Netbalwedstryde Kenridge: 10 Augustus

Ons o.10 - o.13 B en C spanne speel die week teen van Laerskool Kenridge se spanne. Sien die onderstaande inligting en voltooi die google form asb. Daar is enkele spanne wat steeds voortgaan met oefeninge. Spanne wat voortgaan met oefeninge, volgens Maandae se tye: o. 7 almal o.8 almal o.9 almal o.10 A o.11 A o.12 A en o. 13 A (oefen tot 16:00) INLIGTING VIR WEDSTRYDE SPANNE:  o.10 B en C; o.11 B en C; o.12 B en C ; o.13 B en C PLEK: Laerskool Kenridge VERTREKTYD:   14:15 [o.10 - o.13]  (Vanaf die skool)  WEDSTRYDE BEGIN: 16:00 TERUG BY SKOOL:   ±18:30 GOOGLE FORM...

Rugbywedstryde Curro Durbanville: 10 Augustus 2022

Ons spanne speel Woensdag, 10 Augustus, teen Curro Durbanville, WEG. Sien die onderstaande inlgting en volg die skakel vir die google form om te sien of jou kind/ers deelneem. SPANNE: o.7 A & B (10-aan 'n kant) o.8 A & B (10-aan 'n kant) o.9 A (10-aan 'n kant) o.11 A (15-aan 'n kant) o.11 B (15-aan 'n kant, speel teen Curro se o.10 A-span.) o.13 A (15-aan 'n kant) o.13 B (15-aan 'n kant) PLEK: Curro Durbanville VERTREKTYD: 13:00 [O/7 - O/8]  14:00 [O/9 - O/13] TERUG BY SKOOL:   ±18:30   GOOGLE FORM  ...

Netbaluitslae van Robertsontoernooi: 30 Julie

Die toernooi het op 'n koue noot afgeskop, maar ek is seker almal wat dit bygewoon het kan getuig dit was 'n heerlike atmosfeer en pragtige omgewing. Al ons spanne het die geleentheid gehad om deel te neem en die uitslae was soos volg: 0.7 A Verloor 6 - 0 Robertson Wen 6 - 0 Bredasdorp o.7 B Verloor 2 - 4 Robertson Verloor 0 - 5 Swellendam o.8 A Verloor  0 - 3 Swellendam Verloor 0 - 8 Robertson o.8 B Verloor 0 - 6 Wynland Verloor 0 - 3 Bredasdorp o.9 A Wen 6 - 5 Robertson Verloor 3 - 2 Bredasdorp o.9 B Wen 4 - 2 Robertson Verloor 6 - 4 Heidelberg A o.10 A Wen 5 - 1 Overberg Gelyk 5 - 5 Swellendam o.10 B Verloor 6 - 1 Robertson Verloor 8 - 1 Montague o.11 A Wen 6 - 3 Overberg Verloor 4 - 1 Bredasdorp o.11 B Wen 5 - 4 Robertson Gelyk 4 - 4 Swellendam o.12 A Wen 8 - 6 Robertson Verloor 8 - 10 Jeffreysbaai o.12 B Verloor 6 - 4 Robertson Verloor 4 - 1 Wynland o.12 C Verloor 0 - 2 Robertson Verloor 5 - 3 Robertson D o.13 A Wen 8 - 1 Robertson Wen 4 - 1 Swellendam o.13 B Verloor 1 - 10 Bredasdorp Verloor 1 - 5 Overberg o.13 C Wen 3 - 0 Pinelands North Verloor 3 - 5 Eversdal...

Rugbyuitslae Vredelust: 4 Augustus

Ons het hierdie week bietjie meer van ons B-span spelers geleentheid gegee om te speel. Baie dankie aan almal wat ons spelers kom onderstreun het. Die uitslae was soos volg: o.7 wen 12 - 2 o.8 wen 10 -0 o.9 wen 10 -5 o.11 B wen 38-0 o.13 B verloor

Netbaluitslae Monte Vista: 3 Augustus

Baie dankie aan almal wat ons spelers kom ondersteun het. Die uitslae was soos volg: o.7 A wen 3 - 0 o.8 A verloor 2 - 3 B wen 3 - 0 o.9 A wen 16 - 0 B wen 12 - 0 o.10 A wen 12 - 0 B wen 8 - 0 o.11 A wen 21 - 1 B wen 15 - 0 o.12 A wen 25 - 0 B wen 20 - 0 o.13 A wen 48 - 0 B wen 10 -...

Hokkieuitslae Totius: 4 Augustus

Generations Sunningdale het ongelukkig baie laat in die dag hul vervoer na ons skool verloor en moes hul wedstryde kanselleer. Ons maak egter vinnig ander planne en ons spanne speel sommer teen mekaar. Die o.9-Dogters wen die seuns 4-0. Die o.12-seuns en -dogters meng hul spanne en speel ook 'n vriendskaplike wedstryd.  Die wedstryde teen Totius (TUIS en WEG) het egter voortgegaan en die uitslae is soos volg: o.10-Dogters o.10 Dogters  B verloor 1 - 3 Seuns B verloor 1 - 2 o.11 Dogters B wen 2 - 1 Seuns B wen 4 - 0 o.13 Dogters A gelyk 0 - 0 Seuns A gelyk 0 -...

Hoërskool Eisteddfod

Alle leerders wat die week aan die Hoërskool Eisteddfod deelgeneem het in klavier, sang en kitaar moet asb. hul sertifikate Woensdag vir juf. Helecia bring sodat ons dit in die saal kan oorhandig.

Geagte Ouers / Voogde

Augustus-maand het skielik sy vriendelike opwagting gemaak. ‘n Baie spesiale maand inderdaad! Vir die meeste mense is Augustus seker maar net nog ‘n maand, maar Augustus-maand is vrouemaand en ek wil spesiaal die maand aan al ons kosbare vrouens in ons skoolgemeenskap wy. Dit is belangrik dat ons die vroue in ons lewens spesiaal eer en erkenning gee vir die waardevolle rol wat hulle in ons lewe en die samelewing speel. Op Dinsdag, 09 Augustus, vier ons weer Nasionale Vrouedag. Die eerste Nasionale Vrouedag in Suid-Afrika is op 09 Augustus 1994 gevier. Die spesiale dag van die skoner geslag gedenk die nasionale optog van vroue in 1956 waartydens hulle petisie aangeteken het teen wetgewing wat swartmense verplig het om ‘n pasboek te dra. Die doel van die pasboek was om die beweging van swartmense gedurende die apartheidsera te beheer en te beperk. Simbolies gedenk Vrouedag die rol wat vroue gespeel het om die mure van diskriminasie af te breek wat onderskeid getref het tussen mense op grond van hulle ras. In vandag se tye word daar so baie gepraat en gepleit vir vroueregte, diskriminasie teen vroue asook geweld teen vroue. Dit voel vir my asof dit eenvoudig op dowe ore val, want daagliks hoor jy van stygende getalle van aanrandings en selfs moorde op vroue, maar bittermin vervolging geskied. Weereens besef ons die wonderlike voorreg wat ons het om in ‘n veilige omgewing te werk en te woon. Dus doen ek ‘n beroep op al ons Jannies en pa’s dat ons iets spesiaal vir die ma’s en vrouens in ons lewens beplan en dit ten volle saam met hulle...

Skaakuitslae ligawedstryd Tamboerskloof: 4 Augustus

Ons het Donderdag, 4 Augustus, ons eerste ligawedstryde vir die kwartaal teen Tamboerskloof gespeel en baie goed gevaar. Ons het 5 - 1 gewen. Baie geluk aan al ons spelers [Kyle Meissenheimer, Bella Naylor, Ghia Pereira, Adriaan Bredenkamp, Zander Smit en Ben Esterhuyse] en afrigter, Remondo Solomons met 'n suksesvolle...

Dirkie Uys Interskole: 19 & 20 Augustus

Ons gaan hierdie jaar weer voort met ons jaarlikse interskole teen Dirkie Uys in samewerking met Hoërskool Jan van Riebeeck. Interskole vind hierdie jaar in Kaapstad plaas. Hoërskool Jan van Riebeeck staan aan die hoof van die reëlings met die Laerskool wat hulle ondersteun. Ons is nog besig om die program te finaliseer en sal dit asook die spankeuses spoedig publiseer. Ons wil egter solank die volgende reëlings deel. Hokkiewedstryde: Vrydag, 19 Augustus, by die Conradieveld o.9 A (seuns en dogters) o.10 A (seuns en dogters) o.11 A (dogters) o.13 A (seuns en dogters) Netbalwedstryde: Saterdag, 20 Augustus, by Hoërskool Jan van Riebeeck se bane o.7 Akkedisse en Bokkies o.8 Akkedisse o.9 A en B o.10 A en B o.11 A en B o.12 A en B o.13 A en B Rugbywedstryde: Saterdag, 20 Augustus, by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde o.7 A o.8 A o.9 A o.11 A o.13...

Spelers vir skaakwedstryde

Ons wil graag vir ons skaakspelers in die skool soveel moontlik geleenthede skep om wedstryde te speel. Met die toename in gewildheid van ons ander buitemuurse aktiwiteite het die bywoning van oefeninge vir ons senior spelers (gr. 3 - 7) heelwat afgeneem.  Ons is bewus daarvan dat ons leerders aan ander aktiwiteite deelneem, maar steeds aktief skaak speel. Daarom wil ons versoek dat enige leerders wat graag wil deel word van 'n groep wat aan vriendskaplike wedstryde, teen skole in ons omgewing, gaan deelneem die GOOGLE FORM voltooi. Ons sal dan inligting van enige vriendskaplike wedstryde wat plaasvind via 'n google form met ouers deel. Ons wedstryde vind meestal op Vrydagmiddae gedurende kwartaal 2 & 3 plaas. Ons hoop is dat leerders ons skaakoefeninge sal bywoon as hulle beskikbaar...

Versoek uit die Kunsklas

Ons benodig leë papbokse (cereal) soos Graanvlokkies, Pronutro, Coco Pops, ens. Dit moet ten minste A4-grootte wees (nog groter indien moontlik). Slegs oor die volgende twee weke. Stuur dit asb. kunsklas toe. Baie dankie!

Hoërskool Jan van Riebeeck Kunstefees: Uitslae

Van ons leerders het aan die Kunstefees deelgeneem en uitstekend gevaar: Thomas Holtzhausen - Klavier - 80% Markus van Vuren - Klavier - 95% Sabine Barnard - Klavier - 82% Ruben de Ridder - Klavier - 90% Leah de Kock - Klavier - 95%, 95%, 95%, 96% Lisa van As - Klavier - 85% , 85% Karu Rademeyer - Klavier - 84% Karu Rademeyer - Sang - 84% , 87% ,92% Pieter Rademeyer - Kitaar - 75% Susie Samuel - Klavier - 82%, 85%, 96% Daniela Boshoff - Sang - 85%, 90% Thomas Boshoff - Sang - 85% Ons is baie trots op julle! Baie...

Skaakwedstryde, liga, Tamboerskloof: 4 Augustus

Ons skop die kwartaal se ligawedstryde Donderdag, 4 Augustus, teen Laerskool Tamboerskloof af. Ons speel hierdie kwartaal in 'n nuwe liga groep. Sien die onderstaande inligting en voltooi asb. die google form indien jou kind/ers se naam op die spanlys verskyn. SPAN: O/11 Gemengde span PLEK: Laerskool Tamboerskloof, Tamboerskloof VERTREKTYD: 14:00 WEDSTRYDE BEGIN: ±14:35 TERUG BY SKOOL:   ±15:30 SPORTDRAG:   • Winter skooldrag • Netjies skool wit hemp en grys broek / vloot blou rompie • grys (seuns) of kouse (dogters) sokkies met skoolskoene • Water en iets om te eet GOOGLE...

Landloop Heathfield: 3 Augustus

Die 3de wedloop word Vrydag deur Heathfield aangebied. Sien die onderstaande inligting en voltooi asb. die Google form indien jou kind /ers wil deelneem.   PLEK: Heathfield Primêr, op die hoek van Apolloweg en Chadwin, Elfindale VERTREKTYD:  14:00 TERUG BY SKOOL:   ±17:15   PARKERING: Binne die skool se gronde   GOOGLE FORM   WEDLOOPINLIGTING * Daar sal 'n SNOEPIE beskikbaar...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor