Geagte Ouers / Voogde

Vandag kom ons aan die einde van die 7de akademiese week van ‘n besige kwartaal 2. Die Graad 7’s het ook vandag met eksamen begin deur Wiskunde te skryf. Week 7 was ‘n baie opwindende week waaroor ek nou-nou meer sal uitbrei en die enigste demper is natuurlik dat ons President, mnr. Ramaphosa, Woensdag afgekondig het dat ons land weens die impak van die 3de vlaag van die Covid-19 pandemie na vlak 3 inperking van die grendelstatus beweeg. Ek glo julle wonder ook nou meer as ooit te vore wanneer sal ons uit die kloue van die onsigbare vyand kan ontsnap. Daar is beslis lig aan die einde van die baie lang tonnel vir Suid-Afrika en die res van die wêreld om binnekort die aanslag ook te oorwin. Al vorder die regering se inentingsprogram teen ‘n slakkepas, is daar altyd hoop. Ek daag ons skoolgemeenskap uit om elke dag hoop en deernis uit te leef en veral om vir ons leerders ‘n voorbeeld te stel, want hierdie twee elemente is krities tydens die moeilike tye van vrees, twyfel en onsekerheid. Weer eens wil ek julle hartlik bedank dat julle saam met ons as personeel en Beheerraad die skool asook die land se Covid-19 protokol ten alle tye eerbiedig om sodoende die druk op ons gesondheidstelsel tydens die eksponensiële toename in Covid-19 gevalle te help verlig waar mense dringend mediese hulp benodig. Op ‘n baie meer positiewe noot het ons op Dinsdag, 15 Junie, ‘n 'lekker lawwe haardag' vir die Gr.4 - 7-leerders by die skool gehou. Dit is so belangrik dat ons leerders se aandag en bekommernisse oor die...

Dapper Stappers Gr.4 – 7

Dis hoogtyd vir die Dapper Stappers om weer vir 'n stappie bymekaar te kom! Ons gaan hierdie een so effens anders benader. Om lekker baie Jannies en onderwysers te betrek, gaan ons sommer een middag na skool ons stad se mooie Leeukop gaan klim! Dit gaan tydens die eksamen wees, so dis 'n goeie geleentheid om bietjie bene te rek en vars lug te kry. Waar: Leeukop Wanneer: Donderdag, 24 Junie 2021 Tyd: 13:30 tot ongeveer 15:30 Wie: Gr.4 - 7 leerders & hul ouers (jonger boeties & sussies is welkom indien ouers saam stap) Kostes: Geen Parkering: Leeukop parkering (in die straat op pad Seinheuwel toe) Bring saam: Piekniekkos, water, hoed Stap jy saam? Kliek HIER! Ons besef baie ouers werk en sal nie noodwendig saam kan stap nie. Ons gaan kyk hoeveel leerders saam stap en probeer om baie onderwysers te kry om saam te gaan sodat leerders wat alleen stap, ook veilig voel & toesig het! Julle kan dus gerus jul kinders laat deelneem al kan julle as ouers nie saam stap...

Kultuurkaskenades

Leerders kan nog steeds vir Kultuurkaskenades wat op 30 Julie plaasvind, inskryf. Die sluitingsdatum vir die inskrywings is 7 Julie. Moedig asb. julle kinders aan om in te skryf. Hulle kan by juf. Groenewald aanmeld (helecia@jvrprim.co.za).

Boekinsamelingsprojek vir “Home of Hope”

Cape Argus is tans besig met ‘n spesiale boekinsamelingsprojek vir minderbevoorregte kinders van die "Home of Hope". Ons doen ‘n beroep op ouers om enige Afrikaanse en/of Engelse leesboeke (ouderdomsgepas 4 - 11 jaar) wat by die huis rondlê asseblief vir hierdie noodsaaklike projek te skenk. Die boeke kan sommer direk na ons skool se biblioteek geneem word. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om uit te reik en instrumenteel te wees om die sosiale en opvoedkundige probleme in behoeftige areas aan te...

Klerebank

Die klerebank is tot 7 Julie 2021 elke Maandag- en Woensdagoggend van 07:20 tot 08:00 oop. Kliek HIER vir aanlynbestellings.

Tweekamp-uitslae

Die tweekamp seisoen het die afgelope naweek, alhoewel effens aangepas, afgeskop. ‘n Paar van ons Jannies het Saterdag, 12 Junie, aan die WP-Tweekamp se winterreeks deelgeneem en uitstekend gevaar. Hier volg die oud- en nuwe leerders se uitslae: Delmar Benecke (gr. 4) seuns o/11 is 1ste en Karu Rademeyer (gr. 4) is 7de vir dogters o/11. Albert Griesel (gr. 6) is 7de vir seuns o/13 en Alexander Benecke (gr. 7) is 1ste vir seuns o/15. Stefan Griesel (gr. 8) is 3de vir seuns 0/15. Baie geluk aan al die leerders! Dis lekker om te sien dat julle deur hierdie vreemde omstandighede steeds so goed...

Skool sluit Vrydag, 18 Junie, vroeër

Neem asseblief kennis dat die skool volgende Vrydag, 18 Junie, om 11:45 (Gr.1-3), 12:00 (Gr.4-6) en 12:30 (Gr.7) weens personeelopleiding sluit. Die bus vertrek om 12:35. Nasorg sal voortgaan.

Geagte Ouers/Voogde

Ek hoop regtig en vertrou dat dit met julle en julle gesinne goed gaan en dat almal veilig is, veral met die uitbreek van die 3de vlaag van die Covid-19 pandemie in ons ikoniese moederstad. Gister se statistieke toon dat daar 64 infeksies per 100 000 Suid-Afrikaners die laaste 7 dae plaasgevind het. Ons land se infeksiesyfers soos op 10 Junie staan op 1, 712 939 en 57 310 Suid-Afrikaners is sedert die begin van die pandemie oorlede. Die vraag is: "Is daar rede tot kommer?". Alhoewel daar ‘n toename in die aantal infeksies is, glo ek dat indien ons waaksaam bly en die nodige Covid-19 protokol eerbiedig ons binnekort hierdie aanslag ook sal oorwin. Verskeie van ons gesinne is die afgelope week erg geraak waar van die gesinslede positief vir die virus getoets is en hulle is in isolasie van 10 dae geplaas. Wees verseker dat indien leerders as gevolg van siekte nie skool kan bywoon nie, ons nog steeds ons leerders akademies sal ondersteun. Julle hoef glad nie bekommerd te wees in terme van assesserings nie; ons sal beslis ‘n plan maak! Graag wil ek julle as ouers bedank dat julle die skool se Covid-19 protokol eerbiedig deur nie jul kinders skool toe te stuur wanneer ‘n gesinslid siek is of as ‘n lid vir ‘n Covid-toets gaan. Baie dankie dat julle verstaan dat dit moeilik is om te onderskei tussen verkoue/griep-simptome en dié van Covid-19. Ons probeer almal se belange op die hart dra en ek verstaan dat dit logistiese uitdagings vir werkende ouers bied as kinders by die huis moet bly indien hulle verkoue of...

Sport gedurende die eksamen vir Gr.4 – 7

Op Dinsdag, 15 Junie, stop die Gr.4 - 7-leerders se buitemuurseprogram ter voorbereiding vir die eksamen. Ons glo egter dat dit die kinders sal goed doen om gedurende die eksamentyd steeds 'n geleentheid te kry om aktief besig te wees. Ons het daarom besluit om vir elke Gr.4 - 7-groep twee keer 'n week 'n sportperiode te skep. Hierdie periode sal gedurende skoolure plaasvind en alle leerders is daarby betrokke. Ons sal steeds aan vaardighede werk, maar dit ook met pret en veilige speletjies afwissel. Leerders kan op die dae wat hul sportperiode plaasvind met hul LO-klere skool toe kom. Sien die rooster (foto) vir die dae waarop elke graad betrokke...

Sport vir Gr.1 – 3 gedurende die eksamen

Ons het nie van ons Gr.1 - 3 leerders vergeet nie en gaan vir hulle 'n effens aangepaste sportprogram laat volg. Hulle normale sportprogam eindig op Donderdag, 17 Junie. Die eksamenprogram se sportsessies vind vanaf 13:00 tot 14:00 plaas. Dit is nie verpligtend nie en die klasonderwysers gaan nie as afrigters optree nie. Vir die twee eksamenweke (21 Junie tot 1 Julie) gaan dit hoofsaaklik buiteafrigters wees wat hierdie sessies behartig. Ons vra dus dat ouers asb. die skakel sal volg om die Google Form te voltooi om hulle kinders vir die sessies in te skryf. Ons benodig die getalle om voldoende beplanning te doen om te verseker dat ons genoeg afrigters reël: Google Form vir...

Covid-19: 3de vlaag

Liewe Ouers/Voogde Dit is duidelik dat die 3de golf van die pandemie ons midde betree het en daar is ‘n toename van infeksies onder ons ouers en gemeenskap. Die doel van die brief is nie om paranoia te veroorsaak nie, maar eerder vir jul te versoek om nie jul kinders wat enige verkoue/griep simptome onderlede het, skool toe te stuur nie. Ons besef dit is vir heelparty ouers logisties moeilik en dan word kinders in ieder geval afgelaai. Dit is tans verkoueseisoen, maar probeer asseblief verstaan ons kan nie tussen Covid en verkoue onderskei nie. Ons doelwit was nog altyd en bly om soveel moontlik leerders heeltyd tydens die uitdagende tye by die skool te akkommodeer. Wees asseblief nie bekommerd oor jou siek kind se akademie nie, aangesien opvoeders deurgaans die klaswerk sal kommunikeer. Gereelde en eerlike kommunikasie bly vir ons ‘n prioriteit – so kan ons ook onder andere bepaal wanneer siek leerders kan terugkeer skool toe. Baie dankie dat julle waaksaam gaan wees sodat ons saam die pandemie kan bestuur en in die proses die veiligheid van die skoolgemeenskap kan verseker. Groete Naas...

Lawwe Haardag! – Dinsdag, 15 Junie

Kom geniet 'n prettige Jeugdag saam met jou Jannie-maats! Trek kleurvolle sivvies aan en doen iets GEK met jou hare! Koste: R5, betaalbaar op die Karri-toep vanaf Maandag, 7 Junie. Daar sal ook pouse lekkernye te koop wees en musiek om te geniet! Geld word ingesamel ten bate van die graad...

Geagte Ouers / Voogde

Skielik het Junie-maand aangebreek en met die 3de vlaag van Covid-19 wat soos ‘n onwelkome gas opdaag, kondig die president ook aan dat die land na vlak 2 van die grendelperiode beweeg. Ek is seker daarvan dat julle ook bewus is van die vlaag van tienerselfmoord wat die laaste paar weke in die Wes-Kaap sy kop uitgesteek het. Die pandemie met al sy drakoniese regulasies het nie net ‘n vernietigende effek op die ekonomie nie, maar ook ‘n geweldige sielkundige effek op die mensdom self. Ons kyk ons dalk vas in die sigbare en meetbare gevolge van die pandemie soos byvoorbeeld die sterftesyfer, maar die ‘verborge’ effek word dikwels nie raak gesien nie. Sommige mense wat die virus opdoen, sukkel met die stigma en is ook ‘n bydraende faktor wat tot swak geestesgesondheid lei. Sielkundiges waarsku al vir ‘n geruime tyd dat die grendelmaatreëls wat deur regerings wêreldwyd geïmplementeer is, met tyd sy tol sal eis. Dus het die ‘tikkende tydbom’ ontplof en die lewens van verskeie jong tieners in ons omgewing onnodig geëis. Ek besef dat ons net ‘n laerskool is, maar steeds wil ek ‘n ernstige beroep op julle as ouers/voogde doen om saam met ons waaksaam te wees en ons kwesbare leerders/kinders se emosionele gesondheid daagliks te monitor en by te staan waar nodig. Op ‘n meer positiewe noot wil ek graag terugvoering gee rakende ons skool se suksesvolle gholfdag wat op 31 Mei te Pearl Valley Gholflandgoed plaasgevind het. 48 gholfspelers het aan die spesiale dag deelgeneem en was gereed om hul gholfvaardighede teen die gholfgode te toets, maar hulle moes ook die ongure winterweer...

Belangrike Datums

augustus 2026

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor