Gedurende die afgelope week het ons die leerders wat vir swemoefening opgedaag het geassesseer en leerders wat meer aandag benodig na ‘n ander groep geskuif. Leerders wat nie vir oefening opgedaag het nie, se ouers is via e-pos vanaf die sportkantoor gekontak om hul inskrywing te bevestig. Aansoeke is ook gedurende die week ontvang en die leerders is eers op die waglys geplaas om ouers van leerders wat nie vir oefening opgedaag het nie, maar wat reeds ingeskryf het, die geleentheid te gee om hul plek te bevestig. Dit is na aanleiding van al hierdie stappe wat ons nou die finale groepe bekend maak.
Reëlings vir oefening groepe:
1. Elke groep het ‘n hoeveelheid beperking op na aanleiding van hul ouderdom en ons kan nie meer leerders as dit in die swembad toelaat nie.
2. Leerders wie se name as deel van die groep (Gr 1 = 20 leerders; Gr 2 – 3 = 25 leerders; Gr 4 – 7 =30 leerders) ingeskryf is, word eerste toegang tot die swembad gegee. Indien daar iemand van die groep nie opdaag nie, byvoorbeeld daar daag net 18 kinders vir die graad 1 les op, kan ons nog 2 kinders toelaat.
3. Ons kan nie waarborg dat daar by elke les plek gaan wees nie.
4. Oor ‘n paar weke gaan ons leerders se bywoning evalueer en indien iemand gereeld NIE opdaag vir oefening sonder om verskoning te maak by die betrokke onderwyser NIE, sal hul plek aan iemand op die waglys toegeken word.
5. Betrokke onderwysers se e-pos is op die buitemuurse program (‘n pers bladsy is aan elke leerder uitgedeel) beskikbaar. Onderwysers wissel daagliks.
Kontak gerus die sportkantoor indien jy enige navrae het.