Swemgroepe se indelings vir die week
Baie dankie aan almal wat die vorms voltooi het om hul kind/ers vir die swemgroepe in te skryf. Ons het die afgelope week almal wat by die oefening was, evalueer om te kyk of hulle wel kan swem en of ons hulle na 'n ander groep moet skuif. Die kinders wat na 'n ander groep moet skuif se ouers sal ons direk kontak. Die res van die swemmers bly in hul groepe soos hulle plek gekry het. Ons wil egter versoek dat ouers ons dadelik in kennis stel indien jou kind/ers nie meer gaan swem nie of slegs een dag gaan swem. Daar is nog heelwat kinders wat 'n plekkie soek. Ons sal ouers ook in kennis stel indien daar plek oopgaan. As jou kind/ers se naam op die waglys is, hoef ouers nie 'n e-pos vir navrae te stuur nie. Ons vra dat ouers asb. nie die afrigters of onderwysers tydens die oefening pla nie en om asb. vir leerders onder die afdakkie voor die tennisbaan of by die bome te wag. Dit ontneem leerders van lestyd as afrigters eers ouers se vrae moet beantwoord. Indien 'n kind gereeld nie vir oefening gaan opdaag nie, gaan ons 'n ander kind die geleentheid gee. Volg gerus die korrekte skakel op die swembladsy op die skool se webtuiste vir die inskrywings se...
Klerebank: 100 + 1 Feeshemde
Hiermee die skakel om die 100+1 feeshemp aan te koop: https://www.treadleclothing.co.za/product/jvr-100-feeshemp/ Bestel asseblief teen 12 Februarie. ‘n Aflewering van ‘n klein bestelling, groottes 8 tot 14 jaar word volgende week verwag. Groottes 4 jaar, M en L is in voorraad. Na 12 Februarie sal die balans bestel word volgens bestellings ontvang. Die tweede bestelling behoort teen einde Februarie afgelewer te word. Klerebanktye: 07:20 - 08:00 Maandae en Woensdae 13:30 - 14:20 Dinsdae en...
Hulp met konsert 2022
Ons hou weer hierdie jaar konsert! Indien jy graag by die konsertreëlings betrokke wil raak, kliek HIER en vul die vorm in om ons in kennis te stel waar of op watter manier jy sal kan help. Dankie!
Welwillendheid: Klereprojek
Die Welwillendheidskomitee wil baie graag al die ouers bedank wat skoolklere en skryfbehoeftes geskenk het. Ons gee ‘n laaste geleentheid indien jy nog enige klere wil skenk. Laaste dag vir skenkings is Donderdag, 10 Februarie. Dit kan na Marietjie de Kock se klas geneem word. Nogmaals baie dankie. Dit word opreg...
Nuwe Covid-protokol
Beste Ouers Die President het gister aangekondig dat die kabinet veranderinge maak ten opsigte van die kwarantyn- en kontakopsporing-protokol vir die land. Laerskool Jan van Riebeeck sal hierdie protokol van nou af volg: Indien jy positief toets, maar geen simptome toon nie, hoef jy nie te kwarantyn nie. Indien jy positief toets en jy simptome toon, word die kwarantyntydperk van 10 na 7 dae verminder. Indien jy in kontak was met iemand wat positief getoets het, hoef jy nie te kwarantyn tensy jy simptome toon...
Fotodag: Dinsdag, 1 Maart
Dinsdag, 1 Maart is dit fotodag. Die volgende foto's sal geneem word: Individuele foto's Boetie- en sussie foto's Beheerraadfoto Biblioteekmonitors Suidoosterredaksie OOV Reëlings: Kleredrag: Leerders dra hul gewone wit JvR-skoolhemp (plat kraag met wapen op die sak) met hul grys kortbroek en donkerblou rompie, wit en grys sokkies met skoolskoene. Daar sal GEEN LO-lesse op hierdie dag wees nie. Leerders moet asb. betyds wees. Ons begin reeds om 08:00 met die foto's. Maak asb. seker dat jou kind(ers) se hare en naels netjies en skoon...
Interskole Atletiekbyeenkoms – 8 Februarie
Ons is baie opgewonde om op Dinsdag, 8 Februarie 2022, weer aan ons jaarlikse Interskole Atletiekbyeenkoms te kan deelneem. In 2020 kon van ons laaste byeenkomste van die seisoen nie plaasvind nie en in 2021 kon ons geen byeenkomste aanbied nie. COVID het beslis vir heelwat aanpassings en veranderinge gesorg. Alhoewel heelwat van die maatreëls verslap is, is nie alles afgeskaf nie en moet ons nog daarvolgens werk. Aan die einde van 2021 was daar nog geen duidelikheid watter impak die 4de vlaag op ons atletiekseisoen aan die begin van 2022 sal hê nie. Ons het egter voortgegaan met die hoop dat ons iets sal kan doen en het ons die Kleuresportbyeenkoms aangebied. Ongelukkig kon al ons leerders nie die dag bywoon nie, maar ons het voortgegaan en dit was 'n heerlike dag. Ons het die O/10 - O/13-leerders wat nie in 2021 kon deelneem nie, gevra om te registreer om moontlik in die Interskolespan te kom. Tussen die 9 skole wat aan die Interskole deelneem, maak ons beurte om die geleentheid aan te bied. Die onderwysers van JvR stap egter die ekstra myl en help steeds met baie van die admin om hierdie dag moontlik te maak. Ons help dan ook om 'n baan vir die dag te kry al is dit nie ons beurt om die byeenkoms aan te bied nie. Om 'n atletiekbaan soos Groenpunt te bespreek, moet ons deur sekere kanale werk asook met alle hoër- en laerskole in die Metropoolstreek om beskikbaarheid kompeteer. Ongelukkig is die fasiliteite baie vinnig bespreek en is ander bane in die omgewing nie beskikbaar nie. Na onderhandeling met Hoërskool...
Swemgroepe
Volg die skakel na die swemblad op ons webtuiste en volg die gepaste skakel om te sien in watter swemgroep jou kind(ers) ingedeel is. Indien daar "no more options" langs jou kind se naam staan, beteken dit hy/sy het nog nie plek nie, maar ons sal julle kontak sodra daar 'n plek oopgaan. Stuur gerus 'n e-pos na sport@jvrprim.co.za indien jy enige vrae het....
Geagte Ouers / Voogde
Kan julle glo, vandag is dit reeds die 2de week nadat die skool sy deure vir die akademiese jaar geopen het. Tyd vlieg ongelooflik vinnig verby. Roetine word weer stadig maar seker deel van ons leerders se daaglikse lewe en dit is verblydend om die stralende gesiggies te sien wat soggens by die skool opdaag. Vandag is ‘n baie spesiale dag, want vandag is dit Jannies Jooldag om die 100 + 1 bestaansjaar van ons trotse skool te vier. Die pandemie het ons feesvieringe in 2021 totaal bederf, maar vandag beplan ons om die spreekwoordelike rooi tapyt uit te rol wat verskeie pret aktiwiteite insluit om ons Jannies te bederf. Aktiwiteite sluit in waterglyplank, "putt-putt", hindernisbaan en sportkaskenades vir die gronslagfase leerders terwyl die Graad 4 tot 7-leerders met swemkaskenades, balspeletjies, sportkaskenades, toutrek en "minute to win it" vermaak gaan word. Ek glo die Jannies gaan hul gate uit geniet en hou gerus die JvR-Kiek dop vir foto's. 100 + 1 Feesvieringe vir ouers/voogde geskied dan op Maandag, 31 Januarie, vanaf 18:00 by die skool met ‘n spog kunsuitstalling van die leerders se kunswerke wat die 100 jaar se geskiedenis en ryk tradisies van die skool uitbeeld. Moet asseblief nie die spoggeleentheid misloop nie. Volgende week skop ons met die buitemuurse program af. Ek doen ‘n beroep op al ons leerders om aan al die sport- en kultuuraktiwiteite deel te neem. Ons weet almal dat buitemuurse aktiwiteite fiksheid, konsentrasie, deursettingsvermoë, dissipline, spierontwikkeling en samehorigheid ontwikkel. Baie dankie aan ons ouers wat so getrou die afgelope week die ouerinligtingsaande bygewoon het. Graag daag ek julle uit om aktief betrokke by...
100 +1 Feesvieringe en Kunsuitstalling
Ons kan uiteindelik Maandagaand, 31 Januarie, ter viering van ons skool se 100 + 1 verjaardag lekker saam kuier. Ons (slegs ouers/voogde en onderwysers) ontmoet mekaar stiptelik om 18:00 in die skoolsaal waarna kos en drankies buite die saal beskikbaar sal wees. Ons sal die koskaartjies (soos deur Karri bestel) vanaf 17:30 voor die saal beskikbaar hê. Dit verseker dat dit nie verlore raak nie. Die kunsuitstalling is dwarsdeur die skool. Jy is welkom om teen jou eie tyd rustig daarna te...
Sinchroniseer skool se kalender(s)
Indien jy onseker is hoe om die skool se algemene kalender en/of die Gr.4-7 taak-en toetsrooster kalenders met jou eie kalender te sinchroniseer, volg die gepaste skakel hieronder (ook beskikbaar aan die bokant van ons webtuiste). Volg dan die instruksies in die grys blokkies wat op jou van toepassing is. Algemene kalender Graad 4 taak- en toetsrooster Graad 5 taak- en toetsrooster Graad 6 taak- en toetsrooster Graad 7 taak- en toetsrooster Indien jy steeds nie regkom nie en graag die kalender op jou selfoon/rekenaar se kalender wil hê, stuur gerus 'n e-pos na...
OOV-klasverteenwoordigers 2022
Kan jy goed organiseer? Wil jy graag help om die lewe makliker en lekkerder vir almal by Laerskool Jan van Riebeeck te maak of het jy ander eienskappe wat ons by die OOV nodig het? Kontak asb. vir Ria Hertzog (oov@jvrprim.co.za of 082 320 3288) as jy bereid is om op die OOV te dien of met enige...
Redenaars 2022
Die beplanning vir 2022 se redenaarsprogram het reeds verlede jaar begin. Indien enige iemand oor die vakansie besluit het hulle sien wel kans vir hierdie goeie uitdaging, moet jy asseblief teen Dinsdag, 1 Februarie, vir Andri Baird ‘n e-pos stuur (andri@jvrprim.co.za). Sluit asb. die volgende inligting by die e-pos in: • Naam en van (leerder) • Graadgroep 2022 Verdere inligting sal per e-pos aan almal gekommunikeer word. Baie...
Nina Lubbe gekies vir Nasionale karatespan
Nina Lubbe is gekies vir die nasionale karatespan wat aan die wêreldkampioenskap in Tokyo gaan deelneem. Intussen het die organiseerders besluit om die datum van Augustus 2022 na Augustus 2023 a.g.v. Covid te skuif. Gelukkig gee dit vir Nina nog 18 maande om hard te oefen. Geluk...
Jannies Jooldag 100+1 Program
Rol af in die PDF vir die volledige program.
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026