Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 24 Mei 2019 Buitemuurseprogam EINDIG

Vrydag, 24 Mei 2019 Landloop: Wedloop 5 (Heathfield Primary School, Chadwin Rd, Heathfield)

Saterdag, 25 Mei 2019 SPORTDAG: FD Conradie & Goudini

Saterdag, 25 Mei 2019 Moderne danse vanaf 16:00

Maandag, 27 Mei 2019 Gr.7 Eksamen begin

Dinsdag, 28 Mei 2019 Gr.4 – 6 Eksamen begin

Woensdag, 29 Mei 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies

Vrydag, 31 Mei 2019 Charlene van Rooyen (Juffrou) verjaar

Vrydag, 31 Mei 2019 Landloop: Wedloop 6

Vrydag, 31 Mei 2019 Sivvies

Saterdag, 1 Junie 2019 LJvR Veiling @ Kelvin Grove Hotel

Maandag, 3 Junie 2019 Beheerraadvergadering

Donderdag, 6 Junie 2019 Gr.4-6 eksamen eindig

Vrydag, 7 Junie 2019 JvR E-Games aand

Vrydag, 7 Junie 2019 Eksamen eindig

Vrydag, 7 Junie 2019 Gr.1 Akwarium uitstappie

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR



Sportdag: Saterdag 25 Mei

Ons hoop om sommer baie ouers en leerders by ons sportdag te sien! Al die netbalwedstryde vind op ons skool se bane plaas en al die rugbywedstryde sal op die hoërskool se velde geskied. Volgens die weervoorspelling gaan dit ‘n pragtige dag wees. Die belangrikste is dat al die spelers die wedstryde moet geniet en dat ellkeen net sy of haar beste moet gee.

Eksamen

Die eksamen vir Gr.4 tot 7 begin eerskomende Dinsdag. Ons herinner almal dat die skool vanaf Maandag 28 Mei om 13:00 sal sluit vir alle Gr.1 tot 3 leerders en om 13:15 vir Gr.4 tot 7 leerders. Die bus sal om 13:20 vertrek vir al ons leerders wat van busvervoer gebruik maak. Ons glo dat al ons leerders goed voorbereid is en dat al hulle skryfbehoeftes in plek is!

---

NUUTSTE NUUS

Die buitemuurse program vir Gr.4 – 7 kom Saterdag, 25 Mei, tot ‘n einde vir die kwartaal. Leerders begin Maandag met eksamen. Ons het egter met ons buite-afrigters gereël om met die Gr.1 – 3 leerders wat belangstel, voort te gaan. Hierdie oefeninge is nie verpligtend nie en ouers sal spesiale reëlings moet tref indien hulle van busvervoer gebruik maak. Die bus vertrek steeds om 13:15.

Ons wil alle leerders wat kan, aanmoedig om die verskeie klinieke wat gedurende die vakansie aangebied word, by te woon. Ons sal meer inligting in die nuusbrief plaas oor die klinieke soos ons dit ontvang.


---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Kaartjieverkope sluit Dinsdag, 28 Mei. Kontak gerus vir Coreen Scholtz of Esna Boshoff. Kliek op die kaartjie om ‘n groter weergawe daarvan te sien.

Indien jy wel nie die veiling kan bywoon nie, kan jy steeds ‘n skenking tot die veiling maak.

Betaling van die kaartjies sowel as skenkings moet per EFT in die trust se rekening gedoen word:

Rekeningnaam: Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust

Bank: Investec

Rekening Nr: 10011436695

Tipe rekening: Tjek

Verwysing: Veiling/Naam en Van

Bewys van betaling moet asseblief aan coreen.scholtz@gmail.com of esnaboshoff@gmail.com gestuur word.

AKADEMIE

---

KULTUUR

Baie geluk aan ons leerders wat uitstekend presteer het by die Sang Eisteddfod. Ons is trots op julle.

Daniella Boshoff 7 jr 92 & 98, Sofia Newton 8jr 98 & 98, Chrystal Conradie 8jr 87 & 92, Kerala Allewell 8 jr 88 & 94, Elsabe Scholtz 9jr 88 & 90, Stella Boje 9 jr 88 & 93, Emka van Wyk 9 jr 85 & 88, Cara Swanepoel 9 jr 88 & 90, Heloïse Strauss 10 jr 86 & 90, Mieke Hertzog 10 jr 80 & 91, Mia Symington 10 jr 85 & 92, Lara Pieterse 10 jr 90 & 93, Chloe Schmidt 10 jr 90 & 88, Isabella Pretorius 10 jr 82 & 85, Emma Liebenberg 10 jr 90 & 88, Zerchelle Faes 88 & 90, Sebastian Boshoff 91 & 94, Daniella Coetzee 88, Jacomien van der Westhuizen 88 & 92 en Jana van Rooyen 88 & 90.

SPORT

Laerskool Milnerton het Woensdag, 22 Mei, met hul spanne by ons kom kuier. Hulle is twee ligas laer as ons ingeskryf en het gevra om teen ons B-spanne te speel. Hierdie wedstryde se uitslae tel nie vir die ligapunte aan die einde van die seisoen nie. Die uitslae is soos volg:

O/9 B 6 – 0 (wen) vs. Milnerton A

O/10 B 3 -13 (verloor) vs. Milnerton A

O/11 B 3 – 3 (gelyk) vs. Milnerton A

O/12 B 5 -12 (verloor) vs. Melnerton A

Dankie vir al ons spelers en afrigters vir ‘n lekker middag.

Van ons O/7, O/8 en O/9 rugbyspelers het Woensdag, 22 Mei, saam met hul afrigters by Laerskool Kenridge gaan kuier en van hul spanne aangevat. Ons het teen hul A en C spanne gespeel. Kenridge is ‘n skool met meer as 1000 leerders en ons was baie op ons senuwees vir hierdie middag, maar die Jannies is nie bang nie en ons het hulle vierkantig in die oë gekyk. Ons spelers het gewys waarvan hulle gemaak is en die uitslae is soos volg:

O/7 B 8 – 4 (wen) vs. Kenridge C

O/7 A 0 – 5 (verloor) vs. Kenridge A

O/8 B 5 – 2 (wen) vs. Kenridge C

O/8 A 0 – 2 (verloor) vs. Kenridge A

O/9 B 4 – 1 (wen) vs. Kenridge C

O/9 A 0 – 7 (verloor) vs. Kenridge A

Ons is baie trots op ons spelers en sê baie dankie vir ons afrigters, juf Smook, mnr. Pieterse, Coach Mure en Coach Shaun vir hul ondersteuning en tyd.

Jan Karsten, Petrus Bosman en Louis Bosman was die afgelope naweek in Mosselbaai vir die Wes-Kaap Skole Individuele skaakkampioenskappe. Hulle het al drie die WP-span (deesdae die Metro-span), verteenwoordig. Die onderskeie streke WP (Metro), Boland, Weskus, Eden en Overberg se spanne het deelgeneem. Dis ongeveer 80 spelers per ouderdomsgroep.

Louis het vir O/9 seuns deelgeneem en met 4/6 punte het hy 11de geeindig. Petrus het vir O/11 seuns deelgeneem en het 4.5/5 punte gekry. Hy was siek en moes een rondte onttrek. Hy het nog steeds 12de geeindig. Ons het ongelukkig nie Jan se punte nie. Baie geluk aan al hierdie spelers. Ons wens vir hulle alle sterkte toe vir die pad vorentoe.

Ons het laas Vrydag, 17 Mei, ‘n vriendskaplike wedstryd teen St. Cyprians gespeel. Die graad 4 en 5 leerders het die geleentheid aangegryp en dit was ‘n wonderlike leerproses. Elke Jannie wat gespeel het, het hulle beste gegee. Mooi so Jannies!

Ons landloopatlete het Vrydag, 17 Mei, in Vishoek aan hul 3de wedloop deelgneem. Die uitslae is soos volg:

O/7:*Nils le Roux – 3de, Samuel Groenewald – 25ste, Ruben de Ridder – 32ste

O/8:* Jana Olivier – 8ste, Lili-Ann Blomerus – 19de, Delmar Benecke – 11de, Willem Vorster – 37ste

O/9: Marais Groenewald – 11de

O/10: Markus de Ridder – 64ste, Lea de Ridder – 81ste

O/12:* Scarlett van der Merwe – 3de

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“Afrikaners, landgenote

roer julle alies, lig julle pote

Jul’t ‘n taal wat goed vir praat is

Praat hom nou voor dit te laat is.”

(Philip de Vos)

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209