Ons gaan hierdie jaar weer voort met ons jaarlikse interskole teen Dirkie Uys in samewerking met Hoërskool Jan van Riebeeck. Interskole vind hierdie jaar in Kaapstad plaas. Hoërskool Jan van Riebeeck staan aan die hoof van die reëlings met die Laerskool wat hulle ondersteun.

Ons is nog besig om die program te finaliseer en sal dit asook die spankeuses spoedig publiseer. Ons wil egter solank die volgende reëlings deel.

Hokkiewedstryde: Vrydag, 19 Augustus, by die Conradieveld

  • o.9 A (seuns en dogters)
  • o.10 A (seuns en dogters)
  • o.11 A (dogters)
  • o.13 A (seuns en dogters)

Netbalwedstryde: Saterdag, 20 Augustus, by Hoërskool Jan van Riebeeck se bane

  • o.7 Akkedisse en Bokkies
  • o.8 Akkedisse
  • o.9 A en B
  • o.10 A en B
  • o.11 A en B
  • o.12 A en B
  • o.13 A en B

Rugbywedstryde: Saterdag, 20 Augustus, by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde

  • o.7 A
  • o.8 A
  • o.9 A
  • o.11 A
  • o.13 A