Netwerk 24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad het vir die eerste keer ‘n landwye aanlyn-Wiskundekompetisie aangebied vir graad 6 en 7 leerders. Die kompetisie is slegs in Afrikaans aangebied. Dit is met trots dat ons kan sê ons het 4 graad 7 leerders wat in die top 20 in die Wes-Kaap is. Dit is die meeste leerders van een skool wat deurgedring het. Die 4 leerders neem Saterdag, 27 Julie, deel aan die finale rondte by Brackenfell Hoërskool. Elke leerder ontvang reeds ‘n R1000 omdat hulle deur is na die finale rondte. Groot prysgeld is op die spel vir die leerders indien hulle in die top 3 eindig. Baie geluk aan Alet Hitge, Jana van Rooyen, Dawid Adler en Thornley Webber wat so pragtig presteer het. Dit is ‘n uitmuntende prestasie. Ons wens vir julle alle sterkte toe vir die volgende rondte.