Op Vrydag, 4 November, neem ons weer by Laerskool Kenridge aan ‘n swemgala deel. Die formaat van hierdie gala gaan effens anders wees as die een waaraan ons op Woensdag, 19 Oktober, deelgeneem het. Die gala in November se program het langer afstande en die dogters en seuns sal apart deelneem.

Die program bevat die volgende items vir dogters en seuns:

  • Vryslagaflos / Freestyle relays (4 x 50m)

  • Borsslagaflos / Breaststroke relays (4 x 50m)

  • Vlinderslag / Butterfly relays (4 x 25m)

  • Wisselslag (rug, bors, vlinder en vryslag) / Medley relays (back, breast, fly, free) (4 x 50m)

  • Leeraflosse / Ladder relay (U/10-U/14) (4 x 50m)

Ons het voorlopig ‘n span saamgestel om te kyk of ons as span kan saam oefen. 

Die span is weer volgens die uitslae van die Senior swemgala van Februarie saamgestel. Indien enige iemand aan die gala wil deelneem, maar nie in die span is nie, moet hulle ‘n vinniger tyd as die nommer 4 swemmer van die betrokke slag kan swem. Leerders wat belangstel en ‘n vinnger tyd kan opstel moet met Juffrou Bibi Janse van Rensburg (bibi@jvrprim.co.za) of Juffrou Razelle Hanekom (sport@jvrprim.co.za) kontak maak teen Dinsdag, 25 Oktober. Ons sal dan reël dat hy/sy teen die ander swemmers uitswem indien dit nodig is.