Emma van Biljon in Graad 6 het Trinity se Graad 1-dwarsfluiteksamen met eervolle vermelding geslaag. Sy het begin met dwarsfluitlesse net voor die grendeltydperk in 2020 begin het en het vir omtrent 1 en ‘n halwe jaar aanlyn lesse ontvang. Dit is ‘n puik prestasie, veral om op hierdie manier ‘n splinternuwe instrument te bemeester. Baie geluk, Emma!