Ons sal ons 99ste verjaardag op 31 Jan 2020 vier. Die beplande sivviedag (volgens die kalender aangedui) sal skuif na die daaropvolgende Vrydag, 7 Februarie 2020. Alle leerders moet dus met hul skooldrag skool toe kom, aangesien ons ‘n foto op die skoolveld gaan neem waartydens ons alle leerders en personeel in ons skool wil betrek. Ons versoek dat elke leerder in die skool ‘n R10 sal bring om by te dra tot ons 100-boeke projek vir Ellerton Primêr (ons buurskool) se nuwe biblioteek. Hierdie projek dien as afskop vir ons Eeufeesprojek waartydens ons op welwillendheid en uitreik sal fokus. Ons tel die jaar vanaf 99 na 100-jaarviering af deur te fokus op 100 verskillende projekte wat ons onsself ten doel stel.

Program vir Vrydag, 31 Jan. 2020:
9:15 – 10:10 – Leerders gooi ‘geskenkgeld’ in geskenke boks.
11:00 – 12:00 – Foto word van leerders in hul skooldrag op die veld geneem.