Verlore goedere word gestoor in die kratte by die trappe voor die grondslagfase se badkamers. Hierdie kratte word weekliks sorteer. Ongemerkte sivvies word in die kas (regs) voor die biblioteek gestoor. Ongemerkte skoolklere word na ‘n week klerebank toe gestuur. Besoek dus die klerebank indien jou kind iets verloor het wat nie gemerk was nie.

Onthou dat gemerkte verlore items deur die gr.6’e by leerders se registerklasse afgelewer word. Merk dus alle besittings!