Kooroptrede – Sondagaand

Sondagaand tree ons kore vir oulaas op. Die geleentheid is Drieankerbaai N G Kerk se Kerssangdiens. Die diens begin om 18:00 (sesuur). Wees asb. vroegtydig daar. Koorlede dra weer WIT en sit by hulle ouers. Vir ouers wat inry stad toe, neem asb. kennis dat Adderleystraat se liggies Sondagaand aangeskakel word en dat daar 'n groot konsert op die parade vanaf 16:00 plaasvind. Die verkeer na die stad sal meer as gewoonlik wees, so ry vroeg! Sien julle...

Musieklesse 2020

Alle navrae oor musieklesse vir 2020 moet aan die volgende persone gerig word: Klavier, Sang, Blokfluit: Helecia Groenewald - helecia@jvrprim.co.za Kitaar: Shaun Berry - shaunberry14@gmail.com Viool: Hannelize Gravell - hannelizegravell@gmail.com Ukelele: Abraham Van den Berg -...

Vakansiesorg Desember 2019/Januarie 2020

Indien julle graag hierdie Desembervakansie van vakansiesorg gebruik wil maak, kliek gerus op die SKAKEL vir meer inligting. Daar is vorms beskikbaar by die Nasorg, maar julle kan ook self 'n vorm druk deur op die skakel te kliek. Voltooide vorms kan by Nasorg ingehandig word, of aan lorrvanvuuren@gmail.com gestuur...

Liewe Aarde kennisgewing

Die laaste papierherwinning vir die jaar is volgende Donderdag (28 November). Bring alle papier om te herwin voor dan. GEEN papier sal daarná herwin word nie.

Hulp benodig by Kleure Atletiek, Maandag, 25 Nov.

Ons wil graag 'n versoek aan ouers rig om ons te help met snoepiediensbeurte of as beamptes vir velditems vir Maandag se atletiekdag. Kliek HIER om jou naam op die diensbeurtlys vir die snoepie in te vul. As jy as baanbeampte wil uithelp, kliek HIER vir die lys met die onderskeie items en stuur dan 'n e-pos aan sport@jvrprim.co.za met jou kontakbesonderhede en watter item om vir Razelle te laat weet waar jy bereid is om te...

Tweekamp

Die eerste vier byeenkomste van die seisoen is agter die rug en dit is heerlik om te sien hoe Tweekamp die laaste paar jaar gegroei het. Met soveel meer atlete wat begin deelneem, raak die kompetisie al hoe beter. Ons atlete doen besonders goed en met die ekstra hardloop- en swemoefening, dra dit ook oor na ons ander sportkodes. Al ons atlete neem individueel deel, maar verteenwoordig ook ons skool in die skolekompetisie-afdeling. Alle skole waarteen ons deelneem, het meer as 'n 1000 leerders, party selfs 2000. Die top laerskole in die WP soos dit op die oomblik staan is: Kenridge, Durbanville, Jan van Riebeeck, De Hoop, Welgemoed en Stellenbosch. Hierdie is ook die posisies na die vierde byeenkoms. Die atlete wat tans ons skool verteenwoordig is: Ruben de Ridder, Ané Swanepoel, Jana Olivier, Zuletha Ferreira, Willem Vorster, Delmar Benecke, Daxton Liversage, Adriaan Wessels, Cara Swanepoel, Sophia Liebenberg, Nell von Lieres, Lea de Ridder, Albert Griesel, Ruald Naudé, Liam Schmidt, Kai-Daniel Roodt, Markus de Ridder, Jean Petrie, Klara von Lieres, Kianna-Gro Liversage, Mari Swanepoel, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Kian Eksteen, Stephan Griesel, Stephan le Roux, Mia Nortjé en Isabella van der Walt. Die volgende byeenkoms is 11 Januarie in Somerset-Wes. Sterkte aan al die atlete vir die res van die...

Top presteerders – Living Maths Olimpiade

Tussendeur die voorbereiding vir die eksamen en baie leerwerk het ons intersenfase ook deelgeneem aan die Living Maths Olimpiade. Die olimpiade is uiters uitdagend en dit is lekker om te sien dat ons leerders so goed presteer. Die olimpiade bestaan uit 25 vrae. 20 van die vrae is hoë orde vrae en die laaste 5 vrae is baie uitdagend. Die vraestel tel uit 20, wat beteken dat leerders meer as 100% vir die vraestel kan kry. Leerders wat 80% of meer verower, ontvang 'n goue sertifikaat en leerders wat meer as 'n 100% verower, ontvang 'n platinum sertifikaat. Die uitslae is as volg: Gr.4 - Goue sertifikaat: Albert Griesel, Luja Marx en Kate Mouton (17 uit 20) Gr.5 - Goue sertifikaat: Alexander Benecke, Sebastian Maree, Chiara Roodt, Isabella Pretorius, Elle Nortjé en Carla Snijders. (16 uit 20) Fredrich Erasmus en Danny Newton (18 uit 20). Jan Karsten, 19 uit 20. Gr.6 - Goue sertifikaat: Keegan Schoeman, Christian Viljoen, Armand Meyer en Pierre Becker (16 uit 20). Jana Brink, Stella Malan, Ben Terblanche en Chris Hoffman (17 uit 20) Gr.7 - Goue sertifikaat: Bernard Lombaard, Liezel Snijders, Mari Swanepoel, Daniel Loots en Ruben Janse van Rensburg (16 uit 20). Alexander Newton (17 uit 20). Jacomien van der Westhuizen en Anna van Biljon (18 uit 20). Owen van der Linde en Layla Erasmus (19 uit 20). Platinum sertifikaat: Hierdie leerders het meer as 100% verower. Gr.4: Petrus Bosman (25 uit 20) Volpunte! Gr.7: Peet Karsten (24 uit 20). Thornley Webber en Dawid Adler (23 uit 20) Welgedaan aan alle leerders wat so puik presteer...

Reëlings en program vir Kleure Atletiekbyeenkoms

Die jaar vlieg verby en dis tyd vir ons jaarlikse Kleure Atletiekbyeenkoms. Die leerders van Huppelland en Gr.1 het almal briewe (geel bladsy) ontvang met die reëlings en vir die res van die leerders is dit in hul registerklasse opgesit. Ons gaan Maandag, 25 November, die velditems vir Gr.3 - 7 aanbied en Woensdag, 27 November, vind die baanitems vir Gr. R tot 7 plaas. Onthou asb. dat leerders volgens hul ouderdomme vir 2020 deelneem. Sien asb. die inligting hier onder: 1. Kleur-indeling volgens leerders se vanne: BLOU: A - L ORANJE: M - Z 2. Ouderdomsgroepe van leerders soos vir 2020 en waarin deelgeneem gaan word: 2014 - Onder 6 [60m] 2013 - Onder 7 [60m] 2012 - Onder 8 [80m + 400m + 800m] 2011 - Onder 9 [80m + 400m + 800m] 2010 - Onder 10 [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING +70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m] 2009 - Onder 11 [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + 70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m] 2008 - Onder 12 [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + DISKUS + SPIESGOOI + 75m HEKKIES + 150m HEKKIES + 100m + 150m + 1 200m] 2007 - Onder 13 [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + DISKUS + SPIESGOOI + 75m / 80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m] 2006 en vroeër - OPE [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + DISKUS + SPIESGOOI + 80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m] 3. VELDNOMMERBYEENKOMSTE (TYDENS SKOOLTYD): MAANDAG: 25 November 2019 07:45 – 14:15 GRADE...

Jannies sê dankie!

Die Gr.7's het onlangs 'n video gemaak van 'n paar van die werkers by ons skool om meer oor hulle uit te vind en vir hulle dankie te sê vir wat hulle vir ons doen. Kliek HIER om die video te kyk.

Trotse Jannie

Naam en van: Ethan Anderson Graad: 4vdW Waar woon jy?: Vishoek Gunsteling vak: Wiskunde is my gunsteling vak. Ek hou daarvan om berekeninge te doen. Ek hou veral van die gevoel wat 'n mens kry as jy ‘n antwoord toets en dis reg! Ek is ‘n trotse Jannie, want ek geniet dit baie om skool te gaan by die...

Snoepie kennisgewing

Weens voorraadtel ens., sal die laaste dag wat die Snoepie vir 2019 handel dryf, 29 November 2019 wees. Die snoepie sal dus vir 2 tot 4 Desember gesluit wees.

Seksonderrig vanaf Gr.4-12

Almal is seker bewus van die beoogde seksonderrig vir Gr.4 - 12 in 2020. Ek kan julle egter die versekering gee dat ons by Laerskool Jan van Riebeeck nie sommer enige veranderinge sal aanbring voordat ons dit deeglik met al die betrokke partye, wat ouers insluit, gekommunikeer het nie. Ongelukkig het sosiale media die hele aangeleentheid / kwessie uit verband geruk. Ons eie Wes-Kaapse Onderwysdepartement se vakadviseurs en kringbestuurders dra tot op hede geen kennis van die nuwe beoogde inhoud nie. Sien die artikel wat op die voorblad van Die Burger van Woensdag 13 November 2019 was. Groete J.H....

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor