Tussendeur die voorbereiding vir die eksamen en baie leerwerk het ons intersenfase ook deelgeneem aan die Living Maths Olimpiade. Die olimpiade is uiters uitdagend en dit is lekker om te sien dat ons leerders so goed presteer. Die olimpiade bestaan uit 25 vrae. 20 van die vrae is hoë orde vrae en die laaste 5 vrae is baie uitdagend. Die vraestel tel uit 20, wat beteken dat leerders meer as 100% vir die vraestel kan kry. Leerders wat 80% of meer verower, ontvang ‘n goue sertifikaat en leerders wat meer as ‘n 100% verower, ontvang ‘n platinum sertifikaat. Die uitslae is as volg:

Gr.4 – Goue sertifikaat: Albert Griesel, Luja Marx en Kate Mouton (17 uit 20)
Gr.5 – Goue sertifikaat: Alexander Benecke, Sebastian Maree, Chiara Roodt, Isabella Pretorius, Elle Nortjé en Carla Snijders. (16 uit 20)  Fredrich Erasmus en Danny Newton (18 uit 20). Jan Karsten, 19 uit 20.
Gr.6 – Goue sertifikaat: Keegan Schoeman, Christian Viljoen, Armand Meyer en Pierre Becker (16 uit 20). Jana Brink, Stella Malan, Ben Terblanche en Chris Hoffman (17 uit 20)
Gr.7 – Goue sertifikaat: Bernard Lombaard, Liezel Snijders, Mari Swanepoel, Daniel Loots en Ruben Janse van Rensburg (16 uit 20).  Alexander Newton (17 uit 20). Jacomien van der Westhuizen en Anna van Biljon (18 uit 20). Owen van der Linde en Layla Erasmus (19 uit 20).
Platinum sertifikaat: Hierdie leerders het meer as 100% verower.
Gr.4: Petrus Bosman (25 uit 20) Volpunte!
Gr.7: Peet Karsten (24 uit 20). Thornley Webber en Dawid Adler (23 uit 20)

Welgedaan aan alle leerders wat so puik presteer het!!!