Die buitemuurse program vir Gr.4 – 7 kom Saterdag, 25 Mei, tot ‘n einde vir die kwartaal. Leerders begin Maandag met eksamen. Ons het egter met ons buite-afrigters gereël om met die Gr.1 – 3 leerders wat belangstel, voort te gaan. Hierdie oefeninge is nie verpligtend nie en ouers sal spesiale reëlings moet tref indien hulle van busvervoer gebruik maak. Die bus vertrek steeds om 13:15.

Ons wil alle leerders wat kan, aanmoedig om die verskeie klinieke wat gedurende die vakansie aangebied word, by te woon. Ons sal meer inligting in die nuusbrief plaas oor die klinieke soos ons dit ontvang.

2019-Buitemuurse-program - 27 Mei - 7 Jun (1)