Almal is seker bewus van die beoogde seksonderrig vir Gr.4 – 12 in 2020. Ek kan julle egter die versekering gee dat ons by Laerskool Jan van Riebeeck nie sommer enige veranderinge sal aanbring voordat ons dit deeglik met al die betrokke partye, wat ouers insluit, gekommunikeer het nie.

Ongelukkig het sosiale media die hele aangeleentheid / kwessie uit verband geruk. Ons eie Wes-Kaapse Onderwysdepartement se vakadviseurs en kringbestuurders dra tot op hede geen kennis van die nuwe beoogde inhoud nie.

Sien die artikel wat op die voorblad van Die Burger van Woensdag 13 November 2019 was.

Groete
J.H. Oosthuizen