Die tweekamp seisoen het die afgelope naweek, alhoewel effens aangepas, afgeskop. ‘n Paar van ons Jannies het Saterdag, 12 Junie, aan die WP-Tweekamp se winterreeks deelgeneem en uitstekend gevaar.

Hier volg die oud- en nuwe leerders se uitslae:
Delmar Benecke (gr. 4) seuns o/11 is 1ste en Karu Rademeyer (gr. 4) is 7de vir dogters o/11.
Albert Griesel (gr. 6) is 7de vir seuns o/13 en Alexander Benecke (gr. 7) is 1ste vir seuns o/15.
Stefan Griesel (gr. 8) is 3de vir seuns 0/15.

Baie geluk aan al die leerders! Dis lekker om te sien dat julle deur hierdie vreemde omstandighede steeds so goed vaar.