Skooldrag

Ons is baie trots op ons mooi skooldrag. Ons wil poog om hierdie tradisie te laat voortleef. Verlede jaar het die baie streng waterbeperkings ons verplig om amper daagliks leerders met sportklere te laat skool toe kom. Ons het dit duidelik gekommunikeer dat dit slegs 'n tydelike reëling was. Aangesien die waterbeperkings nou verlig is, het ons besluit om weer terug te keer na die korrekte skooldrag, maar met 'n uitsondering dat leerders op LO-dae wel hul korrekte sportdrag mag dra. Ons ondervind dat somerdrag koeler as sportdrag is. Ons was en is 'n skool wat so ver moontlik akkommodeer, maar ook fokus op netjiese, gedissiplineerde drag. 2019 was die jaar waarop ons die meeste verlore goedere ooit gehad het, afgesien van die sportkleredragtydperk. Een van ons waardes heet verantwoordelikheid en ons wil graag verantwoordelikheid by ons leerders kweek deur die korrekte drag, sak, ens. te bring; om te beplan vir die dag en om hul besittings mooi op te pas. Die onderwysers is bereid om ons leerders te akkommodeer om wel aan die einde van die dag hul sportdrag vir hul onderskeie sportsoorte te laat aantrek. Leerders (veral gr. 1-3) kry dus gedurende tweede pouse kans om rustig hul kos te eet sodat hulle genoeg energie sal hê vir die buitemuurse aktiwiteite wat voorlê. Onderwysers en leerders weet ook dat sportsakke in die registerklas gebêre kan word totdat die sak(ke) benodig word. Daardeur bied ons ondersteuning sodat leerders nie so swaar dra nie en dat daar meer spasie in die gange is terwyl klasruilings plaasvind. Ons glo dat hierdie reëling vinnig in plek sal val sodra 'n vaste...

Ons skool word 99 jaar oud!

Ons sal ons 99ste verjaardag op 31 Jan 2020 vier. Die beplande sivviedag (volgens die kalender aangedui) sal skuif na die daaropvolgende Vrydag, 7 Februarie 2020. Alle leerders moet dus met hul skooldrag skool toe kom, aangesien ons 'n foto op die skoolveld gaan neem waartydens ons alle leerders en personeel in ons skool wil betrek. Ons versoek dat elke leerder in die skool 'n R10 sal bring om by te dra tot ons 100-boeke projek vir Ellerton Primêr (ons buurskool) se nuwe biblioteek. Hierdie projek dien as afskop vir ons Eeufeesprojek waartydens ons op welwillendheid en uitreik sal fokus. Ons tel die jaar vanaf 99 na 100-jaarviering af deur te fokus op 100 verskillende projekte wat ons onsself ten doel stel. Program vir Vrydag, 31 Jan. 2020: 9:15 - 10:10 - Leerders gooi 'geskenkgeld' in geskenke boks. 11:00 - 12:00 - Foto word van leerders in hul skooldrag op die veld...

Finale groepe vir weeklikse buitemuurse swemoefening

Gedurende die afgelope week het ons die leerders wat vir swemoefening opgedaag het geassesseer en leerders wat meer aandag benodig na 'n ander groep geskuif. Leerders wat nie vir oefening opgedaag het nie, se ouers is via e-pos vanaf die sportkantoor gekontak om hul inskrywing te bevestig. Aansoeke is ook gedurende die week ontvang en die leerders is eers op die waglys geplaas om ouers van leerders wat nie vir oefening opgedaag het nie, maar wat reeds ingeskryf het, die geleentheid te gee om hul plek te bevestig. Dit is na aanleiding van al hierdie stappe wat ons nou die finale groepe bekend maak. Reëlings vir oefening groepe: 1. Elke groep het 'n hoeveelheid beperking op na aanleiding van hul ouderdom en ons kan nie meer leerders as dit in die swembad toelaat nie. 2. Leerders wie se name as deel van die groep (Gr 1 = 20 leerders; Gr 2 - 3 = 25 leerders; Gr 4 - 7 =30 leerders) ingeskryf is, word eerste toegang tot die swembad gegee. Indien daar iemand van die groep nie opdaag nie, byvoorbeeld daar daag net 18 kinders vir die graad 1 les op, kan ons nog 2 kinders toelaat. 3. Ons kan nie waarborg dat daar by elke les plek gaan wees nie. 4. Oor 'n paar weke gaan ons leerders se bywoning evalueer en indien iemand gereeld NIE opdaag vir oefening sonder om verskoning te maak by die betrokke onderwyser NIE, sal hul plek aan iemand op die waglys toegeken word. 5. Betrokke onderwysers se e-pos is op die buitemuurse program ('n pers bladsy is aan elke leerder uitgedeel)...

Jannies ontvang hul WP en Wes-Kaap kleure vir tennis

Aan die einde van 2019 het verskeie leerders aan die Kaapstad (WP) Tennis proewe deelgeneem. Ons leerders het goed gevaar en heelwat het deurgedring na die volgende rondtes. Na ure in die son en baie harde werk is twee van ons leerders vir die spanne gekies. Baie geluk aan Fredrich Erasmus wat vir die Kaapstad (WP) O/12 B-span gekies is. Die ander leerder, Peet Karsten, is vir die Wes-Kaap O/15 span gekies en verskyn as die tweede speler op die rang. Peet het aan die einde van 2019 by die Laerskool klaar gemaak en is nou in graad 8. Baie geluk manne, hierdie is wonderlike...

Jannies Talent

Dis weer sulke tyd!!! Op Woensdagaand 18 Maart om 19:00 is daar geleentheid vir jou om jou spesiale talent vir die skool te kom wys. Dis 'n opwindende aand met klank en ligte en beoordelaars wat nog 'n groot verrassing is. Enigeen van Gr.2 - 7 kan inskryf. Kom na juffrou Helecia Groenewald, kry jou inskrywingsvorm en begin solank oefen. Inskrywingsgelde is R100 vir 'n individuele item of R150 vir 'n groep. Inskrywings sluit Vrydag 6...

Welgemoed Skaaktoernooi, 29 Februarie

Laerskool Welgemoed bied op Saterdag, 29 Februarie, hul jaarlikse skaaktoernooi aan. Enige belangstellende leerders kan die onderstaande skakel volg om in te skryf. Inskrywings gaan direk na Welgemoed toe en ons het nie toegang tot die inligting nie. INSKRYWINGS

Protea Hokkiespan in aksie in Stellenbosch

Die vroue Protea Hokkiespan speel vanaf 19 Januarie tot 4 Februarie in Stellenbosch. Hulle neem aan die 2020 Summer Series deel. Van die wedstryde vind oor naweke plaas en ons moedig ons leerders aan om te gaan kyk. Dirkie Chamberlain wat verlede jaar saam met Margaux Reynecke vir ons klinieke aangebied het, speel vir die SA-seniorspan wat besig is met voorbereidings vir die Olimpiese Spele in...

Jannies vir Jesus

Ons herinner alle Jannies aan "Jannies vir Jesus" wat elke Donderdagoggend 7:15 - 7:45 in die saal plaasvind. Ons sing lekker saam en dan deel een van die betrokke onderwysers 'n kort boodskap. Almal is welkom!

Verlore goedere

Verlore goedere word gestoor in die kratte by die trappe voor die grondslagfase se badkamers. Hierdie kratte word weekliks sorteer. Ongemerkte sivvies word in die kas (regs) voor die biblioteek gestoor. Ongemerkte skoolklere word na 'n week klerebank toe gestuur. Besoek dus die klerebank indien jou kind iets verloor het wat nie gemerk was nie. Onthou dat gemerkte verlore items deur die gr.6'e by leerders se registerklasse afgelewer word. Merk dus alle...

Musiek: Ouerbesoeke

Op Donderdag 30 Januarie, die dag van die Bekendstellingsvergadering, sal die musiekpersoneel van 14:15 - 17:30 beskikbaar wees as ouers van musiekleerders wil kom kennis maak of net inloer. Op hierdie stadium sal Mej. Groenewald, Mnr. Reynecke en Mev. Slabber beskikbaar wees. Ons sien uit daarna om kennis te...

Hoërskoolnuus: musiekskool

Dit is met groot opwinding dat Hoërskool Jan van Riebeeck kan aankondig dat ons hierdie jaar met ‘n splinternuwe buitemuurse musiekskool begin! Die langtermyndoelwit is om ‘n simfonieseorkes by die skool te skep wat ‘n gevestigde kulturele entiteit van die skool kan word. Voorts wil ons ook die musiekdepartement in ‘n formele musiekinstansie omskep. Hierdie musiekskool sal die geleentheid bied vir enige JvR-leerder om musiekinstrumentonderrig in verskeie orkes- en kontempôrere instrumente te kry, of hulle musiek as vak neem al dan nie.Die musiekskool sal ook toegang gee tot enige ander leerder buite JvR (veral die Laerskool!) wat belangstel in musiekonderrig wat hulle nie by ander instansies kry nie. Die instrumente wat reeds aangekoop is, is dwarsfluite, klarinette, trompette, trombone, viole, tjello’s en saksofone. Klasse vir dié instrumente sal aangebied word saam met die huidige instrumente, naamlik tromme/slagwerk, klavier, sang, kitaar en baskitaar. Nog ń opwindende aanwins tot die musiekdepartement is die aankoop van ‘n stel Afrika Marimbas. Die doel hiermee is om dit te betrek by die musiekkomponent van Skeppende Kunste vir graad 8 en graad 9 en om Marimba “bands” te skep in graadverband. Die groepe sal weekliks bymekaarkom en ook by verskeie skoolbyeenkomste optree. JvR en die musiekdepartement wil baie dankie sê aan mnr Christoff Pauw (voormalige BL-voorsitter en oud-ouer) en mnr Albert Geldenhuys (alumni en oudouer) vir hulle bydrae en ondersteuning tot hierdie opwindende nuwe inisiatief. Ons bedank ook graag TOMS Music Kaapstad vir die verskaf van die instrumente, in besonder vir James Burchell en Graham Lowneds wat die agente en skakelpersone is. Ons sien uit na ń lang en suksesvolle vennootskap tussen TOMS en Jan...

Belangrike inligting: Skoolkommunikasie

Whatsapp: Belangrike en dringende boodskappe word deur Whatsapp gestuur. Indien jy tans nie boodskappe ontvang nie, maar graag wil, stoor gerus hierdie nommer in jou selfoon: 066 143 4003. As jy nie die nommer stoor nie, sal die boodskappe nie na jou toe deurgaan nie. Indien jy die nommer gestoor het, maar steeds nie die boodskappe ontvang nie, stuur gerus 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za. Moet asb. nooit reageer op die skool se Whatsapp boodskappe nie. Webtuiste: Die skool se WEBTUISTE is ons hoofbron van kommunikasie. Alles wat deur die week op die webtuiste geplaas word, word daagliks en/of weekliks (op Vrydae) per e-pos aan ouers gestuur. Vir enige ander inligting, raadpleeg gerus eers die webtuiste voordat jy die skool kontak. Indien jy nie die nuusbrief op Vrydae per e-pos ontvang nie, kan jy ook 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za stuur. E-pos: E-posgroepe is geskep om sekere inligting aan ouers deur te gee. Onderwysers maak soms van e-posgroepe gebruik indien hulle met die graadgroep moet kommunikeer. Indien jy agterkom dat jy nooit hierdie kommunikasie ontvang nie, kan jy weereens 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za...

Jannies vaar goed by die SA Jeug skaakkampioenskappe

Gedurende die vakansie het ’n aantal van ons leerders aan die jaarlikse Suid Afrikaanse jeug skaak-kampioenskappe te Birchwood in Boksburg deelgeneem. Die toernooi het bestaan uit die spankampioenskappe, gevolg deur ’n opsionele individuele toernooi. Die spankampioenskappe het gestrek van die 4de tot die 8ste Januarie, die individuele of sg. Wildcard toernooi het gestrek van die 9de tot die 12de Januarie. 6 van Laerskool Jan van Riebeeck se leerders het deel gevorm van die WP span: Liezel, Carla en Emma Snijders, Petrus en Louis Bosman en Jan Karsten Daar was ook 7 Hoërskool Jan van Riebeeck leerders wat deelgeneem het. In die spankampioenskappe het WP algeheel 2de geëindig, ’n kort koppie agter Tshwane. Die spelers het elk op ’n bord vir ’n spesifieke WP span in ’n ouderdom kategorie deelgeneem en as volg presteer: Liezel Snijders, o/14a meisies afdeling, bord 6 vir die WP o/14a meisies span, 5/7 punte Carla Snijders, o/12a meisies afdeling, bord x vir die WP o/12a meisies span, 4.5/7 punte Petrus Bosman, o/12a ope afdeling, bord 8 vir die WP o/12a span, 5.5/7 punte Jan Karsten, o/12b ope afdeling, bord 1 vir die WP o/12b span, 6/7 punte Louis Bosman, o/10b ope afdeling, bord 4 vir die WP o/10b span, 3/7 punte Emma Snijders, o/10a meisies afdeling, bord x vir die WP o/10a meisies span, 5/7 punte Die individuele of sg. Wildcard toernooi was volgende aan die beurt. Spelers wat hieraan deelneem en in die top 10 in hul ouderdomsgroep eindig, word genooi na die Jaarlikse geslote jeugkampioenskappe, waar die top 30 in elke ouderdomsgroep meeding vir SA kleure. Liezel, Carla, Emma, Jan en Louis het...

Bekendstellingsfunksie 2020

Ons nooi alle ouers om na afloop van die klasbesoeke en Bekendstellingsvergadering op 30 Januarie 2020, lekker saam te kuier. Soos verlede jaar gaan Boulevard 82 vir ons heerlike kos voorsit wat reeds bestel kan word op die Karri toep. Alle bestellings sluit op Dinsdag 28 Januarie 2020. Bestel asb. so gou moontlik om teleurstelling te voorkom. Die aand is slegs vir ouers, so onthou om jou kinderoppasser nou al te reël. Vir enige navrae, kontak vir Ria Hertzog (0823203288 of...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor