Skool verdaag vroeër: Vrydag, 28 Okt.

Neem kennis dat die skool Vrydag, 28 Okt., vroeër gaan verdaag omdat baie onderwysers betrokke is by die sport op daardie dag en ons te min toesig het vir die res van die skooldag. Graad 1-3   12:30 Graad 4-7   12:45

Jannies woon Varsity Cup netbalfinale by: 17 Oktober 2022

Maties wen 68 - 55 teen NWU.  Dit is darem naby. Maandag, 17 Oktober, het ons wonderlike onderwysers ons na die Maties vs. NWU Varsity Cup netbalfinale in Stellenbosch geneem.   Hierdie vroues speel verskriklik goed en ons het duidelik nog baie om te leer. Ons en die 0.13's was gelukkig genoeg om hierdie intense wedstryd in lewende lywe te sien.   Halftyd het ek en Emma aan 'n doelskiet-kompetisie teen 2 ouer meisies deelgeneem. Dit het maar moeilik gegaan, maar Emma het gewen! Ons is almal baie trots op haar. Na die wedstryd kon ons afgaan en die spelers se handtekeninge op ons sakke kry! Dit is 'n oomblik wat ons almal sal onthou.   Op pad terug huis toe het ons by McDonald's gestop en McFlurries gekry! Ons is so dankbaar vir ons juffrouens vir hierdie onvergeetlike ervaring.   Geskryf deur Carmen Barnard (o.12-Speler)   Baie dankie aan al ons ouers wat gehelp het om kaartjies te koop voordat alles uitverkoop is asook die onderwysers (juf. Ischké en Shahneé Felix, Heidré Ehlers, Sharon Mabena, Razelle en Leon Hanekom) wat ons spelers vergesel het. Dit sal verseker 'n aand wees wat hulle vir baie jare sal...

Nina Lubbe verwerf haar swartbelt

Nina Lubbe is uitgenooi om by die Wêreld Goju Kai Hoofkwartiere in Japan haar swartbeltgradering vanaf  1 - 10 Oktober te doen. Hierdie gradering word deur die hoogste gegradeerde Japanese Karate Meester van die Legendariese Yamaguchi familie, wat terugdateer tot die 19de eeu, gedoen. Sy het tydens hierdie gradering haar eerste volle swartbelt ontvang. Sy het Maandag, 17 Oktober, by haar dojo haar swartbelt ontvang en word nou internasionaal erken en geregistreer in Japan as 'n 1st Dan (‘n Shodan). Baie geluk, Nina, ons is onsettend trots op...

Swemgala: 4 November 2022

Op Vrydag, 4 November, neem ons weer by Laerskool Kenridge aan 'n swemgala deel. Die formaat van hierdie gala gaan effens anders wees as die een waaraan ons op Woensdag, 19 Oktober, deelgeneem het. Die gala in November se program het langer afstande en die dogters en seuns sal apart deelneem. Die program bevat die volgende items vir dogters en seuns: Vryslagaflos / Freestyle relays (4 x 50m) Borsslagaflos / Breaststroke relays (4 x 50m) Vlinderslag / Butterfly relays (4 x 25m) Wisselslag (rug, bors, vlinder en vryslag) / Medley relays (back, breast, fly, free) (4 x 50m) Leeraflosse / Ladder relay (U/10-U/14) (4 x 50m) Ons het voorlopig 'n span saamgestel om te kyk of ons as span kan saam oefen.  Die span is weer volgens die uitslae van die Senior swemgala van Februarie saamgestel. Indien enige iemand aan die gala wil deelneem, maar nie in die span is nie, moet hulle 'n vinniger tyd as die nommer 4 swemmer van die betrokke slag kan swem. Leerders wat belangstel en 'n vinnger tyd kan opstel moet met Juffrou Bibi Janse van Rensburg (bibi@jvrprim.co.za) of Juffrou Razelle Hanekom (sport@jvrprim.co.za) kontak maak teen Dinsdag, 25 Oktober. Ons sal dan reël dat hy/sy teen die ander swemmers uitswem indien dit nodig...

Atletiek, Bredasdorp Top 10: 28 Oktober 2022

Tien van ons atlete gaan op Vrydag, 28 Oktober aan Bredasdorp se Top 10 atletiekbyeenkoms deelneem. Voltooi asb die google form. PLEK: Hoërskool Bredasdorp grasveld, Bredasdorp TOEGANG: R 10 (Ons wag nog vir finale bevestiging) BUS VERTREKTYD: 09:00 BYEENKOMS BEGIN: 13:00 TERUG BY SKOOL: ± 20:30 Pak asb. vir atlete iets vir die pad in ons sal stop sodat hulle vir hulle iets kan koop. Die skool sal aandete voorsien. GOOGLE FORM PRORAM...

Tennisuitslae: 19 Oktober 2022

Ons het Woensdag, 19 Oktober, met vyf spanne teen verskillende skole wedstryde gespeel. Vir sommige van ons spelers was dit hul eerste wedstryd vir die skool. Noord-liga, o.13 Dogters A vs. Eversdal verloor 1-5 [Stella Lamprecht, Klara Maree, Katia van Wyk en Emke van Wyk] Noord-liga, o.13 Seuns A vs. Eversdal verloor 0-6 [Adriaan Wessels, Gustav Pansegrouw, Gustav van der Linde en Johan Symington] Noord-liga, Gemengdespan vs. Koos Sadie wen 0-6 [Rafa Lamprecht, Pierre-Jaque Smit, Anna Louw en Amelie van der Walt] Table View-liga, Gemengdespan 1 vs. Elkanah House Senior verloor 1-5 [Daniel Welgemoed, André Marais, Chanelle van Wyk en Mia Boshoff] Table View-liga, Gemengdespan 2 vs. CBC St John's wen 2-4 [Jan-Willem Silvis, Annelene Viljoen, Ben Esterhuyse en Elisabet...

Hoërskool Jan van Riebeeck Einstein 6

Ses van ons graad sesse het Dinsdag aan Hoërskool Jan van Riebeeck se heel eerste Einstein 6-kompetisie deelgeneem. Die groepie moes allerhande uitdagings aanpak wat wiskunde, teater, musiek, biologie en chemie ingesluit het. Hulle het omtrent pret gehad en is boonop as die wenskool gekroon. Dankie aan Stella Lamprecht, Gemma de Vries, Lida-Mari Bosman, Liza Hertzog, Jan-Willem Silvis en Katia van Wyk wat puik ambassadeurs vir ons skool was. Geluk ook aan Hoërskool Jan van Riebeeck met hierdie indrukwekkende...

Eisteddfod Prestige-aand

Ons is so trots op 13 van ons leerders wat die afgelope Vrydag (14 Okt.) by die Eisteddfod se Prestige-aand medaljes ontvang het. Ons salueer julle vir jul harde werk en opoffering! Jan van Riebeeck het, soos gewoonlik, kop en skouers bo die res uitgestaan.

James Marais presteer in fietswedlope.

James Marais (Gr. 4) het 25 September 2022 deelgeneem aan die Western Cape Enduro bergfiets wedren. Hy het die eerste plek behaal in die Nipper Boys kategorie. Die wedren het bestaan uit 3 tydtrajekte wat getel het tot ‘n totale tyd. Die dag uit op die fietse vir hulle was so 18,5km se totale ry, met 720m se totale vertikale klim. In Enduro word deelnemers se tyd geneem vir afdraende trajekte. Ry tussen die trajekte (liaison stages) tel nie tot die totale tyd nie. Deelnemers met die vinnigste totale tyd wen. Op 2 Oktober het James ook deelgeneem aan die "Western Cape Downhill" 4de ronde wat by Zevenwacht aangebied is. Hy het 'n 4de plek behaal in die Nipper Boys...

Konsert video-opname

Die konsert se video-opname sal vanaf Maandagmiddag op Karri bestel kan word. Indien jy 'n boodskap gekry het dat jy perongeluk te veel vir die konsertfoto's betaal het (vir meer as een kind of dubbel toe dit die tweede keer opgelaai is), sal jy nie die Karri versameling vir die video-opname sien nie, maar sal die video outomaties ontvang sodra ons dit...

Geagte Ouers / Voogde

Hartlike welkom terug by die skool na die heerlike kort Oktober-vakansie. Ek glo almal het die ruskansie terdeë geniet en hul spreekwoordelike ‘batterye’ herlaai sodat ons as skoolgemeenskap die laaste kwartaal die bul by die horings kan pak. Dit is natuurlik Oktober-maand: die mooiste, mooiste maand veral in Kaapstad met die langverwagte arrivering van die heerlike sonnige weer terwyl Moeder Natuur haar winterkloue stadig maar seker uit die Moederstad onttrek. Ek kan nie anders as om in die maand na C. Louis Leipodlt se pragtige gedig te verwys nie, want dan is alles mos so mooi, vars en nuut terwyl die voeltjies tjirp vanaf vroeg soggens tot laat saans vol lewenslustigheid: Viooltjies in die voorhuis - Viooltjies blou en rooi! Viooltjies oral op die veld, En oral, ai, so mooi! Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand! Op hierdie pragtige noot van ‘mooimaak’, glo ek dat julle waargeneem het dat daar ook hard tydens die vakansie aan die volgende twee opwindende projekte gewerk is: Die sportveld, plaveisel en teerwerk (agter die skool): Die gras op die uitgebreide sportveldjie het baie mooi gevestig en ons kan die ‘nuwe’ spasie nou baie meer doeltreffend aanwend. Die plaveisel onder die bome naaste aan die uitgang dra by tot die estetiese effek van die hele projek. Hier gaan ons nuwe bankies vir leerders, ouers en personeel plaas om sommer lekker voor-, tydens en na skool te ontspan. Die teerwerk is op Saterdag, 08 Oktober, onder die wakende oog van Gerhard Conradie perfek voltooi. My mond het letterlik oopgehang terwyl ek die indrukwekkende proses aanskou het. ‘n Baie fyner tipe teer is...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor