Ons nooi alle ouers om na afloop van die klasbesoeke en Bekendstellingsvergadering op 30 Januarie 2020, lekker saam te kuier. Soos verlede jaar gaan Boulevard 82 vir ons heerlike kos voorsit wat reeds bestel kan word op die Karri toep. Alle bestellings sluit op Dinsdag 28 Januarie 2020. Bestel asb. so gou moontlik om teleurstelling te voorkom. Die aand is slegs vir ouers, so onthou om jou kinderoppasser nou al te reël. Vir enige navrae, kontak vir Ria Hertzog (0823203288 of ria.hertzog@gmail.com)