Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 31 Mei 2019 Charlene van Rooyen (Juffrou) verjaar

Vrydag, 31 Mei 2019 Landloop: Wedloop 6

Saterdag, 1 Junie 2019 Veiling @ Kelvin Grove Hotel

Sondag, 2 Junie 2019 Maricque Roos (Assistent) verjaar

Maandag, 3 Junie 2019 Beheerraadvergadering uitgestel

Donderdag, 6 Junie 2019 Gr.4-6 eksamen eindig

Vrydag, 7 Junie 2019 JvR E-Games aand

Vrydag, 7 Junie 2019 Gr.1 Akwarium uitstappie

Vrydag, 7 Junie 2019 Gr.7 eksamen eindig

Saterdag, 8 Junie 2019 Rugby: Toernooi 10’s Rugbydag O/11 (Table View Primary School, Fairway Rd, Table View)

Maandag, 10 Junie 2019 Sporttoer: O/13 Rugby- & Netbaltoer na Suid-Kaap

Maandag, 10 Junie 2019 CBHS Students raise awareness for big cats

Maandag, 10 Junie 2019 Beheerraadvergadering

Dinsdag, 11 Junie 2019 Musiekkonsert: Gr.4&5 08:15

Woensdag, 12 Junie 2019 Storieskip 11:30

Donderdag, 13 Junie 2019 Gratis sivvies

Donderdag, 13 Junie 2019 Markdag vanaf 11:45 – 12:30

Donderdag, 13 Junie 2019 Skool sluit 12:45 Gr.1 – 3, 13:00 Gr.4 – 7

Vrydag, 14 Junie 2019 Gratis sivvies

Vrydag, 14 Junie 2019 Sporttoer: O/13 Rugby- Netbaltoer keer terug

Vrydag, 14 Junie 2019 Matthews Kamanga (Terrein) verjaar

Vrydag, 14 Junie 2019 Skool sluit om 10:30

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR



Voorste ingang van die skool

Die voorste hek word eers vanaf 07:00 beman. Leerders wat dus voor 07:00 by die voorste hek wil inkom, sal moet wag tot Phillip aan diens kom of anders van die agterste hek in Nuwe Kerkstraat gebruik maak, wat reeds vanaf 06:30 beman word. Leerders wat by die klein hekkie (aan die voorkant van die skool) inkom, moet dit asseblief toemaak as hulle in- of uitgaan.

---

NUUTSTE NUUS

Almal kan deelneem! Kliek HIER vir die brosjure.

 

Alle ouers en belangstellendes word uitgenooi na die musiekkonsert op Dinsdagoggend, 11 Junie om 08:15 in die saal. Musiekleerders van Gr.4 en 5 sal deelneem.

Die laaste week van ons insameling het aangebreek en ons is BAIE opgewonde oor die wonderlike reaksie van al ons Jannies! Die “Duct Tape” verkope lyk baie goed en ons wonder of mnr. Oosthuizen ooit weer van die muur gaan afkom???

Ons insameling van honde- en katkos is egter nog net ‘n klein hopie. Bring asseblief enige kos, bedjies, komberse en leibande voor of op 7 Junie 2019. Dankie vir elkeen se bydrae tot nou toe.

---

VERDERE NUUS

AKADEMIE

Netwerk 24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad het vir die eerste keer ‘n landwye aanlyn-Wiskundekompetisie aangebied vir graad 6 en 7 leerders. Die kompetisie is slegs in Afrikaans aangebied. Dit is met trots dat ons kan sê ons het 4 graad 7 leerders wat in die top 20 in die Wes-Kaap is. Dit is die meeste leerders van een skool wat deurgedring het. Die 4 leerders neem Saterdag, 27 Julie, deel aan die finale rondte by Brackenfell Hoërskool. Elke leerder ontvang reeds ‘n R1000 omdat hulle deur is na die finale rondte. Groot prysgeld is op die spel vir die leerders indien hulle in die top 3 eindig. Baie geluk aan Alet Hitge, Jana van Rooyen, Dawid Adler en Thornley Webber wat so pragtig presteer het. Dit is ‘n uitmuntende prestasie. Ons wens vir julle alle sterkte toe vir die volgende rondte.

Op 11 Mei het baie van ons Gr.5-7 leerders deelgeneem aan die tweede rondte van die Horizon-Wiskundekompetisie. Dit was die eerste keer wat die kompetisie in Afrikaans aangebied is. Ongelukkig was die vertaling van die vraestelle nie baie goed nie en al ons leerders kon ook nie die vraestel in Afrikaans aflê nie weens die feit dat daar te min vraestelle was. Ten spyte daarvan, het ons 9 leerders wat na die prysuitdeling uitgenooi is. Daar is slegs twee ander skole wat meer leerders as ons by die prysuitdeling het !

Daar was meer as ‘n 100 000 leerders wat aan die eerste rondte van die kompetisie deelgeneem het. Leerders wat meer as 50% behaal in die eerste rondte ,kwalifiseer vir die tweede rondte. Daar is drie provinsies waar daar prysuitdelings aangebied word: Wes-Kaap, Kwazulu-Natal en Gauteng. Die top 170 leerders in elke provinsie word uitgenooi na die prysuitdeling. Nie een van die leerders weet waar hulle geeïndig het nie en vind eers die aand uit.

Baie geluk aan die volgende leerders wat reeds fantasties presteer het en uitgenooi is: Alexander Newton, Layla Erasmus, Anna van Biljon, Alet Hitge, Dawid Adler, Peet Karsten, Jan Karsten, Thornley Webber en Bernard Lombaard. Die prysuitdeling vind eerskomende Saterdagaand by die Artscape plaas. Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het en deur is na die prysuitdeling. Julle maak ons trots!

---

ALGEMEEN

Naam en van: Ashlyn Alexander

Graad: 3C

Waar bly jy?: Tuine, Kaapstad

Gunsteling vak: Ek hou daarvan om Engels te leer, want dan kan ek met my Engelse maats in hul eie taal praat.

Ek is ‘n trotse Jannie, want ek deel graag met maats wat nie het nie.

Baie geluk aan die Jannie van die week, Lida-Mari Bosman in Graad 3. Dankie dat jy so getrou herwin. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Tanzanië verban vanaf 1 Junie alle plastieksakke. Kliek HIER vir meer inligting.

Hoërskool Jan van Riebeeck se leerders vaar weer uitstekend in Wiskunde! Ons hoofseun en Wiskunde-boffin, Emil van der Walt (regs), is pas weer, vir die derde jaar in ‘n ry, opgeneem in die nasionale span van ses wat in Julie in Engeland aan die Internasionale Wiskunde Olimpiade gaan deelneem.

Hy en Gerhard Joubert (links) is ook albei in die finale ronde van die UCT en Die Burger se Wiskunde olimpiades. Dis wonderlike prestasies vir beide leerders.

KULTUUR

Vyf JvR dansers het deelgeneem en pragtig gevaar in die Amerikaanse “Performance Awards” Ballet kompetisie op Saterdag, 25 Mei. Dansers was netijes uitgevat in hul balletklere en -skoene met hul hare gebolla en geblom en hulle het hul beste voetjies voorgesit. Dankie aan almal wat die funksie ondersteun het. Tova Tsoubery van Israel was die beoordelaar en sy was baie beïndruk met die dansers.

Uitslae:

Lara Basson, Level 3, SILVER WITH DOUBLE DISTINCTION

Emma Liebenberg, Level 3, SILVER WITH DOUBLE DISTINCTION

Juliette Visser, Level 3, GOLD

Amelie Visser, Level 3, GOLD

Jana Brink, Level 5, GOLD

Welgedaan ballerinas, ons is baie trots op julle. Ons sien uit na einde September 2019 wanneer Gr.1 tot Gr.11 optree. Volgende jaar, 2020 ,dans ons almal weer in Artscape, iets om na uit te sien!

SPORT

Saterdag, 25 Mei, is ons met uitstekende weer en nog beter sport geseën.Baie dankie aan elke ouer, ouma, oupa, oom, tannie, afrigter, skeidsregter en speler wat saam as ‘n span hierdie dag ‘n sukses gemaak het. Ons spelers het pragtig gelyk en net so mooi gespeel. ‘n Spesiale dankie aan elke persoon wat ons in die snoepie gehelp het met ‘n diensbeurt. Die onderskeie spanne het baie goed gevaar teen Goudini en FD Conradie.

Die netbaluitslae is soos volg:

O/7A (wen) 10 – 1 FD Conradie, O/8A (verloor) FD Conradie, O/8B (wen) FD Conradie, O/8A (verloor) Goudini, O/9A (wen)13 – 1 FD Conradie, O/9A (wen) 15 – 0 Goudini, O/10A (wen)12 – 10 FD Conradie, O/10A (gelyk) 4 – 4 Goudini, O/11A (wen)14 – 9 FD Conradie, O/11A (wen) 15 – 9 Goudini, O/12A (verloor) 5 – 12 FD Conradie, O/12A (verloor)5 – 8 Goudini, O/13A (wen) 23 – 18 FD Conradie, O/13A (wen) 29 – 4 Goudini

Die rugbyuitslae is soos volg:

O/7A (wen) 25 -10 Goudini, O/7A (verloor) 5 – 20 FD Conradie, O/8A (verloor) 0 – 25 Goudini, O/8A (wen) 15 – 5 FD Conradie, O/9A (wen) 25 – 0 Goudini, O/9A (wen) 15 – 0 FD Conradie, O/11A (gelyk) 12 – 12 Goudini, O/11A (wen) 14 – 0 FD Conradi, O/13A (wen) 14 – 12 Goudini, O/13A (wen) 21 – 5 FD Conradie

Ons atlete het Vrydag, 24 Mei, aan ‘n wedloop in Heathfield deelgeneem. Hier volg die uitslae:

O/7: *Nils le Roux – 18de (het saam met die O/8’s gehardloop, maar met ‘n vinniger tyd as O/7’s)

O/8: *Jana Olivier – 2de; Lili Ann Blomerus – 21ste; Willem Vorster – 41ste

O/9: Marais Groenewald – 21ste; Samuel Wolff – 63ste

O/12: *Scarlett van der Merwe – 3de; Stephan le Roux – 43ste

Baie geluk aan almal!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“Die teenspoed sif die vriende uit wat die voorspoed geoes het.”

– C.J. Langenhoven

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209