Op 11 Mei het baie van ons Gr.5-7 leerders deelgeneem aan die tweede rondte van die Horizon-Wiskundekompetisie. Dit was die eerste keer wat die kompetisie in Afrikaans aangebied is. Ongelukkig was die vertaling van die vraestelle nie baie goed nie en al ons leerders kon ook nie die vraestel in Afrikaans aflê nie weens die feit dat daar te min vraestelle was. Ten spyte daarvan, het ons 9 leerders wat na die prysuitdeling uitgenooi is. Daar is slegs twee ander skole wat meer leerders as ons by die prysuitdeling het !

Daar was meer as ‘n 100 000 leerders wat aan die eerste rondte van die kompetisie deelgeneem het. Leerders wat meer as 50% behaal in die eerste rondte ,kwalifiseer vir die tweede rondte. Daar is drie provinsies waar daar prysuitdelings aangebied word: Wes-Kaap, Kwazulu-Natal en Gauteng. Die top 170 leerders in elke provinsie word uitgenooi na die prysuitdeling. Nie een van die leerders weet waar hulle geeïndig het nie en vind eers die aand uit.

Baie geluk aan die volgende leerders wat reeds fantasties presteer het en uitgenooi is: Alexander Newton, Layla Erasmus, Anna van Biljon, Alet Hitge, Dawid Adler, Peet Karsten, Jan Karsten, Thornley Webber en Bernard Lombaard. Die prysuitdeling vind eerskomende Saterdagaand by die Artscape plaas. Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het en deur is na die prysuitdeling. Julle maak ons trots!