Horizon Wiskundekompetisie Prysuitdeling
Saterdagaand het 9 van ons leerders die Horizon prysuitdeling by die Artscape bygewoon. Dit was 'n gala funksie waar die top 170 leerders uitgenooi is. Die aantal leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het was 15 493 van 90 verskillende skole in die Wes-Kaap. Ons leerders het almal in die top 1% van die kompetisie geeïndig. Dit is 'n merkwaardige prestasie en iets waarop ons uiters trots kan wees. Hier volg die volledige uitslae: 119 - Alex Newton, graad 7 116 - Alet Hitge, graad 7 83 - Layla Erasmus, graad 7 80 - Anna van Biljon, graad 7 71 - Bernard Lombaard, graad 7 56 - Thornley Webber, graad 7 48 - Dawid Adler, graad 7 (Bronsmedalje) 21 - Jan Karsten, graad 5 (Bronsmedalje) 3 - Peet Karsten, graad 7 (Silwer medalje en wen 'n Samsung A20 selfoon) Die name was vanaf 170 afgelees tot die eerste plek. Dit het veroorsaak dat die spanning baie hoog geloop het. Ons het weereens bewys dat ons leerders met enige ander skool kan kompeteer. Baie geluk aan elke leerder wat so pragtig presteer het. Baie dankie aan mnr. Hanekom wat die leerders gehelp het met die voorbereiding asook die aand bygewoon...
Nuusbrief van 31 Mei 2019
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 31 Mei 2019 Charlene van Rooyen (Juffrou) verjaar Vrydag, 31 Mei 2019 Landloop: Wedloop 6 Saterdag, 1 Junie 2019 Veiling @ Kelvin Grove Hotel Sondag, 2 Junie 2019 Maricque Roos (Assistent) verjaar Maandag, 3 Junie 2019 Beheerraadvergadering uitgestel Donderdag, 6 Junie 2019 Gr.4-6 eksamen eindig Vrydag, 7 Junie 2019 JvR E-Games aand Vrydag, 7 Junie 2019 Gr.1 Akwarium uitstappie Vrydag, 7 Junie 2019 Gr.7 eksamen eindig Saterdag, 8 Junie 2019 Rugby: Toernooi 10's Rugbydag O/11 (Table View Primary School, Fairway Rd, Table View) Maandag, 10 Junie 2019 Sporttoer: O/13 Rugby- & Netbaltoer na Suid-Kaap Maandag, 10 Junie 2019 CBHS Students raise awareness for big cats Maandag, 10 Junie 2019 Beheerraadvergadering Dinsdag, 11 Junie 2019 Musiekkonsert: Gr.4&5 08:15 Woensdag, 12 Junie 2019 Storieskip 11:30 Donderdag, 13 Junie 2019 Gratis sivvies Donderdag, 13 Junie 2019 Markdag vanaf 11:45 - 12:30 Donderdag, 13 Junie 2019 Skool sluit 12:45 Gr.1 - 3, 13:00 Gr.4 - 7 Vrydag, 14 Junie 2019 Gratis sivvies Vrydag, 14 Junie 2019 Sporttoer: O/13 Rugby- Netbaltoer keer terug Vrydag, 14 Junie 2019 Matthews Kamanga (Terrein) verjaar Vrydag, 14 Junie 2019 Skool sluit om 10:30 >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Voorste ingang van die skool Die voorste hek word eers vanaf 07:00 beman. Leerders wat dus voor 07:00 by die voorste hek wil inkom, sal moet wag tot Phillip aan diens kom of anders van die agterste hek in Nuwe Kerkstraat gebruik maak, wat reeds vanaf 06:30 beman word. Leerders wat by die klein hekkie (aan die voorkant van die skool) inkom, moet dit...
Uitslae van Driehoekige Rugby- en Netbaldag, 25 Mei
Saterdag, 25 Mei, is ons met uitstekende weer en nog beter sport geseën.Baie dankie aan elke ouer, ouma, oupa, oom, tannie, afrigter, skeidsregter en speler wat saam as 'n span hierdie dag 'n sukses gemaak het. Ons spelers het pragtig gelyk en net so mooi gespeel. 'n Spesiale dankie aan elke persoon wat ons in die snoepie gehelp het met 'n diensbeurt. Die onderskeie spanne het baie goed gevaar teen Goudini en FD Conradie. Die netbaluitslae is soos volg: O/7A (wen) 10 - 1 FD Conradie, O/8A (verloor) FD Conradie, O/8B (wen) FD Conradie, O/8A (verloor) Goudini, O/9A (wen)13 - 1 FD Conradie, O/9A (wen) 15 - 0 Goudini, O/10A (wen)12 - 10 FD Conradie, O/10A (gelyk) 4 - 4 Goudini, O/11A (wen)14 - 9 FD Conradie, O/11A (wen) 15 - 9 Goudini, O/12A (verloor) 5 - 12 FD Conradie, O/12A (verloor)5 - 8 Goudini, O/13A (wen) 23 - 18 FD Conradie, O/13A (wen) 29 - 4 Goudini Die rugbyuitslae is soos volg: O/7A (wen) 25 -10 Goudini, O/7A (verloor) 5 - 20 FD Conradie, O/8A (verloor) 0 - 25 Goudini, O/8A (wen) 15 - 5 FD Conradie, O/9A (wen) 25 - 0 Goudini, O/9A (wen) 15 - 0 FD Conradie, O/11A (gelyk) 12 - 12 Goudini, O/11A (wen) 14 - 0 FD Conradi, O/13A (wen) 14 - 12 Goudini, O/13A (wen) 21 - 5 FD...
Bring & Raai 2019
Trotse Jannie
Naam en van: Ashlyn Alexander Graad: 3C Waar bly jy?: Tuine, Kaapstad Gunsteling vak: Ek hou daarvan om Engels te leer, want dan kan ek met my Engelse maats in hul eie taal praat. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek deel graag met maats wat nie het nie.
Vadersdag 2019
Ballet kompetisie
Vyf JvR dansers het deelgeneem en pragtig gevaar in die Amerikaanse "Performance Awards" Ballet kompetisie op Saterdag, 25 Mei. Dansers was netijes uitgevat in hul balletklere en -skoene met hul hare gebolla en geblom en hulle het hul beste voetjies voorgesit. Dankie aan almal wat die funksie ondersteun het. Tova Tsoubery van Israel was die beoordelaar en sy was baie beïndruk met die dansers. Uitslae: Lara Basson, Level 3, SILVER WITH DOUBLE DISTINCTION Emma Liebenberg, Level 3, SILVER WITH DOUBLE DISTINCTION Juliette Visser, Level 3, GOLD Amelie Visser, Level 3, GOLD Jana Brink, Level 5, GOLD Welgedaan ballerinas, ons is baie trots op julle. Ons sien uit na einde September 2019 wanneer Gr.1 tot Gr.11 optree. Volgende jaar, 2020 ,dans ons almal weer in Artscape, iets om na uit te...
Sente vir Snoete!
Die laaste week van ons insameling het aangebreek en ons is BAIE opgewonde oor die wonderlike reaksie van al ons Jannies! Die "Duct Tape" verkope lyk baie goed en ons wonder of mnr. Oosthuizen ooit weer van die muur gaan afkom??? Ons insameling van honde- en katkos is egter nog net 'n klein hopie. Bring asseblief enige kos, bedjies, komberse en leibande voor of op 7 Junie 2019. Dankie vir elkeen se bydrae tot nou...
Musiekkonsert Gr.4 en 5
Alle ouers en belangstellendes word uitgenooi na die musiekkonsert op Dinsdagoggend, 11 Junie om 08:15 in die saal. Musiekleerders van Gr.4 en 5 sal deelneem.
Cum Laude Wiskundekompetisie – Top 20 leerders in die Wes-Kaap
Netwerk 24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad het vir die eerste keer 'n landwye aanlyn-Wiskundekompetisie aangebied vir graad 6 en 7 leerders. Die kompetisie is slegs in Afrikaans aangebied. Dit is met trots dat ons kan sê ons het 4 graad 7 leerders wat in die top 20 in die Wes-Kaap is. Dit is die meeste leerders van een skool wat deurgedring het. Die 4 leerders neem Saterdag, 27 Julie, deel aan die finale rondte by Brackenfell Hoërskool. Elke leerder ontvang reeds 'n R1000 omdat hulle deur is na die finale rondte. Groot prysgeld is op die spel vir die leerders indien hulle in die top 3 eindig. Baie geluk aan Alet Hitge, Jana van Rooyen, Dawid Adler en Thornley Webber wat so pragtig presteer het. Dit is 'n uitmuntende prestasie. Ons wens vir julle alle sterkte toe vir die volgende...
Horizon-Wiskundekompetisie Prysuitdeling
Op 11 Mei het baie van ons Gr.5-7 leerders deelgeneem aan die tweede rondte van die Horizon-Wiskundekompetisie. Dit was die eerste keer wat die kompetisie in Afrikaans aangebied is. Ongelukkig was die vertaling van die vraestelle nie baie goed nie en al ons leerders kon ook nie die vraestel in Afrikaans aflê nie weens die feit dat daar te min vraestelle was. Ten spyte daarvan, het ons 9 leerders wat na die prysuitdeling uitgenooi is. Daar is slegs twee ander skole wat meer leerders as ons by die prysuitdeling het ! Daar was meer as 'n 100 000 leerders wat aan die eerste rondte van die kompetisie deelgeneem het. Leerders wat meer as 50% behaal in die eerste rondte ,kwalifiseer vir die tweede rondte. Daar is drie provinsies waar daar prysuitdelings aangebied word: Wes-Kaap, Kwazulu-Natal en Gauteng. Die top 170 leerders in elke provinsie word uitgenooi na die prysuitdeling. Nie een van die leerders weet waar hulle geeïndig het nie en vind eers die aand uit. Baie geluk aan die volgende leerders wat reeds fantasties presteer het en uitgenooi is: Alexander Newton, Layla Erasmus, Anna van Biljon, Alet Hitge, Dawid Adler, Peet Karsten, Jan Karsten, Thornley Webber en Bernard Lombaard. Die prysuitdeling vind eerskomende Saterdagaand by die Artscape plaas. Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het en deur is na die prysuitdeling. Julle maak ons...
Liewe Aarde
Baie geluk aan die Jannie van die week, Lida-Mari Bosman in Graad 3. Dankie dat jy so getrou herwin. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Tanzanië verban vanaf 1 Junie alle plastieksakke. Kliek HIER vir meer inligting.
Landloop wedloopuitslae van 24 Mei
Ons atlete het Vrydag, 24 Mei, aan 'n wedloop in Heathfield deelgeneem. Hier volg die uitslae: O/7: *Nils le Roux - 18de (het saam met die O/8's gehardloop, maar met 'n vinniger tyd as O/7's) O/8: *Jana Olivier - 2de; Lili Ann Blomerus - 21ste; Willem Vorster - 41ste O/9: Marais Groenewald - 21ste; Samuel Wolff - 63ste O/12: *Scarlett van der Merwe - 3de; Stephan le Roux - 43ste Baie geluk aan...
Geheime Veiling 2019
Nuusbrief van 24 Mei 2019
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 24 Mei 2019 Buitemuurseprogam EINDIG Vrydag, 24 Mei 2019 Landloop: Wedloop 5 (Heathfield Primary School, Chadwin Rd, Heathfield) Saterdag, 25 Mei 2019 SPORTDAG: FD Conradie & Goudini Saterdag, 25 Mei 2019 Moderne danse vanaf 16:00 Maandag, 27 Mei 2019 Gr.7 Eksamen begin Dinsdag, 28 Mei 2019 Gr.4 - 6 Eksamen begin Woensdag, 29 Mei 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies Vrydag, 31 Mei 2019 Charlene van Rooyen (Juffrou) verjaar Vrydag, 31 Mei 2019 Landloop: Wedloop 6 Vrydag, 31 Mei 2019 Sivvies Saterdag, 1 Junie 2019 LJvR Veiling @ Kelvin Grove Hotel Maandag, 3 Junie 2019 Beheerraadvergadering Donderdag, 6 Junie 2019 Gr.4-6 eksamen eindig Vrydag, 7 Junie 2019 JvR E-Games aand Vrydag, 7 Junie 2019 Eksamen eindig Vrydag, 7 Junie 2019 Gr.1 Akwarium uitstappie >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Sportdag: Saterdag 25 Mei Ons hoop om sommer baie ouers en leerders by ons sportdag te sien! Al die netbalwedstryde vind op ons skool se bane plaas en al die rugbywedstryde sal op die hoërskool se velde geskied. Volgens die weervoorspelling gaan dit 'n pragtige dag wees. Die belangrikste is dat al die spelers die wedstryde moet geniet en dat ellkeen net sy of haar beste moet gee. Eksamen Die eksamen vir Gr.4 tot 7 begin eerskomende Dinsdag. Ons herinner almal dat die skool vanaf Maandag 28 Mei om 13:00 sal sluit vir alle Gr.1 tot 3 leerders en om 13:15 vir Gr.4 tot 7 leerders. Die bus sal om 13:20 vertrek vir al ons leerders wat van busvervoer gebruik maak. Ons glo dat al ons...
Belangrike Datums
augustus 2026