Baie dankie aan almal wat die vorms voltooi het om hul kind/ers vir die swemgroepe in te skryf. Ons het die afgelope week almal wat by die oefening was, evalueer om te kyk of hulle wel kan swem en of ons hulle na ‘n ander groep moet skuif. Die kinders wat na ‘n ander groep moet skuif se ouers sal ons direk kontak. Die res van die swemmers bly in hul groepe soos hulle plek gekry het.
Ons wil egter versoek dat ouers ons dadelik in kennis stel indien jou kind/ers nie meer gaan swem nie of slegs een dag gaan swem. Daar is nog heelwat kinders wat ‘n plekkie soek. Ons sal ouers ook in kennis stel indien daar plek oopgaan. As jou kind/ers se naam op die waglys is, hoef ouers nie ‘n e-pos vir navrae te stuur nie.
 
Ons vra dat ouers asb. nie die afrigters of onderwysers tydens die oefening pla nie en om asb. vir leerders onder die afdakkie voor die tennisbaan of by die bome te wag. Dit ontneem leerders van lestyd as afrigters eers ouers se vrae moet beantwoord.
 
Indien ‘n kind gereeld nie vir oefening gaan opdaag nie, gaan ons ‘n ander kind die geleentheid gee. Volg gerus die korrekte skakel op die swembladsy op die skool se webtuiste vir die inskrywings se uitslae.