Ons wil graag ‘n versoek aan ouers rig om ons te help met snoepiediensbeurte of as beamptes vir velditems vir Maandag se atletiekdag. Kliek HIER om jou naam op die diensbeurtlys vir die snoepie in te vul. As jy as baanbeampte wil uithelp, kliek HIER vir die lys met die onderskeie items en stuur dan ‘n e-pos aan sport@jvrprim.co.za met jou kontakbesonderhede en watter item om vir Razelle te laat weet waar jy bereid is om te help.