Ons gaan vanjaar se swemgalas weer as twee aparte byeenkomste hou. Die spasie rondom die swembad raak beperk en dis beter vir almal se veiligheid as ons ‘n junior- en seniorgala hou. Ons wil graag ‘n paar algemene reëlings oor die dag oordra.

  • Ons gaan MASSA DEELNAME aanmoedig. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die items van hul keuse deel. Dit beteken dat hulle mooi sal moet luister wanneer ‘n item aangekondig / uitgeroep word.
  • Alle swemmers MOET ‘n swempet dra. Indien hulle nie ‘n swempet het nie, gaan hulle nie mag deelneem nie.
  • Deelnemers kom die dag met hul LO-klere en swembroek skool toe. Indien leerders nie ‘n skoolswembroek het nie, kan julle by die klerebank ‘n draai gaan maak, daar is nog voorraad. In die geval dat daar nie die regte grootte beskikbaar is nie, moet die leerders asb. ‘n navy swembroek dra. Pak asb. droë onderklere in. Indien ‘n kind nie deelneem nie, mag hy/sy nie gewone klere dra nie. Leerders wat nie deelneem nie, moet feeshempies en blou skorts/ kortbroeke dra.
  • Kinders mag nie om die swembad of deur die skool hardloop nie anders verloor hulle punte.
  • Daar sal houers beskikbaar wees vir swemmers om hul items te stoor terwyl hulle deelneem.
  • Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met ‘n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad.
  • Aan die einde van ‘n wedloop moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken (‘n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim.
  • Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die wedloop met beide hande raak.
  • Volgorde vir individuele wisselslag: 1. Vlinderslag, 2. Rugslag, 3. Borsslag, 4. Vryslag
  • GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat.
  • Sien die onderskeie galas se itemlys vir die program. Ons gaan nie ‘n tyd aan die items koppel nie, want ons weet nie hoeveel leerders aan elke item gaan deelneem nie.
  • Die OPE afdeling is slegs vir gr.7-leerders.
  • Ouers en buiteafrigters is welkom om die galas by te woon.
  • Kliek op die foto vir die itemlys.