Ons het ‘n skrywe vanaf die Distrikkantore ontvang wat aangekondig het dat daar ‘n SA Skole Swemkampioenskappe vanaf 26 – 28 Maart 2022 gaan plaasvind. Die plek moet nog bevestig word, maar a.g.v. die COVID-regulasies het die formaat effens verander.
 
Die Kaapse Metro Distrik gaan nie aparte swemproewe vir elke distrik hou nie. Die spankeurders gaan SSA se databasis vir die tye van die klubswemmers in die verskeie items gebruik. Swemmers wat nie deel van ‘n klub is nie, moet aan die Vlak 1 swemgala wat op 4 en 5 Desember 2021 by Bellville se munisipale swembad gaan plaasvind, deelneem.  Alle swemmers wat hul name indien vir die distrikproewe maak hulself outomaties beskikbaar vir die provinsiale proewe wat in Januarie 2022 gaan plaasvind asook die SA Skole Kampioenskappe wat in Maart 2022 gaan plaasvind indien hulle suksesvol is.

Sien die ouderdomsgroepe en items soos ons dit ontvang het:
2011, 2010: 12 & under
2009: 13 years
2008: 14 years

Items:
Vryslag (Freestyle): 50m, 100m 200m, 400m (open)
Rugslag (Backstroke): 50m, 100m, 200m
Borsslag (Breaststroke): 50m, 100m, 200m
Vlinderslag (Butterfly): 50m, 100m, 200m (open)
Individuele wisselslag (IM): 200m, 400m (Open)
Aflos (Relays): 200m Free, 200 Medley, Mixed

Indien jy jou kind/ers wil inskryf, volg asb. die gepaste skakel en voltooi die vorm teen 23 November om 17:00.
Nie-klub swemmers
Klub-swemmers