Nina Lubbe in Gr.5F neem Saterdag aan die Goju Kai Nasionale kampioenskap as ‘n lid van die WP-span deel. Sy neem aan die Kata, Kumite en die Unison Kata items deel.

Deelnemers het die geleentheid om by dié toernooi te kwalifiseer om deel te wees van die Suid-Afrikaanse span wat aan die internasionale Karate-Do Goju Kai kampioenskap in Japan in 2022, gaan deelneem.

Die dogter saam met haar op die foto is Saoirse Abrahams. Sy is deel van die Unison Kata span. In Unison neem drie spanmaats deel en Nina is die kaptein van hul span.

Sy doen reeds karate vandat sy 5-jaar oud is en het tans ‘n bruinbelt. Baie sterkte Nina!