James Marais (Gr. 4) het 25 September 2022 deelgeneem aan die Western Cape Enduro bergfiets wedren. Hy het die eerste plek behaal in die Nipper Boys kategorie. Die wedren het bestaan uit 3 tydtrajekte wat getel het tot ‘n totale tyd. Die dag uit op die fietse vir hulle was so 18,5km se totale ry, met 720m se totale vertikale klim. In Enduro word deelnemers se tyd geneem vir afdraende trajekte. Ry tussen die trajekte (liaison stages) tel nie tot die totale tyd nie. Deelnemers met die vinnigste totale tyd wen.
Op 2 Oktober het James ook deelgeneem aan die “Western Cape Downhill” 4de ronde wat by Zevenwacht aangebied is. Hy het ‘n 4de plek behaal in die Nipper Boys kategorie.