Saterdagaand het 9 van ons leerders die Horizon prysuitdeling by die Artscape bygewoon. Dit was ‘n gala funksie waar die top 170 leerders uitgenooi is. Die aantal leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het was 15 493 van 90 verskillende skole in die Wes-Kaap. Ons leerders het almal in die top 1% van die kompetisie geeïndig. Dit is ‘n merkwaardige prestasie en iets waarop ons uiters trots kan wees.

Hier volg die volledige uitslae:
119 – Alex Newton, graad 7
116 – Alet Hitge, graad 7
83 – Layla Erasmus, graad 7
80 – Anna van Biljon, graad 7
71 – Bernard Lombaard, graad 7
56 – Thornley Webber, graad 7
48 – Dawid Adler, graad 7 (Bronsmedalje)
21 – Jan Karsten, graad 5 (Bronsmedalje)
3 – Peet Karsten, graad 7 (Silwer medalje en wen ‘n Samsung A20 selfoon)

Die name was vanaf 170 afgelees tot die eerste plek. Dit het veroorsaak dat die spanning baie hoog geloop het. Ons het weereens bewys dat ons leerders met enige ander skool kan kompeteer. Baie geluk aan elke leerder wat so pragtig presteer het. Baie dankie aan mnr. Hanekom wat die leerders gehelp het met die voorbereiding asook die aand bygewoon het.