Ons wil graag vir ons skaakspelers in die skool soveel moontlik geleenthede skep om wedstryde te speel. Met die toename in gewildheid van ons ander buitemuurse aktiwiteite het die bywoning van oefeninge vir ons senior spelers (gr. 3 – 7) heelwat afgeneem. 

Ons is bewus daarvan dat ons leerders aan ander aktiwiteite deelneem, maar steeds aktief skaak speel. Daarom wil ons versoek dat enige leerders wat graag wil deel word van ‘n groep wat aan vriendskaplike wedstryde, teen skole in ons omgewing, gaan deelneem die GOOGLE FORM voltooi.

Ons sal dan inligting van enige vriendskaplike wedstryde wat plaasvind via ‘n google form met ouers deel. Ons wedstryde vind meestal op Vrydagmiddae gedurende kwartaal 2 & 3 plaas. Ons hoop is dat leerders ons skaakoefeninge sal bywoon as hulle beskikbaar is.