Op Dinsdag, 15 Junie, stop die Gr.4 – 7-leerders se buitemuurseprogram ter voorbereiding vir die eksamen. Ons glo egter dat dit die kinders sal goed doen om gedurende die eksamentyd steeds ‘n geleentheid te kry om aktief besig te wees. Ons het daarom besluit om vir elke Gr.4 – 7-groep twee keer ‘n week ‘n sportperiode te skep. Hierdie periode sal gedurende skoolure plaasvind en alle leerders is daarby betrokke. Ons sal steeds aan vaardighede werk, maar dit ook met pret en veilige speletjies afwissel. Leerders kan op die dae wat hul sportperiode plaasvind met hul LO-klere skool toe kom. Sien die rooster (foto) vir die dae waarop elke graad betrokke is.