Maties wen 68 – 55 teen NWU.  Dit is darem naby.
Maandag, 17 Oktober, het ons wonderlike onderwysers ons na die Maties vs. NWU Varsity Cup netbalfinale in Stellenbosch geneem.
 
Hierdie vroues speel verskriklik goed en ons het duidelik nog baie om te leer. Ons en die 0.13’s was gelukkig genoeg om hierdie intense wedstryd in lewende lywe te sien.
 
Halftyd het ek en Emma aan ‘n doelskiet-kompetisie teen 2 ouer meisies deelgeneem. Dit het maar moeilik gegaan, maar Emma het gewen! Ons is almal baie trots op haar. Na die wedstryd kon ons afgaan en die spelers se handtekeninge op ons sakke kry! Dit is ‘n oomblik wat ons almal sal onthou.
 
Op pad terug huis toe het ons by McDonald’s gestop en McFlurries gekry! Ons is so dankbaar vir ons juffrouens vir hierdie onvergeetlike ervaring.
 
Geskryf deur Carmen Barnard (o.12-Speler)
 
Baie dankie aan al ons ouers wat gehelp het om kaartjies te koop voordat alles uitverkoop is asook die onderwysers (juf. Ischké en Shahneé Felix, Heidré Ehlers, Sharon Mabena, Razelle en Leon Hanekom) wat ons spelers vergesel het. Dit sal verseker ‘n aand wees wat hulle vir baie jare sal onthou.