Somerbestellings:

Fabrieke maak oor ‘n maand, vir ‘n hele maand toe en winterbestellings word reeds einde Januarie geplaas.

Hiermee versoek ek dat ouers asseblief hul somerbestellings finaliseer sodat ek kan sien of daar nog ‘n behoefte aan sekere items is en waar moontlik, sal ek dit bestel.

Swemklere:

Second Skins bly hul eie afleweringsdatums mis. Die huidige datum is 17-19 November. Dit affekteer dogters grootte 36 en die nuwe Gr.1-bestellings.

Rashvests is lank gelede afgehaal van die webtuiste. Dit is donkerblou met ‘JvR’ geborduur (second skins). Dit is nie ‘n verpligte item nie en ek gaan nie voorraad onnodig aanhou nie.

Dit is nou weer beskikbaar vir ongeveer R245. Ek het vir ‘n paar ouers bestel wat hiervoor gevra het.

Indien iemand nog belangstel, kan jul nog bestel tot en met Woensdag, 17 November. Tree asseblief in verbinding deur ‘n e-pos na jvrklerebank@gmail.com te stuur of loer alternatiewelik by die klerebank in.

Klerebanktye:

Tye is steeds voor skool op Maandae en Woensdae, en na skool op Dinsdae en Donderdae 13:30 – 14:20.

Ek bly soms later oop omdat my eie kinders aan sport deelneem. Indien jy ‘n alternatiewe tyd wil afspreek, tree asseblief in verbinding met my.