Die jaar vlieg verby en dis tyd vir ons jaarlikse Kleure Atletiekbyeenkoms. Die leerders van Huppelland en Gr.1 het almal briewe (geel bladsy) ontvang met die reëlings en vir die res van die leerders is dit in hul registerklasse opgesit.

Ons gaan Maandag, 25 November, die velditems vir Gr.3 – 7 aanbied en Woensdag, 27 November, vind die baanitems vir Gr. R tot 7 plaas. Onthou asb. dat leerders volgens hul ouderdomme vir 2020 deelneem.

Sien asb. die inligting hier onder:

1. Kleur-indeling volgens leerders se vanne:
BLOU: A – L
ORANJE: M – Z

2. Ouderdomsgroepe van leerders soos vir 2020 en waarin deelgeneem gaan word:
2014 –  Onder 6   [60m]
2013 –  Onder 7   [60m]
2012 –  Onder 8   [80m + 400m + 800m]
2011 –  Onder 9   [80m + 400m + 800m]
2010 –  Onder 10 [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING +70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m]
2009 –  Onder 11  [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + 70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m]
2008 –  Onder 12  [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + DISKUS + SPIESGOOI + 75m HEKKIES + 150m HEKKIES + 100m + 150m + 1 200m]
2007 –  Onder 13  [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + DISKUS + SPIESGOOI + 75m / 80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m]
2006 en vroeër – OPE  [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + DISKUS + SPIESGOOI + 80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m]

3. VELDNOMMERBYEENKOMSTE (TYDENS SKOOLTYD): MAANDAG: 25 November 2019
07:45 – 14:15   GRADE 3 TOT 7 (ONDER 10 TOT OPE  VIR 2020)
(HOOGSPRING, VERSPRING, SPIESGOOI, DISKUS EN GEWIGSTOOT)
Gr. 1 EN 2 HET NORMALE SKOOLDAG  
ATLETE KAN KLERE VAN HULLE KLEURGROEP DRA

4. ATLETIEK – KLEURBYEENKOMS (TYDENS SKOOLTYD): WOENSDAG,27 November 2019
07:30 – 14:10: 1500m, 1 200m, 800m, Naellope en Hekkies  (Gr. R – 7)
BAANITEMS: Onder 6 [60m]
Onder 7 [60m]
Onder 8 [80m + 400m + 800m]
Onder 9 [80m + 400m + 800m]
Onder 10 [70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m]
Onder 11 [70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m]
Onder 12 [75m HEKKIES + 150m HEKKIES + 100m + 150m + 1 200m]
Onder 13 [75m / 80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m]
OPE  [80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m]

5. KLEREDRAG:
Leerders wat aan atletiek gaan deelneem mag in hulle onderskeie spankleure geklee wees.
Dit moet gemaklike oefenklere wees en NIE “SIVVIES” NIE!

Kom ondersteun asseblief ons atlete en baie dankie vir julle hulp en samewerking!