Die vroue Protea Hokkiespan speel vanaf 19 Januarie tot 4 Februarie in Stellenbosch. Hulle neem aan die 2020 Summer Series deel. Van die wedstryde vind oor naweke plaas en ons moedig ons leerders aan om te gaan kyk. Dirkie Chamberlain wat verlede jaar saam met Margaux Reynecke vir ons klinieke aangebied het, speel vir die SA-seniorspan wat besig is met voorbereidings vir die Olimpiese Spele in Julie.