Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 17 Mei 2019 Skaak: Vriendskaplik vs. St Cyprians

Vrydag, 17 Mei 2019 Redenaars semifinale rondes ATKV (R)

Vrydag, 17 Mei 2019 Landloop: Wedloop 4 (Fish Hoek Primary School, Upper Recreation Road, Fish Hoek)

Vrydag, 17 Mei 2019 Eisteddfod Solosang: 14:00-18:00 (Gr.6&7)

Saterdag, 18 Mei 2019 Eisteddfod Solosang: 09:00-10:00 (Gr.7)

Saterdag, 18 Mei 2019 Fondsinsameling: Barnyard Theatre (The Barnyard Theatre Willowbridge, 39 Carl Cronje Dr, Bellville Park)

Maandag, 20 Mei 2019 Anike Goliath (Assistent) verjaar

Maandag, 20 Mei 2019 Kitaarkonsert 18:30

Maandag, 20 Mei 2019 Netbal: Vriendskaplik vs. VRS O/13 (tuis)

Dinsdag, 21 Mei 2019 Musiekkonsert Gr.6&7 08:15

Woensdag, 22 Mei 2019 Gr.7-kamp Melkbosstrand

Woensdag, 22 Mei 2019 Netbal: Liga wedstryde (tuis)

Donderdag, 23 Mei 2019 Skaak: Vriendskaplik vs. Duitse Skool Gr 1 & 2

Donderdag, 23 Mei 2019 Unisa Klaviereksamens

Vrydag, 24 Mei 2019 Buitemuurseprogam EINDIG

Vrydag, 24 Mei 2019 Landloop: Wedloop 5 (Heathfield Primary School, Chadwin Rd, Heathfield)

Vrydag, 24 Mei 2019 Gr.7-kamp keer terug

Saterdag, 25 Mei 2019 SPORTDAG: FD Conradie & Goudini

Saterdag, 25 Mei 2019 Moderne danse vanaf 16:00

Maandag, 27 Mei 2019 Gr.7 Eksamen begin

Dinsdag, 28 Mei 2019 Gr.4 – 6 Eksamen begin

Woensdag, 29 Mei 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies

Vrydag, 31 Mei 2019 Charlene van Rooyen (Juffrou) verjaar

Vrydag, 31 Mei 2019 Landloop: Wedloop 6

Saterdag, 1 Junie 2019 Veiling

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

---

NUUTSTE NUUS

Daar is nou net minder as twee weke oor om jou kaartjie vir die veiling te koop. Moenie hierdie lekker kuier aand misloop nie. Kontak gerus vir Coreen Scholtz of Esna Boshoff – daar is nog plek beskikbaar. Kliek op die uitnodiging om ‘n groter weergawe daarvan te sien.

Vir meer inligting verwys gerus na verlede week se NUUSBRIEF.

Indien jy wel nie die veiling kan bywoon nie, kan jy steeds ‘n skenking tot die veiling maak.

Betaling van die kaartjies sowel as skenkings moet per EFT in die trust se rekening gedoen word:

Rekeningnaam: Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust

Bank: Investec

Rekening Nr: 10011436695

Tipe rekening: Tjek

Verwysing: Veiling/Naam en Van

Bewys van betaling moet asseblief aan coreen.scholtz@gmail.com of esnaboshoff@gmail.com gestuur word.

Enige verdere navrae kan aan Coreen Scholtz of Esna Boshoff (sien eposadresse hierbo) gerig word.

Die program wat ons vir twee weke op die proef gestel het, het goed gewerk. Die klasse het vir die kwartaal eers tot ‘n einde gekom, aangesien die hoërskooltutors vir hul eie eksamen moet voorberei. Ongelukkig is ons op hul privaattyd aangewese. Alle huiswerkklasse sal in kwartaal drie weer voortgaan.

WP Atletiek bied afrigtingsessies by Groenpunt vir enige belangstellende atlete aan. Atlete tussen die ouderdomme van 10-14 jaar kan die sessies bywoon.

Afrigting vir die volgende items word aangebied: naellope, hekkies, verspring, hoogspring, gewigstoot, diskus en spiesgooi.

Indien jy belangstel, volg die SKAKEL en voltooi die registrasievorm. Die eerste sessie is ongelukkig verby, maar daar is op 18 Mei weer ‘n sessie. Enige verdere navrae kan aan Ricardo Jaftha by 021 418 3232 of youth@wpathletics.co.za gerig word.

---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Baie geluk aan Lebu Salimani in Graad 6 wat Jannie van die week is. Dankie dat jy so fluks herwin. Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys.

In Suid-Afrika word heelwat meer items herwin as wat ons besef. Dit is te danke aan afval-optellers of ‘waste-pickers’. Hulle is mense wat letterlik op die rommelhope soek na herwinbare materiaal en dit versamel om later betaling daarvoor te kry.

Daar word geskat dat hierdie mense die munisipaliteite tot R750 miljoen per jaar spaar omdat die rommelhope nie meer so vining vol raak nie. Lees gerus die ARTIKEL.

Baie geluk aan Bernardo Oosthuizen in Gr.2 wat twee weke gelede Jannie van die week was. Geluk ook aan Lara Pieterse in Gr.5 wat verlede week ons Jannie was. Albei hierdie leerders herwin regdeur die jaar baie getrou – dankie julle! Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys.

Aandag almal wat by die depot herwin: Alle gladde karton moet asb. in die groen igloes vir papier gegooi word en nie by riffel karton nie.

Naam en van: Philip van Rooyen

Graad: 2E

Waar bly jy?: Oranjezicht

Gunsteling vak: Ek is ‘n boekwurm wat ook hou daarvan om te teken en prenteboeke deur te blaai.

Ek is ‘n trotse Jannie, want ek kan Zulu, Xhosa, Afrikaans en Engels lees!

Daniel Wiese en Stef Mostert van Hoërskool Jan van Riebeeck het WP-kleure behaal vir Tweekamp. Stef is die o/14 WP-kampioen en behaal ‘n 2de plek tydens die SA’s vir sy ouderdom. Daniel kom 2de in die o/17-afdeling!

Lydia-Mari Erasmus , ‘n graad 11-leerder aan Hoërskool Jan van Riebeeck, is gekies vir die o/17 WP-netbalspan. Sy maak ook deel uit van die span wat 17 en 18 Mei in Riversdal aan die Weskaapproewe gaan deelneem.

AKADEMIE

onderduims



Definisie: skelm, agterbaks. Iemand wat sonder die medewete van ander, skelm te werk gaan.

Sin: Die jong, onderduimse man het skelmpies die juwele in sy sak gesteek.

Wenner: Albert Griesel (Gr.4F)

Ons het ‘n dokument (Google Form) saamgestel om jou as ouer in te lig oor wat ons tans in die rekenaarklas doen. Aan die einde van die dokument is daar ‘n gedeelte waar jy as ouer kommentaar kan lewer of voorstelle kan maak. Lees asb. eers deur die dokument voordat jy die kommentaar gedeelte invul. Kliek HIER vir die vorm.

---

KULTUUR

Kitaarkonsert

Maandagaand, 20 Mei om 18:30. Alle kitaarleerders het briewe gekry. Almal is welkom. Toegang is R30.

Musiekkonsert Gr.6 en 7

Musiekleerders van Gr.6 en 7 hou op Dinsdagoggend 21 Mei om 8:15 ‘n konsert in die saal. Almal is welkom.

Die American Ballet Performance Awards vind plaas op Saterdag 25 Mei 2019 om 16:00 by JvR.

Kom ondersteun ons dansers asb., almal is welkom. Die beoordelaar is Tova Tsoubery van Spanje. Ons het in September weer ‘n Awards funksie in Kaapstad en dan tree ons Gr.1 tot Gr.10 dansers ook op. In 2020 het ons die PA in die Artscape.

JvR deelnemers op 25 Mei 2019:

Level 3 – Juliette Visser, Amelie Visser, Lara Basson, Emma Liebenberg

Level 5 – Jana Brink

Jana Brink het verlede jaar by ons Artscape optrede ‘n volle beurs ontvang om in Junie 2019 ‘n Summer School in New York by te woon. Haar ma, Linda, vergesel haar as huismoeder van die Summer School.

Besoek gerus die American Academy of Ballet se webtuiste om te sien watter wonderlike geleentheid dit is en in hoeveel lande PA reeds met sukses aangebied word.

SPORT

Ons is ongelooflik bevoorreg! Ons rugbyafrigters het op Donderdag, 16 Mei, die geleentheid gehad om by ‘n kenner in die rugbywêreld te leer. Brendan Venter het Donderdag met ons afrigters ‘n kort sessie na skool kom doen waar hy sy kennis en ervarings, met spanne soos Saracens, met hulle gedeel het. Hy het verskeie nuwe vaardighede gedeel en ‘n hele paar kopskuiwe met ons afrigters gemaak deur hul nuwe benadering van hoe hulle rugby afrig. Van ons O/13 spelers het ook die middag bygewoon en verseker baie geleer. Baie dankie aan Brendan Venter en almal betrokke wat hierdie middag moontlik gemaak het. Ons hoop om in die toekoms nog sulke sessies te hou.

Ons O/9 tot O/13 rugbyspanne het Woensdag, 15 Mei, vriendskaplike wedstryde teen Elkanah House se spanne gespeel. Dit het baie goed gegaan ons O/9 A span het ‘n astronomiese oorwinning behaal.

Die uitslae is soos volg:

O/9 A 70 – 0 (wen)

O/9 B 10 – 20 (verloor)

O/11 A 31 – 0 (wen)

O/13 A 21 – 0 (wen)

Baie geluk manne!

Ons netbalspanne het Maandag, 13 Mei, ligawedstryde teen Laerskool Wolraad Woltemade gespeel en al ons spanne het baie goed gevaar. Die uitslae vir die middag is soos volg:

O/9A 10-3 (wen)

O/9B 17-1 (wen)

O/10A 14-0 (wen)

O/11A 18-2 (wen)

O/12A 8-7 (wen)

O/13A 26-1 (wen)

Baie geluk aan al die spelers en afrigters!

Agt van ons O/7 Spelers het Saterdag, 11 Mei, aan die O/7 Fair Cape Toernooi by Durbanville Voorbereiding deelgeneem en teen C-spanne gespeel. Die uitslae vir die dag: Gene Louw C – gelykop Durbanville C – wen Brackenfell C -wen Baie dankie vir almal se ondersteuning, die kinders het elke oomblik geniet en het so baie geleer. Baie dankie aan Juffrou Liezel de Jager wat hulle vergesel het.

Ons atlete het Vrydag aan hul 2de wedloop van die seisoen deelgeneem. Dit het in Constantia plaasgevind. Ons atlete het baie goed gevaar as ‘n mens in gedagte hou dat daar gemiddeld 80 atlete per ouderdom vir seuns en dogters deelneem. Hier volg Vrydag, 10 Mei, se uitslae:

O/7: Nils le Roux – 3de (uitstekend!), Samuel Groenewald – 39ste, Ruben de Ridder – 48ste O/8: Jana Olivier – 1ste (fantasties!), Lili-Ann Blomerus – 27ste

O/9: Marais Groenewald – 31ste

O/12: Scarlett van der Merwe – 3de (uitstekend!), Ruben Vorster – 16de, Stephan le Roux – 67ste

Ons eerste skaaktoernooi vanjaar was by Curro Hermanus. Dit was van ons spelers se eerste skaaktoernooi. Hierdie toernooi het uit 3 rondtes bestaan en die spelers het elk teen tyd gespeel. Ons 6 spelers het 1 uit 3 rondtes gewen. Ons wil graag vir die volgende leerders bedank: Louis Bosman, Heino du Plooy, Melandi du Plooy, Gideon van Zyl, Heinke Punt en Dietz Punt.Baie dankie aan juf. Raché de Goede wat hulle vergesel het en baie dankie aan die ouers wat met die vervoer gehelp het !

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“Children are likely to live up to what you believe of them.”

– Lady Bird Johnson, Former First Lady of the United States

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209