Whatsapp: Belangrike en dringende boodskappe word deur Whatsapp gestuur. Indien jy tans nie boodskappe ontvang nie, maar graag wil, stoor gerus hierdie nommer in jou selfoon: 066 143 4003. As jy nie die nommer stoor nie, sal die boodskappe nie na jou toe deurgaan nie. Indien jy die nommer gestoor het, maar steeds nie die boodskappe ontvang nie, stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za. Moet asb. nooit reageer op die skool se Whatsapp boodskappe nie.

Webtuiste: Die skool se WEBTUISTE is ons hoofbron van kommunikasie. Alles wat deur die week op die webtuiste geplaas word, word daagliks en/of weekliks (op Vrydae) per e-pos aan ouers gestuur. Vir enige ander inligting, raadpleeg gerus eers die webtuiste voordat jy die skool kontak. Indien jy nie die nuusbrief op Vrydae per e-pos ontvang nie, kan jy ook ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za stuur.

E-pos: E-posgroepe is geskep om sekere inligting aan ouers deur te gee. Onderwysers maak soms van e-posgroepe gebruik indien hulle met die graadgroep moet kommunikeer. Indien jy agterkom dat jy nooit hierdie kommunikasie ontvang nie, kan jy weereens ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za stuur.