Sondagaand tree ons kore vir oulaas op. Die geleentheid is Drieankerbaai N G Kerk se Kerssangdiens. Die diens begin om 18:00 (sesuur). Wees asb. vroegtydig daar. Koorlede dra weer WIT en sit by hulle ouers.

Vir ouers wat inry stad toe, neem asb. kennis dat Adderleystraat se liggies Sondagaand aangeskakel word en dat daar ‘n groot konsert op die parade vanaf 16:00 plaasvind. Die verkeer na die stad sal meer as gewoonlik wees, so ry vroeg! Sien julle daar!!