isiXhosa: week 13
Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde (Let wel - appel moet wees iapile en aartappel moet wees itapile):
Trotse Jannie
Naam en van: Adian Sprout Graad: 4vdW Waar woon jy?: Ek woon saam met my ouma en sussie naby die stadion in Groenpunt. Gunsteling vak: Ek hou baie van Wiskunde en Kuns. Wiskunde maak my slim vir die lewe omdat ek dit oral en elke dag kan gebruik. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek hou baie van sport, ek kan vinnig hardloop en ek is baie bly dat my nuwe skool ‘n swembad...
Kooroptrede Milnerton
Albei ons kore neem op 21 Augustus deel aan die Weskus Koorfees. Dit vind by Woodbridge Primary School in Milnerton plaas. Koorlede sal inligting oor die aand kry. Kaartjies is van môre (Vrydag) af op die Karri app te koop teen R50 pp. Ons skool het net 'n beperkte aantal kaartjies, so bespreek...
Liewe Aarde
Baie geluk aan ons Jannies van die week, John Gilmer (Graad 3S) en Sadie Gilmer (Graad 1K). Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Herwinningswenk: "Die Wes-Kaapse regering gaan alle organiese afval teen 2027 verban”. Wanneer organiese afval in ons rommel afbreek, word kweekhuisgasse vrygestel. Dit dra by tot aardverwarming. Dis belangrik dat ons die organiese afval in ons vullisdromme verminder: begin 'n komposhoop vir alle organiese afval soos vrugte- en groenteskille, teesakkies en eierdoppe. Fyn geskeurde koerantpapier en tuinafval soos blare en grassnysels kan hierby ingemeng word. Stad Kaapstad het 'n program waar inwoners gratis komposdromme kan kry - kliek HIER vir die skakel na hul blad. In woonstelle kan ‘n Bokashi-blik hiervoor gebruik word, of 'n Yolo...
Hoërskoolnuus
Lené Vorster, ‘n graad 9-leerder aan Hoërskool Jan van Riebeeck, is aangewys as die nasionale wenner van die Taalbond se Tweetaligheidseksamen in die junior afdeling. Dit is werklik ‘n besonderse prestasie! Sy volg in die voetspore van Theodore Pauw (matriek 2018) wat in 2018 die senior afdeling gewen het. Hulle is natuurlik albei oud-leerders van ons...
Solosang medaljes
Baie geluk aan die volgende 2 leerders wat medaljes by die Eisteddfod verower het vir solosang. Hulle sal dit later die jaar ontvang: Sofia Newton: Sang: Dogters 8 jaar EN Sang Afrikaanse woorde Sebastian Boshoff: Seuns 11 jaar Ons is baie trots op julle!
Nuusbrief van 26 Julie 2019
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 26 Julie 2019 Landloop: Circuit Champs (Sun Valley Primary School, Brigantine Ave, Sun Valley) Saterdag, 27 Julie 2019 Eisteddfod Blokfluit Maandag, 29 Julie 2019 Beheerraadvergadering Dinsdag, 30 Julie 2019 Hannes Muller (Terreinbestuurder) verjaar Woensdag, 31 Julie 2019 Netbal: Liga vs. Edgemead (Weg) (Edgemead Primary School, Denison Way, Edgemead) Woensdag, 31 Julie 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies Woensdag, 31 Julie 2019 Rugby: Liga vs. Prestwich (Tuis) (Conradieveld) Donderdag, 1 Augustus 2019 Koorfees @ Hoërskool Jan van Riebeeck Vrydag, 2 Augustus 2019 Skaak: Ligawedstryde vs. Observatory Vrydag, 2 Augustus 2019 Toets: Gr.4 - 7 Wiskunde Vrydag, 2 Augustus 2019 Landloop: Zonal Champs (The Club House at Claremont Cricket Club, Constantia Sports Complex, Constantia Main Rd, Constantia) Saterdag, 3 Augustus 2019 Netbal: Kenridge Ontwikkelingstoernooi O/10 & O/11, WEG Saterdag, 3 Augustus 2019 Sporttoernooi: Curro Hermanus sportfees, WEG Saterdag, 3 Augustus 2019 Eisteddfod Klavier Woensdag, 7 Augustus 2019 Rugby: Liga vs. Sunningdale (WEG) (Sunningdale Primary School, Sunningdale Dr & Tryall Road, Sunningdale) Woensdag, 7 Augustus 2019 Netbal: Liga Curro Durbanville (Laerskool Jan Van Riebeeck, 52 Kloof St, CBD, Cape Town, 8000, South Africa) Donderdag, 8 Augustus 2019 Wiskunde Kamp Vrydag, 9 Augustus 2019 Nasionale Vrouedag Vrydag, 9 Augustus 2019 Vakansiedag Vrydag, 9 Augustus 2019 Wiskunde Kamp Regstelling: Deon Pieterse se verjaarsdagdatum was verkeerd op die kalender. Hy verjaar NIE die 27ste Julie nie. >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Op- en aflaai van leerders: Daar is steeds ouers of persone wat op verkeerde plekke die leerders op- en aflaai en daar is persone wat soms op die bus...
Wedloopuitslae van 19 Julie
Ons atlete het Vrydag, 19 Julie, in yskoue weer by Laerskool Zwaanswyk aan 'n landloopwedloop deelgeneem. Hier volg die uitslae: o/7: Samuel Groenewald-19de; Nicolas Marais-29ste o/8: Delmar Benecke-5de; Jana Olivier-7de; Lili Ann Blomerus-10de o/9: Marais Groenewald-18de; Andre Marais-??; Samuel Wolff- 39ste o/11: Leah Maritz-42ste o/12: *Scarlett van der Merwe-2de....uitstekend Scarlett...
Rugbywedstryde vs. Milnerton, 24 Julie
Ons O/11 en O/13 rugbyspanne het Woensdag, 24 Julie, teen Laerskool Milnerton op die Conradieveld gespeel. Die weer het mooi saamgespeel vir die O/11 wedstryd, maar die O/13 span het omtrent geswem. Die manne en afrigters het nie vir die water geskrik nie en pragtige rugby gespeel. Die uitslae: O/11 A 34 - 0 (wen) vs. Milnerton O/13 A 42-10 (wen) vs. Milnerton A Ons moes ongelukkig die O/7 tot O/9 wedstryde uitstel omdat hulle (Minerton) veld nie die water genoeg dreineer het nie. Ons sal binnekort 'n nuwe datum vir ouers...
isiXhosa kompetisie
isiXhosa: week 12
Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:
Distrik Skole Skaaktoernooi, 20 Julie
Ons O/13 gemengde skaakspan het op Saterdag, 20 Julie, aan die Distrik uitspeel rondte vir skole deelgeneem en het deurgedring na die Wes-Kaap rondte wat oor die naweek van 31 Aug - 2 Sep gaan plaasvind. Baie geluk aan die volgende leerders wat die skool verteenwoordig het: Bernard Lombaard Petrus Bosman Jan Karsten Liezel Snijders Carla Snijders Keegan Schoeman Daniel...
Netbaluitslae vs. Table View, 24 Julie
Ons netbalspanne het Woensdag, 24 Julie, teen Laerskool Table View wedstryde gespeel. Die reën het mooi gewag dat ons klaar speel. Die uitslae is soos volg: O/9 A 4 - 2 (wen) vs. Table View O/9 B (verloor) vs. Table B O/10 A 4 - 3 (wen) Table View A O/10 B 4 - 8 (verloor) vs. Table View B O/11 A 16 - 2 (wen) vs. Table View A O/11 B 5 - 1 (wen) vs. Table View B O/12 A 0 - 18 (verloor) vs. Table View B O/12 B 0 - 9 (verloor) vs. Table View B O/13 A 21 - 11 (wen) vs. Table View A O/13 B 5 - 6 (verloor) vs. Table View...
Uitslae van Fanie Theron Mini-Toernooi, 20 Julie
Ons O/7 tot O/9 rugby- en netbalspanne het op Saterdag, 20 Julie, aan Fanie Theron se Mini-Sporttoernooi deelgeneem. Dit was 'n heerlike dag met lekker weer en goeie sportman(vrou)gees. Ons deel graag die uitslae: O/7 A rugby: wen 6 - 2 vs. Destinatus, verloor 0-3 vs. Fanie Theron, wen 6-1 vs. Goodwood Park O/7 B rugby: verloor 1 - 6 vs. Simonsberg; wen 5-1 vs.Fanie Theron O/8 rugby: wen 2-0 vs. Goodwood Park; verloor 0 - 3 vs. Fanie Theron; wen 13-0 vs. Reddam House Durbanville O/9 rugby: wen 3-0 vs. Destinatus; wen 5-0 vs. Bellville-Noord; verloor 0-1 vs.Fanie Theron Ons maak as 'n reël nie die tellings van die O/7 en O/8 spanne bekend nie omdat die fokus vir hierdie groepe op deelname val. O/7 A & B netbal: Ongelukkig het hulle al hul wedstryde verloor, maar vir baie spelers in hierdie spanne was dit hul eerste wedstryde. Die dogters het hul soos dames gedra en ons skool se naam hoog gehou met hul pragtige maniere. O/8 A & B netbal: Beide spanne wen al hul wedstryde vir die dag. O/9 A netbal: wen 9-0 vs. Simonsberg; wen 10-0 vs. Destinatus; wen 8-0 vs. Reddam House Durbanville O/9 B netbal: wen 5-0 vs. Simonsberg; wen 2-1 vs. Fanie Theron Baie dankie aan almal wat die spelers op die dag kom ondersteun het. Dit was 'n heerlike...
Sterkte aan ons vier graad 7 leerders
Saterdag neem vier van ons graad 7 leerders saam met 16 ander leerders deel aan die Cum Laude Wiskundekompetisie by Hoërskool Brackenfell. Dit is slegs die top 20 leerders in die Wes-Kaap wat die geleentheid kry om aan dié rondte deel te neem. Ons wil vir Jana van Rooyen, Dawid Adler, Thornley Webber en Alet Hitge alle sterkte toewens. Dit is alreeds 'n besondere prestasie om in die top 20 van die provinsie te wees. Ons hoop julle geniet elke oomblik...
Belangrike Datums
augustus 2026