Registerklasse vir 2022

Neem asb. kennis van die registeronderwyser-klasindelings vir 2022:   Laerskool Jan van Riebeeck: Gr.1 T - Liezel Theron Gr.1 K - Michelle Kellerman (Graadhoof) Gr.1 S - Nicola Swanepoel   Gr.2 DG - Raché de Goede  (Graadhoof) Gr.2 N - Anja Nauta Gr.2 S - Helené Slabbert   Gr.3 S - Benita Smit Gr.3 E - Heidré Ehlers Gr.3 C - Maricqe Coetzer  (Graadhoof)   Gr.4 M - Nadia Meiring Gr.4 F - Ischké Felix  (Graadhoof) Gr.4 C - Marianne Conradie   Gr.5 S - Warren Stoman Gr.5 JvR - Bibi Janse van Rensburg (Graadhoof) Gr.5 W - Mardry Wright   Gr.6 DJ - Lucia de Jager Gr.6 B - Andri Baird  (Graadhoof) Gr.6 F - Shahneé Felix   Gr.7 VR - Charlene van Rooyen (Graadhoof) Gr.7 A - Suné Alberts Gr.7 S - Izél Storm   Huppelland: Gr.00 Skapieklas - Anike Goliath Gr.00 Hansieklas - Magdel Fourie Gr.00 Beertjieklas - Naomi Uys Gr.0 Apieklas - Marnelle Bosenberg Gr.0 Voëltjieklas - Thereasa Visser Gr.0 Vissieklas - Lana Kruger Gr.R Hondjieklas - Lauren Janse van Rensburg Gr.R Bytjieklas - Lize Terblanche Gr.R Pikkewyneklas - Suné...

Somerkleredrag vir dogters

Vir ouers wat verkies dat hul dogters in die somer kort grysbroeke dra (wat seuns gewoonlik dra), dit word voortaan toegelaat saam met standaard grys skoolkouse. Dit sal eers volgende jaar amptelik op die skoolbeleid aangepas word.

Inskrywings vir Skole Distrik swemproewe

Ons het 'n skrywe vanaf die Distrikkantore ontvang wat aangekondig het dat daar 'n SA Skole Swemkampioenskappe vanaf 26 - 28 Maart 2022 gaan plaasvind. Die plek moet nog bevestig word, maar a.g.v. die COVID-regulasies het die formaat effens verander.   Die Kaapse Metro Distrik gaan nie aparte swemproewe vir elke distrik hou nie. Die spankeurders gaan SSA se databasis vir die tye van die klubswemmers in die verskeie items gebruik. Swemmers wat nie deel van 'n klub is nie, moet aan die Vlak 1 swemgala wat op 4 en 5 Desember 2021 by Bellville se munisipale swembad gaan plaasvind, deelneem.  Alle swemmers wat hul name indien vir die distrikproewe maak hulself outomaties beskikbaar vir die provinsiale proewe wat in Januarie 2022 gaan plaasvind asook die SA Skole Kampioenskappe wat in Maart 2022 gaan plaasvind indien hulle suksesvol is. Sien die ouderdomsgroepe en items soos ons dit ontvang het: 2011, 2010: 12 & under 2009: 13 years 2008: 14 years Items: Vryslag (Freestyle): 50m, 100m 200m, 400m (open) Rugslag (Backstroke): 50m, 100m, 200m Borsslag (Breaststroke): 50m, 100m, 200m Vlinderslag (Butterfly): 50m, 100m, 200m (open) Individuele wisselslag (IM): 200m, 400m (Open) Aflos (Relays): 200m Free, 200 Medley, Mixed Indien jy jou kind/ers wil inskryf, volg asb. die gepaste skakel en voltooi die vorm teen 23 November om 17:00. Nie-klub swemmers Klub-swemmers...

Redenaars 2022

Ek is tans besig met die beplanning van die redenaarsprogram vir 2022. Graag wil ek weet of jou kind volgende jaar aan ons redenaarsprogram sal wil deelneem. Ek gaan deur die loop van volgende week vir die leerders wat belangstel briewe gee wat jul kan terug stuur skool toe indien hulle belangstel. Ek hoop om baie nuwe redenaardeelnemers te verwelkom en natuurlik ons ervare sprekers weer te hoor redeneer! Andri Baird andri@jvrprim.co.za Sien gerus die temas wat reeds vir 2022 bekendgemaak...

Klerebank: Somerbestellings

Somerbestellings: Fabrieke maak oor ‘n maand, vir ‘n hele maand toe en winterbestellings word reeds einde Januarie geplaas. Hiermee versoek ek dat ouers asseblief hul somerbestellings finaliseer sodat ek kan sien of daar nog ‘n behoefte aan sekere items is en waar moontlik, sal ek dit bestel. Swemklere: Second Skins bly hul eie afleweringsdatums mis. Die huidige datum is 17-19 November. Dit affekteer dogters grootte 36 en die nuwe Gr.1-bestellings. Rashvests is lank gelede afgehaal van die webtuiste. Dit is donkerblou met ‘JvR’ geborduur (second skins). Dit is nie ‘n verpligte item nie en ek gaan nie voorraad onnodig aanhou nie. Dit is nou weer beskikbaar vir ongeveer R245. Ek het vir ‘n paar ouers bestel wat hiervoor gevra het. Indien iemand nog belangstel, kan jul nog bestel tot en met Woensdag, 17 November. Tree asseblief in verbinding deur 'n e-pos na jvrklerebank@gmail.com te stuur of loer alternatiewelik by die klerebank in. Klerebanktye: Tye is steeds voor skool op Maandae en Woensdae, en na skool op Dinsdae en Donderdae 13:30 - 14:20. Ek bly soms later oop omdat my eie kinders aan sport deelneem. Indien jy ‘n alternatiewe tyd wil afspreek, tree asseblief in verbinding met...

O/11 Ceres tennistoernooi, 6 November

Ons seuns o/11-Tennisspan het Saterdag, 6 November, aan die o/11 Westman Tennistoernooi te Ceres deelgeneem. Dit was 'n fantastiese tennisdag!   Daar is van LS Gericke, HS Charlie Hofmeyr en Ceres Tennisklub se fasiliteite gebruik gemaak en verskeie wedstryde is deur die loop van die dag gespeel. Dit was 'n lekker pa- en seundag met almal se pa's wat vir die dag daar was. Ons span het bestaan uit Dawid-Wiese Viljoen, Johan Symington, Adriaan Wessels en John Gillmer. Uitslae 0/11-Seuns (A-afdeling): 1.CT invitation 2. Gene Louw, 3. Welgemoed, 4. Eversdal, 5. Jan van Riebeeck, 6. De...

Geagte Ouers / Voogde

Kwartaal 4 is ‘n besige kwartaal wat onder andere eksamen, finale assesserings, prysuitdelings, afskeid neem en laaste van laastes insluit terwyl Vader Tyd nie stil staan nie. Vrees vir eksamen (kontroletoetse) is al vir baie jare ‘n realiteit en hierdie tyd kan moontlik stresvol vir ‘n gesin wees. Daarom wil ek ‘n ernstige beroep op julle plaas om by die huis ‘n omgewing wat bevordelik vir leer is, te skep. Help jul kinders om vroegtydig te beplan om met eksamenvoorbereiding te begin. Verder is dit net so belangrik om ook tyd vir bietjie ontspanning te skeduleer so tussen die studietye. Navorsing toon dat kinders hoër punte behaal waar ouers/voogde by hul studie en opvoeding betrokke is. Indien jy as ouer/voog ook angstig raak tydens eksamen, doen bietjie introspeksie. Besin dalk oor jou eie ervaring sodat jy nie jou onverwerkte angs onbewustelik aan jou kind/ers oordra nie. Dit was ‘n moeilike jaar na die geweldige impak van die 3de vlaag van Covid-19 infeksies en daarom kan leerders moontlik meer angstig wees vir die komende eksamen as voorheen. Help gerus jou kind om betyds ‘n studierooster op te stel en sodoende eksamenstres te bekamp. Maak hulle veral rustig met die wete dat ‘n eksamen eintlik maar net ‘n groot toets is, iets waarmee hulle baie bekend is. Verlede Vrydag het ons Holderstebolderdag gevier en leerders kon vir R5 enige iets snaaks aantrek. Hierdie fondse geïn gaan vir die Gr. 7-fonds. Natuurlik het die Jannies nie op hulle laat wag nie en met kleurryke kleredrag en kostuums by die skool opgedaag. Baie dankie aan al die ouers wat die jaarlikse begrotingsvergadering op...

Nasionale uitslae van die Radikale Redenaars kompetisie

Twee van ons leerders, Pieter en Karu Rademeyer het omtrent uitgeblink tydens hierdie jaar se Radikale redenaars kompetisie. Die uitslae is soos volg: Pieter – Graad 2J Afrikaanse redenaars – 6de Lees: Poësie – 6de Reading: Poetry – 5de Hy is in al drie afdelings 1ste in die Wes-Kaap. Slegs die provinsiale wenner het deurgedring na die finaal toe en is nasionaal geplaas. Karu – Graad 4C Lees: Poësie – 5de (1ste in Wes-Kaap) Afrikaanse redenaars, Lees: Prosa en Reading: Poetry – al drie afdelings 2de in Wes-Kaap Slegs die provinsiale wenner het deurgedring finaal toe en is dus nasionaal geplaas. Baie geluk julle twee! Ons is vreeslik trots op...

Nina Lubbe kompeteer by Goju Kai nasionale kampioenskap

Nina Lubbe in Gr.5F neem Saterdag aan die Goju Kai Nasionale kampioenskap as 'n lid van die WP-span deel. Sy neem aan die Kata, Kumite en die Unison Kata items deel. Deelnemers het die geleentheid om by dié toernooi te kwalifiseer om deel te wees van die Suid-Afrikaanse span wat aan die internasionale Karate-Do Goju Kai kampioenskap in Japan in 2022, gaan deelneem. Die dogter saam met haar op die foto is Saoirse Abrahams. Sy is deel van die Unison Kata span. In Unison neem drie spanmaats deel en Nina is die kaptein van hul span. Sy doen reeds karate vandat sy 5-jaar oud is en het tans ‘n bruinbelt. Baie sterkte...

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo almal het die meevallertjie van ‘n lekker langnaweek geniet en getrou jul merkie op die munisipale verkiesingsdag, 1 November, in jul onderskeie kiesafdelings gemaak. Ek hoop en vertrou dat julle darem nie te lank in rye gestaan het nie. Die Kaapse weer bring maar altyd ‘n bietjie van ‘n uitdaging wanneer ‘n mens buite in lang rye moet staan. Ek en my vrou het geduldig in ‘n lang ry by Laerskool Tamboerskloof gestaan en was verlig om na 1 uur 10 minute ons kruisie te kon trek. Heelwat ouers het ook hul jong kinders saamgebring om die proses te ervaar. Dit was lekker om vir Isabella en Elisabet saam met hul ouers Esri en Albertus in die lang ry te sien en ons kon mekaar darem vertroos dat dit darem nie te lank gaan duur nie. Op Dinsdag, 2 November 2021, het ek as skoolhoof ook die wonderlike voorreg gehad om vir die eerste keer sedert my aanstelling met die hele Intersenfase (Gr. 4 - 7 leerders en opvoeders) ‘n formele saalbyeenkoms te hou. Marinda het vir ons Jannies ‘n pragtige boodskap gebring waartydens sy hulle verseker het dat hulle nooit hul waarde as Jannies moet onderskat nie. Sy het haar potloodsakkie met die inhoud gebruik om haar boodskap prakties te verduidelik. Die rooi pen het net so ‘n belangrike funksie soos die uitveër. Of jy nou ‘n liniaal of ‘n skerpmaker is, elkeen speel ‘n rol en vervul ‘n baie belangrike funksie. Sy het die leerders verseker dat jy nie net ‘n top akademiese leerder of ‘n uitstekende atleet hoef te wees om waarde vir die...

O/11 interne krieketwedstryd, 3 November

Die 0/11's het Woensdag, 3 November, 'n krieketwedstryd teen mekaar gespeel. Hulle is in twee spanne verdeel, Engeland vs Pakistan.   Die spanne was soos volg: Pakistan: Dawid-Wiese Viljoen (K); Frank vd Walt; Liam Schmidt; Ruald Naude; Delmar Benecke; Liam Joubert; Kai Allewell; Conrad Slabber en Shaye Schwartz. Engeland: Conrad Bezuidenhout(K); Ruben Eksteen; Pierre-Jaque Smit; Adriaan Wessels; Marais Groenewald; Schalk van Niekerk; Johan Symington; Willem Vorster; Stephan Holtzhausen en Nicholas Vermeulen. Pakistan het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Hulle kry Engeland vir 56 lopies uit. Pakistan het met gemak die 56 lopies afgeslaan en wen die dag. Dawid-Wiese is aangewys as speler van die wedstryd met 40 lopies nie uit nie en Liam Joubert as bowler van die dag met 5 paaltjies. Delmar Benecke het ook 2 paaltjies geneem, Dawid-Wiese Viljoen 2 paaltjies en Pierre-Jaque Smit 2 paaltjies. Die gees was hoog en die seuns het dit baie geniet. Baie dankie aan al die ouers wat kom ondersteun het. Ons maak gou weer...

Kleredrag vir fotodag, 10 November

Woensdag, 10 November 2021 Tyd: 07:45 Foto's wat geneem word: 1. Leerderraad (7:45) 2. Biblioteekmonitors (7:45) 3. Nuwe leerders 4. Junior koor 5. Senior koor 6. Alle musiekleerders 7. Wiskunde Olimpiade 8. Eisteddfod medalje wenners 9. Provinsiale kleure 10. Skaak 11. Redenaars 12. Tennis (span en nie-span spelers) 13. Krieket (0/7 - 0/13) 14. Hokkie (0/9 - 0/13) 15. Netbal (0/7 - 0/13) 16. Rugby (0/7 -0/13) Kleredrag vir foto's: Netbal 0/7 - 0/8: Wit LO-hemp, donkerblou skort, wit sokkies en tekkies 0/9 – 0/12: Oranje hempie, donkerblou skort, wit sokkies en tekkies 0/13 A & B: rokkies 0/13 C: Blou 100 jaar hempie, wit sokkies en donkerblou skort Rugby O/7 - O/13 JvR-rugbytrui en donkerblou kortbroek Krieket 0/7 - 0/9: JvR LO-hemp, donkerblou kortbroek, lang blou kouse met oranje strepie en tekkies. 0/11: Oranje hemp (met moue), donkerblou kortbroek, lang blou kouse met oranje strepie en tekkies. 0/13: Oranje 1ste span hemp, wit langbroek, lang blou kouse met oranje strepie en tekkies. Hokkie (Dogters) 0/9 – 0/12: Oranje hemp(sonder moue), donkerblou skort,lang blou kouse met oranje strepie en tekkies. 0/13: Rokkies, lang blou kouse met oranje strepie en tekkies. Hokkie (Seuns) 0/9 – 0/13: JvR-rugbytrui, donkerblou broek, lang blou kouse met oranje strepie en tekkies. Tennis (spanspelers) Dogters 1ste span: Netbal/tennis rokkie Seuns 1ste span: Blou 100 jaar hempie met donkerblou kortbroek, wit sokkies en tekkies. Ander spanne – Oranje hemp (Seuns met moue; Dogters sonder moue) met donkerblou kortbroek/skort, wit sokkies en tekkies. Tennis (nie-span spelers) Dogters: wit LO-hemp, donkerblou skort, wit sokkies en tekkies. Seuns: wit LO-hemp, donkerblou kortbroek, wit sokkies en tekkies. Skaak Winterdrag Drama...

Swemklere vir LO

Gr.3-7 leerders moet asb. hul swemklere en swemkeppies vir die week van 8 - 12 November vir LO skool toe bring.

Jannies vaar uitstekend by Inter-sone byeenkoms

Verskeie Jannies het die afgelope naweek, 30 Oktober - 1 November, aan die Inter-sone tennis byeenkoms deelgeneem. Baie van ons spelers het vir die Suidelike span gekwalifiseer en het teen spelers van die Sentraal-sone gespeel. Adriaan Wessels, Nils le Roux, Gustav van der Linde, Stella Pansegrouw en Ané Swanepoel het die o/10-groep saam met spelers van ander skole verteenwoordig. Adriaan en Nils het die meeste van hul enkelspel wedstryde gewen, asook al hul dubbelspel wedstryde. Stella Pansegrouw en Ané Swanepoel het ook baie goed gevaar en al hul wedstryde gewen. Die dogters se span wen dan ook algeheel van die 4 sones (Noord, Oos, Suid en Sentraal) van die byeenkoms en ontvang goue medaljes. Van ons ouer spelers moet nog hulle Inter-Sone byeenkoms voltooi en ons wens vir hulle baie sterkte toe. Nadat die spelers aan die Inter-Sone byeenkomste deelgeneem het, word hulle gekies vir die Kaapse Metro (voorheen bekend as WP) proewe wat in Desember...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor