Nina Lubbe is uitgenooi om by die Wêreld Goju Kai Hoofkwartiere in Japan haar swartbeltgradering vanaf  1 – 10 Oktober te doen. Hierdie gradering word deur die hoogste gegradeerde Japanese Karate Meester van die Legendariese Yamaguchi familie, wat terugdateer tot die 19de eeu, gedoen.

Sy het tydens hierdie gradering haar eerste volle swartbelt ontvang. Sy het Maandag, 17 Oktober, by haar dojo haar swartbelt ontvang en word nou internasionaal erken en geregistreer in Japan as ‘n 1st Dan (‘n Shodan).

Baie geluk, Nina, ons is onsettend trots op jou!