Atletiekuitslae: Interskole byeenkoms
Vraag en Antwoord-blad op die webtuiste
Besoek gerus ons Vraag & Antwoord-blad op die webtuiste. Dit is beskikbaar onder die MyJvR opskrif in die menu. Ouers kan die soekfunksie gebruik om iets op die webtuiste op te spoor en ook inligting en video's onder die Gereelde Vrae-afdeling sien. Daar word binnekort nog bygevoeg, so hou die spasie...
Jannies Nasorg
Ons moedig graag ons ouers/voogde aan om hul kinders by die nasorg in te skryf. Die nasorg, onder leiding van Madri Greyling, bied ‘n veilige plek vir leerders om hul skooldag af te sluit. Die nasorgaktiwiteite is uitgebrei om dit nog lekkerder vir leerders te maak. Die nasorgspan ken elke leerder op die naam en koördineer daagliks leerders om hul sport- en buitemuurse aktiwiteite betyds by te woon. Daar is Maandag tot Donderdag aparte huiswerkklasse vir graad 1, graad 2 en dan vir graad 3 - 7-leerders sodat die druk op ouers en leerders laatmiddag/vroegaand minder is. Ouers kan net by die huis seker maak dat hul kind/ers die werk verstaan. Ons is ook baie trots op Madri aangesien sy aan die einde van laasjaar die finale vakke vir haar B.Ed (Grondslagfase) graad geskryf het en binnekort haar onderwysgraad sal ontvang. Sy inkorporeer nou groot- en fynmotoriese beweging en ander opvoedkundige metodes om huiswerk meer interessant te maak asook om die vaslegging van werk te verseker. Die nasorgspan maak elke dag vir leerders ‘n toebroodjie en van hierdie jaar af is elke dag se broodjie anders. Op hierdie stadium geniet die kinders die toebroodjies so baie, dat van hulle skoon vies raak as mamma of pappa hulle voor hulle ham- en kaasbroodjie kom haal! Daar is aan die begin van die jaar nuwe speelgoed aangekoop en die leerders het nou baie “hula hoops” en balle om buite mee te speel. Daar is ook verf en ander kunsprodukte aangekoop en leerders doen een keer ‘n week ‘n kunsaktiwiteit. Een van ons ouers, Ronel Allewell, bied elke Vrydagmiddag vir ons nasorgleerders...
Tenniswedstryde, 9 Februarie
Op Woensdag, 9 Februarie, het vyf van ons tennisspanne op verskeie bane wedstryde gespeel. Dit het met die meeste van ons baie goed gegaan. Noord-liga Seuns o/13A: [Dawid-Wiese Viljoen, Adriaan Wessels, Gustav Pansegrouw & John Gillmer] verloor 1 - 5 Dogters o/13A: [Klara Maree, Stella Lamprecht, Katia van Wyk & Jeanne van Heerden] verloor 0 - 6. Klara Maree het 'n uitstekende wedstryd gespeel. Haar enkels het omtrent 'n uur geduur met 2 wedstrydpunte vir albei. Zane (van Gene Louw) is in die Top 30 van die WP-ranglys en Klara Maree het haar goed laat werk vir haar (Zane) se 6-5 wen. Gemengde D-span: [Gustav van der Linde, Ané Swanepoel, Stella Pansegrouw & Jan-Willem Silvis] wen 5-1 Table View-liga Gemengde 1ste span [Daniel Welgemoed, André Marais, Stella Zulch & Anna Louw] wen 6-1 Gemengde 2de span [Hila Hertzog, Emke van Wyk, Nils le Roux & Pierre-Jaque Smit] wen...
O/11 A-Krieketwedstryd, 9 Februarie
Baie geluk aan Frank van der Walt, kaptein van die o/11 A-krieketspan en sy span wat gister hulle eerste wedstryd van die nuwe seisoen gewen het. Ruben Eksteen is aangewys as Speler van die Wedstryd. Hy het in die kolf- en boulbeurt uitgeblink. Die nuwe o/11-spelers het hul ook goed van hul taak gekwyt. Ben Esterhuyse het 7 lopies afgestaan na 2 beurte, Noah Thau 2 lopies na 1 beurt en Willem Vorster ook 2 lopies na 1 beurt. Ons is baie trots op hierdie manne en is baie opgewonde oor die seisoen wat...
Emma van Biljon presteer in musiekeksamen
Emma van Biljon in Graad 6 het Trinity se Graad 1-dwarsfluiteksamen met eervolle vermelding geslaag. Sy het begin met dwarsfluitlesse net voor die grendeltydperk in 2020 begin het en het vir omtrent 1 en 'n halwe jaar aanlyn lesse ontvang. Dit is 'n puik prestasie, veral om op hierdie manier 'n splinternuwe instrument te bemeester. Baie geluk,...
HS JvR-Bergfietsklub
Beste Bergfiets-entoesias Hoërskool JvR het verlede jaar ’n weldoener gehad wat in privaatkapasiteit die vaardigheidsessies, soos aangebied deur BreakAway Rides, se kostes gedra het om ons laerskoolkinders bloot te stel aan bergfiets en om die Hoërskool-bergfietsbaan bekend te stel. Die kwartaallikse fooi, wat deur Hoërskool Jan van Riebeeck se bergfietsklub bestuur word, sal vanaf hierdie jaar R550 per kwartaal beloop. Dié bedrag sal die afrigters se kostes dek. Ons het op Vrydag, 21 Januarie 2022, begin met ons eerste vaardigheidsessie vir 2022. Die vaardigheidsessies vind elke Vrydag van 14:30 tot 16:00 op HS JvR se bergfietsbaan in De Hooplaan, Tamboerskloof, plaas. Elke kind sal ’n minimum van 8 x 1.5uur sessies per kwartaal se vaardigheidslesse ontvang. Hierdie lesse word deur BreakAway Rides se afrigters aangebied. Die fietsryers sal elke Vrydag in 2 groepe verdeel word en die afrigters sal die kinders indeel by óf die ‘nipper’-groep vir beginners, óf die ‘junior’-groep vir meer gevorderde fietsryers. Ons sal deur die loop van die jaar ook ’n addisionele na-ure kursus aanbied waar die fietsryers vaardighede aangeleer word om hulle eie fietse te diens. Indien jy bevestig dat jou kind by ons klub vir 2022 wil aansluit, voltooi asseblief die skakel hier onder. SLUIT AAN BY DIE BERGFIETSKLUB Vriendelike groete Karien Zulch karien.zulch@janvanriebeeck.co.za...
Inskrywings vir Welgemoed skaaktoernooi: 19 Februarie
Laerskool Welgemoed bied weer hul jaarlikse skaaktoernooi aan. Indien jou kind(ers) graag aan die toernooi wil deelneem, voltooi asb. die registrasievorm deur die skakel te volg en stuur asb. vir juffrou Raché de Goede (rache@jvrprim.co.za) 'n e-pos sodat ons 'n lys kan saamstel. Welgemoed beheer die inskrywings en ons het dus nie toegang tot die lys nie. Kliek HIER vir meer inligting oor die...
Valentynsdag: verkope & sivvies
Maandag, 14 Februarie, hou ons valentynsdagverkope! Daar sal pouse 'n verskeidenheid lekkernye, geskenkies en bederfies wees om te koop. Leerders kan op hierdie dag gratis sivvies aantrek. Dit is alles ten bate van die fondsinsameling vir ons somersokkie op 17 Maart...
Geagte Ouers / Voogde
Week 3 van die akademiese jaar het op ‘n baie warm en bedompige Maandagoggend afgeskop met ‘n aangename verrassing vir ons leerders aangesien ons skool op 31 Januarie 101 jaar oud is. Ek het spesiaal met Martin Venter, Meesterkannonier van die Suid-Afrikaanse Kannonier Vereninging, gereël om met sy miniatuur-kanon x10 skote agter op die sportveldjie ten aanskoue van ons leerders en personeel te kom afvuur ter herdenking van ons 100ste bestaansjaar. Elke skoot het 10 jaar verteenwoordig. Hy het ook sy kennis rakende al die geskiedkundige kannonne in Suid-Afrika met ons gedeel en die leerders het dit baie interessant en leersaam gevind. Feesvieringe is verder die aand voortgesit met heerlike samesyn van ouers/voogde en vriende van die skool tydens ons 100 + 1 Feesvieringe. Vanaf 18:30 kon ons ouers/voogde deur die skool se gange stap om die spog kunsuitstallings van die leerders se kunswerke wat die 100 jaar se geskiedenis en ryk tradisies van die skool uitbeeld, te besigtig. Smaaklike etes is ook die aand voorsien en groot opgewondenheid het onder ons ouers/voogde geheers om weer ‘n slag lekker saam te kon kuier. Baie dankie aan Marinda wat die afgelope 2 jaar agter die skerms die feesvieringe en ‘n spogstuk van ‘n feesboek beplan het. Graag wil ek die OOV, onder leiding van Ria Hertzog hartlik bedank vir die puik reëlings vir die spesiale geleentheid. Baie dankie ook aan Stephanie le Roux wat kom hand bysit het om te verseker dat alles klopdisselboom verloop tydens die spesiale okkasie. Laat my dan ook toe om almal te bedank vir my mooi verjaarsdagwense, boodskappe en geskenke. Die personeel, prefekte en die...
Als wat jy van Karri moet weet
https://vimeo.com/673083095
Senior swemgala reëlings en program: 11 Februarie
Ons gaan vanjaar se swemgalas weer as twee aparte byeenkomste hou. Die spasie rondom die swembad raak beperk en dis beter vir almal se veiligheid as ons 'n junior- en seniorgala hou. Ons wil graag 'n paar algemene reëlings oor die dag oordra. Ons gaan MASSA DEELNAME aanmoedig. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die items van hul keuse deel. Dit beteken dat hulle mooi sal moet luister wanneer 'n item aangekondig / uitgeroep word. Alle swemmers MOET 'n swempet dra. Indien hulle nie 'n swempet het nie, gaan hulle nie mag deelneem nie. Deelnemers kom die dag met hul LO-klere en swembroek skool toe. Indien leerders nie 'n skoolswembroek het nie, kan julle by die klerebank 'n draai gaan maak, daar is nog voorraad. In die geval dat daar nie die regte grootte beskikbaar is nie, moet die leerders asb. 'n navy swembroek dra. Pak asb. droë onderklere in. Indien 'n kind nie deelneem nie, mag hy/sy nie gewone klere dra nie. Leerders wat nie deelneem nie, moet feeshempies en blou skorts/ kortbroeke dra. Kinders mag nie om die swembad of deur die skool hardloop nie anders verloor hulle punte. Daar sal houers beskikbaar wees vir swemmers om hul items te stoor terwyl hulle deelneem. Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met 'n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad. Aan die einde van 'n wedloop moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken ('n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim. Vir borsslag en vlinderslag moet...
Dapper Stappers Gr.4-7
Leerders van graad 4 tot 7 is welkom om op 26 Februarie saam met ons 'n roete in die berg te gaan stap! Hou jul e-pos dop vir 'n Google Form wat volgende week uitgaan vir meer inligting en om aan te dui of julle saam wil stap. Indien julle voorstelle het vir lekker roetes, kliek HIER om ons te laat weet, ons sal julle insette...
Nege Jannies word benoem vir die Kaapse Metro Skole Tennisspanne
Op Saterdag, 22 Januarie, is nie minder nie as nege van ons leerders tydens die Kaapse Metro (WP) Skole Tennis byeenkoms as deel van die span aangekondig. Hulle sal hul kleure op 'n later stadium ontvang as hulle die span op die baan verteenwoordig het. Baie geluk aan die volgende spelers: O/11: Adriaan Wessels; Nils le Roux; Gustav van der Linde; Stella Pansegrouw; Jeanne van Heerden en Ané Swanepoel O/12: Dawid-Wiese Viljoen O/15: Mia Symington en Fredrich Erasmus (gr. 7-leerders van...
Tenniswedstryde: 2 Februarie
Op Woensdag, 9 Februarie, sou die skool vir die eerste keer in sy Geskiedenis 6 spanne gehad het wat aan verskillende tenniswedstryde sou deelneem. Ongelukkig het die weer ander planne gehad en ons moes 5 van die spanne se wedstryde eers uitstel. Drie van die spanne speel in die Noord-liga en 3 spanne speel in die Table View-liga. Ons gemengde D-span in die Noord-liga [Ané Swanepoel, Stella Pansegrouw, Daniel Welgemoed en André Marais] was op die ou einde van die dag die enigste span wat gespeel het. Die span het binne 45 minute met hulle dubbel- en enkelwedstryde teen Aristea afgereken en alles gewen. Baie geluk julle en dankie aan Juf. Maricqe Coetzer wat hulle vir die middag vergesel...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026