Gedurende die vakansie het ’n aantal van ons leerders aan die jaarlikse Suid Afrikaanse jeug skaak-kampioenskappe te Birchwood in Boksburg deelgeneem. Die toernooi het bestaan uit die spankampioenskappe, gevolg deur ’n opsionele individuele toernooi. Die spankampioenskappe het gestrek van die 4de tot die 8ste Januarie, die individuele of sg. Wildcard toernooi het gestrek van die 9de tot die 12de Januarie.

6 van Laerskool Jan van Riebeeck se leerders het deel gevorm van die WP span:
Liezel, Carla en Emma Snijders, Petrus en Louis Bosman en Jan Karsten

Daar was ook 7 Hoërskool Jan van Riebeeck leerders wat deelgeneem het.

In die spankampioenskappe het WP algeheel 2de geëindig, ’n kort koppie agter Tshwane.

Die spelers het elk op ’n bord vir ’n spesifieke WP span in ’n ouderdom kategorie deelgeneem en as volg presteer:
Liezel Snijders, o/14a meisies afdeling, bord 6 vir die WP o/14a meisies span, 5/7 punte
Carla Snijders, o/12a meisies afdeling, bord x vir die WP o/12a meisies span, 4.5/7 punte
Petrus Bosman, o/12a ope afdeling, bord 8 vir die WP o/12a span, 5.5/7 punte
Jan Karsten, o/12b ope afdeling, bord 1 vir die WP o/12b span, 6/7 punte
Louis Bosman, o/10b ope afdeling, bord 4 vir die WP o/10b span, 3/7 punte
Emma Snijders, o/10a meisies afdeling, bord x vir die WP o/10a meisies span, 5/7 punte

Die individuele of sg. Wildcard toernooi was volgende aan die beurt. Spelers wat hieraan deelneem en in die top 10 in hul ouderdomsgroep eindig, word genooi na die Jaarlikse geslote jeugkampioenskappe, waar die top 30 in elke ouderdomsgroep meeding vir SA kleure. Liezel, Carla, Emma, Jan en Louis het hieraan deelgeneem. Petrus het reeds gekwalifiseer.

Jan het skitterend gespeel en met 6/7 die o/12 ope afdeling gewen. Hy kwalifiseer sodoende vir die geslote kampioenskappe in Maart/April. Liezel en Carla het beide op 4/7 geëindig, onderskeidelik in die o/14 en o/12 meisies kategorieë. Hulle haal beide net-net in die top 10 en het dus ook gekwalifiseer. Louis het teen baie taai kompetisie te staan gekom in die o/10 ope kategorie en het op 2/7 geëindig. Emma het op 3/7 geëindig in die o/10 meisies kategorie. Die kinders het dit almal terdeë geniet.Fantasties julle,dit is uitstekende uitslae en ons is sommer baie trots op julle!!