Wenner: Albert Griesel (Gr.4F)

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor