Aan die einde van 2019 het verskeie leerders aan die Kaapstad (WP) Tennis proewe deelgeneem. Ons leerders het goed gevaar en heelwat het deurgedring na die volgende rondtes. Na ure in die son en baie harde werk is twee van ons leerders vir die spanne gekies. Baie geluk aan Fredrich Erasmus wat vir die Kaapstad (WP) O/12 B-span gekies is. Die ander leerder, Peet Karsten, is vir die Wes-Kaap O/15 span gekies en verskyn as die tweede speler op die rang. Peet het aan die einde van 2019 by die Laerskool klaar gemaak en is nou in graad 8. Baie geluk manne, hierdie is wonderlike prestasies!